Nuwe polisiehoofde vir twee provinsies

(Foto: SA Polisie)

Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kondig met trots aan dat nuwe provinsiale polisiekommissarisse vir die Wes-Kaap en Mpumalanga aangestel is.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanstelling van dié senior bestuurders is deel van die organisasie se planne om aanspreeklikheid te verhoog en stabiliteit in die onderskeie provinsies te bewerkstellig.

Thembisile Patekile is as die provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap aangestel in die rang van luitenant-generaal. Patekile het ʼn baccalaureusgraad in polisiëring en ʼn LLB-graad wat hy onderskeidelik in 2002 aan die TUT en in 2012 aan die Universiteit van Fort Hare behaal het, het Naidoo bygevoeg.

“Hy bring ʼn skatkis van ervaring ná hy nagenoeg 36 jaar lank op verskeie vlakke in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien het.”

Patekile het in 1986 as konstabel in Uitenhage aangesluit en geleidelik deur die range beweeg totdat hy as adjunk- provinsiale kommissaris in die Wes-Kaap en Oos-Kaap gedien het en as waarnemende provinsiale kommissaris in die Wes-Kaap tot en met sy aanstelling vandag.

Semakaleng Daphney Manamela is as die provinsiale kommissaris van Mpumalanga aangestel in die rang van luitenant-generaal.

Manamela het ʼn honneursgraad in staatsadministrasie en sy is tans besig met haar meestersgraad in dieselfde rigting. Sy het ook ʼn graad in menslike en maatskaplike studies, gespesialiseer in beleidstudies, asook ʼn graad in staatsadministrasie wat sy tussen 2010 en 2016 aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) behaal het.

“Sy het ook ʼn skatkis van ervaring nadat sy vir meer as 26 jaar lank op verskeie vlakke in Gauteng en Mpumalanga in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien het.”

Manamela het in 1995 as ʼn konstabel in Kempton Park begin en geleidelik deur die range beweeg tot generaal-majoor en adjunk- provinsiale kommissaris bedrywighede van 2012 tot 2016. Daarna het sy gedien as adjunk- provinsiale kommissaris bestuursingryping en korporatiewe ondersteuning totdat sy vandag as provinsiale kommissaris van Mpumalanga aangestel is, het Naidoo gesê.

Die nasionale polisiekommissaris het albei kommissarisse in hul nuwe rolle verwelkom en hulle sterkte toegewens. “Albei provinsiale kommissarisse is bewus dat die pad waarop hulle reis lank en moeilik is,” het genl. Khehla Sithole gesê. “Ek is vol vertroue dat hulle het wat dit vat om beslissend misdaad in hul onderskeie provinsies aan te spreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Boerepompie ·

Kyk ek is nie n sasis nie maar die belaas in die SAP is nie reg nie en ek glo nie hulle huur na fit gekyk nie

Andries ·

Well done tenminste sal die saak files nie meer wegraak of verplaas word met die graas in staats administrasie om polisie lede te ly well done SAPS

Elize ·

Tyd dat daar mense met ondervinding en kennis aangestel word.

VaalDonkie ·

“Thembisile Patekile” klink soos ‘n Harry Potter towerspel

Nie Verbaas ·

En hoe gaan hulle die polisie se benadering tot die publiek verander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.