Nuwe polisiekommissaris aangestel

Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris (Foto: ANA)

Pres. Jacob Zuma het Woensdag Khehla John Sitole as Suid-Afrika se nuwe nasionale polisiekommissaris aangestel.

“Genl. Sitole, gebore in Standerton, Mpumalanga, bring operasionele en bestuurservaring na die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy het deur die range van die polisie beweeg, en het eers as ʼn konstabel aangesluit totdat hy in 2011 tot die rang van luitenant-generaal bevorder is,” het Zuma se kantoor in ʼn verklaring gesê.

Sitole het in 1986 as ʼn studentekonstabel by die polisie aangesluit en is dieselfde jaar nog tot sersant bevorder. Hy het byna elke twee jaar bevordering gekry totdat hy in 1992 ʼn majoor geword het.

Hy is in 1995 tot luitenant-kolonel bevorder, tot direkteur in die polisiediens in 1996 en het as assistent-polisiekommissaris in drie provinsies gedien van 2000 tot 2010.

Riah Phiyega, die voormalige polisiekommissaris het in 2013 Sitole as adjunk- nasionale kommissaris, verantwoordelik vir die polisie, aangestel. Hy is verlede jaar oorgeplaas as afdelingskommissaris verantwoordelik vir beskerming- en veiligheidsdienste.

“Sy omvattende ondervinding in die polisiediens sal hom help om hierdie noodsaaklike taak uit te voer om Suid-Afrikaners en almal in die land te beveilig en hulle veilig te laat voel. Ons wens genl. Sitole net die beste toe,” het Zuma in die verklaring gesê.

Zuma het ook sy dank uitgespreek aan lt.genl. Lesetja Mothiba, wat in die pos waargeneem het nadat sy voorganger, Khomotso Phahlane, geskors is. Phahlane is aangestel om Phiyega te vervang, nóg ʼn kommissaris wat geskors is vir haar rol in die afsterwe van 34 myners in Marikana in Noordwes in 2012. Phiyega is nie afgedank nie; haar kontrak het vroeër vanjaar verstryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Andre ·

Kan nie glo nie!!!! Werklik ‘n polisieman wat in beheer van die polisie gaan wees. Wat gaan met Zuma aan?? Alle sterkte aan die man.

Renier ·

Wraggies darem een wat darem deur die kanale beweeg het. Kom ons kyk hoe hy vorder.

S Malan ·

Die perfekte aanstelling ken hom persoonlik nou gaan die poppe dans, korrupsie is uit polisiemanne terug tot dissipline en back to basics en daar gaan nou begin werk word slaap is uit.

Eish ·

Ons is dankbaar om dit te verneem. Wat se kwalifikasies het hy?

Leahim ·

Eish,seker maar ook graad 8 of 10 dit blyk nie skoolkwalifikasies is n groot vereiste nie as ek so kyk na wat en hoe hulle hulle werk doen nie.

B-man ·

Ja-nee. Ek wonder net: As hy hierdie groot polisiekommessias is – hoekom is hy nie dan al jare terug aangestel nie?

Sarel Strydom ·

Die aanstelling moes deur ander kanale gedoen gewees het. Soos die aanstelling van die OB, vertrou ek geen aanstelling wat deur Zuma gedoen word nie.

LV ·

Nog n ramp oppad! Absoluut die verkeerde aanstelling. Weinige operasionele ondervinding.

Johann ·

Ok, so wat is doe RERIGE storie? Zuma doen NIKS as hy nie.direk daarby baat nie! Hys KERN KORRUP. Dink hy droom in korrupsie. En hoe lagwekkend is die nuwe term”skors”. ANC LEGACY!!!! Onbevoegdheid word beloon met betaalde voordele?

