Nuwe planne vir massa-inentings in SA

(Argieffoto: GCIS)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het aangekondig dat Suid-Afrika ʼn kontrak met die entstofvervaardiger Pfizer onderteken het om 20 miljoen dosisse entstof teen Covid-19 te verkry en dat betaling binne die volgende paar dae sal geskied.

“Met die Johnson & Johnson-ooreenkoms (J&J) ook in die sakkie, is die tafel gedek om ons inentingsprogram ingrypend uit te brei,” sê Mkhize.

Hy het ook aangekondig dat die volgende besending van 200 000 dosisse J&J-entstof Saterdag in die land aankom.

Met die planne vir massa-inenting volgens Mkhize dus op koers, het die minister aangekondig omvattende navorsing is gedoen om te leer uit die inentingsplanne van die Sisonke-inentingsprogram, sowel as die behoeftes van spesifieke gemeenskappe.

Hy sê dit blyk uit die navorsing en die konsultasieproses dat ander prioriteite as wat die regering tot dusver gestel het, dalk oorweeg moet word by die bepaling van wie eerste ingeënt moet word.

Hy sê verdere aanduidings sal volg namate besluite gefinaliseer word.

Hoewel hy nie spesifiek was nie, wil dit dus voorkom asof die minister se vorige aankondiging – dat Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 60 jaar vanaf 17 Mei ingeënt sal word – nie meer in kanne en kruike is nie, met nuwe aankondigings wat sal volg.

Oor die afgelope 24 uur is 37 nuwe sterfgevalle weens die virus by die owerhede aangemeld. Hiervan was agt in die Oos-Kaap, 16 in die Vrystaat, nege in Gauteng en vier in die Wes-Kaap.

Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 in Suid-Afrika staan tans op 53 032.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stofdonkie ·

“betaling binne die volgende paar dae sal geskied” – Dit is nou as die geld nie dalk perongeluk ‘n ander bestemming kry soos byvoorbeeld een of ander kader se dogter se spaarrekening of ‘n paar nuwe karre en huise vir ‘n kader of 2 nie.

Smirre ·

dit is nog nie verseker nie, engels “not cast in stone yet”

Smirre ·

Al kry hulle 55 milj help dit nie want ongelukkig weet ons regering nie hoe om dit efektief aan te wend nie. Dit is so goed om dit vir ‘n klomp graad1 kinders te gee en sê, ok versprei dit

Johan ·

Hoekom nog inent? 70% van ons het waarskynlik reeds “herstel”, of was ten minste bloodgestel en ons het dus lankal “kude weerstandigheid”. Geldmaak storie uit die vrees wat hul verkoop het. Indien 1.5M siek genoeg was om hul te laat toets moes BAIE meer bloodgestel gewees het, hul was net nie siek nie, of het eenvoudig nie laat toets nie. Waar is die stats ous soos ou Francois nou om dit vir ons te verduidelik?

Johanncb ·

Ja Alleman kan vergeet daarvan om in hierdie leeftyd ingeënt te word! Alles waaraan die Regering raak, verander in ‘n groot gekkespul!

Jan ·

Die geldmaak- en beheeragenda van covid word by die dag duideliker.

Johan ·

Het ons nog stoor yskaste vir meer ent stof…binnekort het ons genoeg vaksiene opgegaar vir die hele Afrika!

Di ·

O my genade! Dit gaan nooit gebeur nie , as dit wel suksesvol voltooi word sal dit ‘n wonderwerk wees. Hierdie inentings gaan verrot in ‘n stoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.