Nuwe planne om kragtekort te takel, verwelkom

(Argieffoto)

Die DA het ʼn aankondiging deur die minister van minerale hulpbronne en energie – oor die agt voorkeurverskaffers om bykomende elektrisiteit aan Suid-Afrika te verskaf – verwelkom. Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor dié portefeulje, sê die party het egter steeds verskeie vrae oor die proses.

Gwede Mantashe het Donderdag die voorkeurbieërs bekend gemaak vir die regering se onafhanklike kragprodusenteverkrygingsprogram vir risikoversagting (RMIPPP) om ʼn bykomende 2 000 MW krag aan die netwerk te lewer.

Mileham sê die aankondiging moes lankal gedoen word omdat Suid-Afrika elektrisiteit tans desperaat benodig.

Eskom sukkel reeds jare lank om in die vraag na elektrisiteit te voorsien en Suid-Afrika word in dié stadium weer aan ʼn ronde van die gewraakte beurtkragstelsel onderwerp.

“Ons bly egter bekommerd oor die manier waarop die tender gestruktureer is, met sekere bieërs in gedagte, en oor die uitsonderings en kortpaaie wat oënskynlik sonder die nodige ondersoek en wigte en teenwigte toegestaan is,” sê Mileham.

Hy sê die DA gaan verdere vrae hieroor in die parlement vra.

Die DA het ook Mantashe se aankondiging, naamlik dat die bodproses vir vyf onafhanklike kragprodusente geopen word, verwelkom. “Ons vra die regering lankal om Suid-Afrika se kragnetwerk oop te stel en is ingenome dat Mantashe uiteindelik gehoor daaraan gegee het.

“Die hernieude ywer is ongetwyfeld teweeg gebring deur die kritiek op die onlangse vlaag beurtkrag en die komende plaaslike regeringsverkiesing,” sê Mileham.

“Ons sal nog moet sien of die onnodige burokratiese rompslomp met kragregulering gewysig gaan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Aai ·

Alles kos dubbel nou omdat die ANC nie vooruit beplan.(“Breakdown” pryse nou om werk te doen )

JohanR ·

Ons moet al die ANC “promises” tel net soe hier na die opbou van die verkiesing. Hulle sal my meer as ‘n kospakkie en ‘n T-hemp moet gee, om vir hulle ‘n stem te gooi!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.