Schalk van der Merwe ·

Byna elke twee jaar bevorder, maar hy kry 5 range in 6 jaar? Iemand se sak rekenaar het hom/haar in die steek gelaat. 1995 ‘n Lt. Kol en 1996 ‘n direkteur(Brigadier). Nooit ‘n Kolonel nie? Dit was die tyd toe dit met die wind van agter 5 jaar sou neem om Luitenant te word.
Hier is ‘n slang in die gras

Ronell ·

Jy is heeltemal reg Schalk van der Merwe. Hy was konstabel in 1986 daarna ondersersant in dieselfde jaar en toe skielik luitenant 1988. Waar is die bevordering tot sersant en adjudant offisier, maar nouja net soos Zuma is getalle seker ‘n vreemde ding. Gedurende daardie jare was bevordering ook nie noodwendig twee jare uitmekaar nie, vanaf konstabel na sersant was 2 jaar, vanaf sersant na adjudant offisier ook 2 jaar, maar na adjudant en daarna na luitenant was dit 3 jaar uitmekaar. So die soustrein het al tydens sy aanstelling begin. Ek ken verskeie polisiebeamptes wat al heelwat jare langer diens het as die nuwe kommissaris, maar hul laaste bevorderingsjaar was 1996. Met Ria Phiyega se aanstelling het sy mos vir daardie lede gesê dit is die Here se wil dat hulle nie bevorder word nie. Die een is so eenogig soos die ander. Ek kry sommer skaam as ek na fotos kyk van gister, Zuma Fikile en hierdie Sitole; as Sitole so ‘n prysenswaardige voorbeeld is, sou hy verseker gesorg het dat hy nie sy polisiehoed dra soos ‘n busbestuurder nie. Skaamte

LV ·

Ok,ons het nou sy loopbaan geskiedens, vertel ons nou van sy kwalifikasies!????

Eish ·

Dit wil ek ook weet. Om in die tagtigerjare van studentkonstabel tot sersant te vorder, moes jy n stewige graad agter jou naam gehad het en spesialiswerk gedoen het. Jy moes in normale omstandighede minstens twee jaar in n rang gedien het plus die kwalifikasie hê, alvorens jy oorweeg is vir bevordering. Dus 4 tot 5 jaar voor jy offisier kon word. Dan moes jy steretjie ook baie blink geskyn het. Ons vertrou maar hy is enige in sy soort.

Darius Els ·

Nou kyk nou!
Die skrywers hierbo laat hulself weereens,soos met Pink Frikkie destyds ,om die bos lei.

In 1jr student tot sersant ? My aambei! Dit vat tenminste 3-5jr om konstabel “4 reg te kry vir sersant.MISKIEN met n graad ,2jr.

Tussen sersant na AO, minstens 4-5jr.

As Lt Kol n direkteur in afd? Ola la! Vir die wat nie staatsdiens ken nie, bv die gewapende magte:Lt Kol is assistent direkteur,Kolonel n adjunk dierekteur, n Brig is direkteur ,n Genl Maj n hoof direkteur, n Lt Genl uitvoerende direkteur en Genl( soos kommisares n sekretaris/direkteur generaal.

Bovermelde,met student na sersant,weet sekerlik nie eers wat is patrollie loop of hoe om n ongeluksplan VOLGENS SKÀAL, o0 te stel ñie.

Onthou maàr net,in ou SA het FEITLIK alle kommisarisse onder die hande deurgeloop van of Brig L Snyman,kollege bev of Bokkie Breedt, instrukteur.
Ook Genl Maj H Stadler het n vername rol in opleiding gespeel.

Geluk ou frik, maar jy gaan daai pypie nie rook nie.

HB ·

OMW! Ek weet niks van range in die polisie nie maar as ek so na al die titels kyk kan ek nie anders as om te glimlag en aan die engelse spreekwoordelike “Too many chiefs, too little indians” te dink nie.

John Samuel ·

“om Suid Afrikaners en almal in die land te beveilig en hulle veilig te laat voel”
HA Ha Ha Ha Ha Ha Ha Ha!!!!!! Noem my pessimisties, maar jy bereik dit nie in die nuwe suid afrika met die aanstelling van n nuwe polisie kommisaris nie.

