Nuwe platform om plaaslike produkte te verkoop

RSA Made (Foto: Facebook)

Suid-Afrika se e-handelbedryf het Dinsdag ʼn hupstoot gekry toe Proudly South African ʼn aanlyn portaal bekendgestel het waar plaaslik vervaardigde goedere en produkte eksklusief verkoop kan word.

Die land het in 2017 met ʼn aktiewe aanlyn-inkopiebevolking van meer as 18 miljoen gespog met verkope van ongeveer R37,1 miljard. Tesame met die handelsplatform RSAMade, het ProudlySA nou ʼn aanlyn winkel, www.rsamade.co.za, geskep waar enigiemand maklik produkte kan aankoop wat plaaslik vervaardig is.

Die webwerf werk op dieselfde basis as enige ander aanlyn winkel, met ʼn eenvoudige proses waar ʼn klant ʼn produk kan kies, daarvoor kan betaal en deur-tot-deur-aflewering binne 48 uur binne Suid-Afrika se grense kan verwag. Toegangskaartjies vir plaaslike geleenthede sal ook op dié platform verkoop word.

ProudlySA sal plaaslike inhoud en gehalte verseker en toesien dat alle maatskappye aan arbeid- en omgewingswetgewing voldoen, wat deel is van die bepalings van lidmaatskap van Proudly South African.

Eustace Mashimbye, uitvoerende hoof van ProudlySA, het gesê die webwerf is ook belangrik vir die bevordering en ontwikkeling van die land se digitale ekonomie.

“Dis belangrik dat ons deel word van digitale inkopie-gebruike om seker te maak dat plaaslike goedere ook vir plaaslike gebruikers beskikbaar gemaak word. Ons weet dat China ongeveer $15,5 miljard se invoere aan die land verskaf en meeste daarvan is aanlyn te koop beskikbaar,” het Mashimbye gesê.

Karamba Jabbie, uitvoerende hoof van RSA Made, het gesê hulle sal seker maak dat alle produkte mooi aangebied word sodat klante ook aanlyn ʼn “Proudly South African”-ervaring sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

James ·

Net jammer die voertaal van dié webtuiste is nie beskikbaar in Afrikaans nie.

Marnus ·

Plaas afrisake, sakeliga ook so iets begin dat ons ons eie sakemense kan ondersteun.

Francois vRvO ·

Stem saam Marnus , Afrisake het onlangs Kragdag aangebied , sal graag wil sien hierdie inisiatief moet aanlyn groei sodat ons mekaar kan ondersteun. Doen dit Sakeliga

Jack ·

Nee dankie! Beslis nie in die lyn van goedere wat my aandag trek nie. Ek hoop ander groepe sal dit ondersteun

IK ·

Arbeidswetgewing sluit ook natuurlik in ‘Proudly BEE’? Hopelik is daar nie stakers op hierdie poging.

Willie ·

Nie my styl nie, en die advertensies hept geen ligte gelaat…

realis ·

Ek koop nie aanlyn nie en ook nie “proudly South African” nie.
Het niks om op trots te voel nie.
Arbeidswetgewing veroorsaak buitensporige pryse. Jammer vir diegenne wat daaronder moet swaarkry maar dit is hoe dit is.

Skaap ·

Die koel vest maatskappy spog dit is 100% swart. Lyk asof daai reenboog net een kleur het, wat ‘n skande!

Trots Afrikaans ·

Ek koop Afrikaans.

As ek ‘n produk koop kyk ek altyd of daar nie ‘n Afrikaanse opsie is nie. As die produk se naam, etiket of aanwysings in Afrikaans is, is daar ‘n groot kans dat ek dit sal koop bo ‘n ander produk. Ek stel Afrikaans by die prys. As ek ‘n Afrikaner kan help is dit vir my meer werd as die paar sente wat ek spaar.

E.K. die eerste ·

Gou geloer- nie vreeslike verskeidenheid en maar meestal duur. Bly maar by wat ek ken wat.

Klomp snert ·

Het gaan loer op die webtuiste… Ek is effe onseker of ek enige iets daarop sal aankoop. Ek doen gereeld aanlyn aankope, maar sal liefs dié webwerf vermy.

KanekVra? ·

Duur klere, daar is duisende ander plekke waar ek meer bekostigbare klere kan koop. Al die modelle verteenwoordig net ‘n sekere groep van die populasie, hulle verteenwoordig nie vir my nie. Alles word van China af ingevoer. Hoekom? Want die Rand se waarde beteken niks, en Suid-Afrika is uiters onproduktief en baie duur met ” plaaslike produkte “. My inkomste is min, so ek ondersteun die plekke wat my beursie kan bekostig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.