Ronell ·

Als wonderlik,maar 2 range n jaar van 1986 ? Dis so effe nie moontlik nie

Hennie ·

Alles mooi woorde vir die man, laat ons maar eers sien hoe presteer hy. Uit ondervinding het ons ook al geleer . . .

Piet ·

Eish, het jy gesien hy het van 86 tot 92 beweeg van student tot by majoor? Tokyo Sexalo het beweeg minimum loon werk by pta munisipaliteit, 2 jaar later is hy premier en voor 2000 was hy die rykste man in Suid – Afrika. Ons word vertel dis bloot omdat hulle so briljant is………..

Eish ·

Jip, te dik vir n daalder.
Dis ” Fast tracking” in die ergste graad.
Dis hoekom alles in die land in duie stort.
Cry the beloved country.

Eish ·

Dis die tragiek van die eens mooi land waar eienskappe soos karakter, etiek, standaarde, waardes, trots en morele waardes gesog was.
Indien Vladimir Putin my vlugtelingstatus verleen, pak ek vandag my tassle.

Bertus ·

Kwalifikasies is nie alles nie. Nadat ek my kwalifikasies van my cv AFGEHAAL het, het ek eers ordentlike werk gekry wat goed betaal.

Wdp ·

Sho klink so goed soos die bee ouens in advertensies. Hoop hy is so briljant soos wat sy rang klim grafiek weerspieel

JANEE ·

Van konstabel tot luitenant-kolonel in 9 jaar…sjoe wat n voorreg…my man moes 10 jaar wag om bevorder te word van sersant na AO al het hy al sy kwalifikasies gehad……kan nie help om negatief te wees oor n politieke aanstelling nie

Sarie ·

Uiteindelik weer ‘n polisieman wat deur al die range gegaan het as kommissaris!! Laat ons hoop dit gaan nou weer beter gaan en die polisie gaan weer ‘n sterk polisiediens word wat misdaad werklik gaan vasvat. Baie voorsoed generaal, wys hulle wat ‘n polisiebeampte met 30 jaar ondervinding kan doen as kommissaris.

Henk ·

En julle glo wragtag hierdie strooi? In 1986 was daar nog sisteme in plek in die SAPolisie wat sekere vereistes gestel het aan polisiebeamptes. Eerstens sien ek nerens en kan ek nerens vind dat die nuwe generaal oor ‘n graad beskik of beskik het toe hy in 1986 by die polisie mag aangesluit het nie. Derhalwe sou hy die volgende pad gevolg het: Studentekonstabel wat eers diens by polisiestasie verrig afhangende van wanneer in die jaar hy aansluit en dan of in Jan of Jun polisiekollege toe sou gaan vir 6 maande vir basiese opleiding. Vandaar word jy uitgeplaas na stasie en skryf jy polisie eksamens wat waar jy ‘n sekere aantal vakke suksesvol moes afle. Dan doen jy aansoek om bevordering en gekeur alvorens jy bevorder kon word. As hy in Jan kollege toe was, sou hy hoogstens middel 1987 eers sy vakke vir sersant kon afhandel INDIEN hy alles geslaag het. Sy aansoek sou eers teen einde 87 ingedien kon gewees het. So, hier is derhalwe die begin van nog ‘n liegstorie en ‘n klug!

Koos ·

Die man was in die voormalige Kwandebele Polisie in Kwamhlanga .
Kwandebele was n self regerende staat noord van Pretoria met sy eie polisie mag soos die Transkei en Ciskei.
Toe die mag tot stand gekom het, het van die SAP lede wat Ndebeles is met die vanne van Mhalangu,Msiza ens daar aan gesluit.

Alida ·

Ou Riah het niks gehad nie. Kom ons kyk maar wat hier gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.