Nuwe polisiekommissaris het ‘innoverende idees’ vir misdaadbekamping

Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris (Foto: ANA)

Fikile Mbalula, minister van polisie, het tydens genl. Khehla John Sitole, Suid-Afrika se nuwe nasionale polisiekommissaris, se bekendstelling aan die media in Pretoria gesê Sitole is ʼn waardige kandidaat om misdaad in Suid-Afrika te bekamp omdat hy “innoverende en vars idees” vir dié kwessie het.

Dit volg nadat pres. Jacob Zuma Sitole Woensdag met onmiddellik effek as die nuwe nasionale polisiekommissaris aangestel het.

Mbalula het Sitole tydens dié perskonferensie as ʼn “gesoute professionele polisieman” beskryf met meer as twee dekades ondervinding in senior bestuur.

“Hy het op alle vlakke van die organisasie gedien en baie praktiese blootstelling gekry. Sitole het ook in beide die organisatoriese ondersteuning van die polisie én bedrywighede van dié organisasie gedien,” het hy gesê.

Mbalula het gesê hy was verder ook betrokke by die ontwikkeling van talle beleide, wetgewing en strategieë wat die Suid-Afrikaanse polisiediens verbind met die breër raamwerk van die regering en die internasionale gemeenskap.

Hy het gesê Sitole se innoverende idees rondom misdaad in Suid-Afrika maak hom “duidelik geskik vir dié veeleisende werk” en dat hy gereed is  om die “kwessie van wegholkriminaliteit in Suid-Afrika” aan te pak. Hy sê Sitole, wat verstaan hoe die polisie én misdadigers te werk gaan, weet dat misdaadbekamping ʼn gewigtige taak is omdat misdadigers se modus operandi gereeld verander.

“Om dié kwessie te bekamp, benodig die polisie dus innoverende idees en kreatiwiteit wat uiteindelik moet lei tot die ontwikkeling en uitvoering van relevante strategieë in misdaadbekamping. Ons is oortuig dat genl. Sitole dié taak sal kan aanpak. In Suid-Afrika het ons nie meer tyd om te mors [wat misdaad betref] nie, en ons glo Sitole sal ons land se mense eerste stel.”

Sitole het tydens sy toespraak gesê dat hy die land vreesloos en sonder guns voorkeur sal dien. Hy het gesê sy eerste prioriteit is om misdaad in die feesseisoen die stryd aan te sê met die doel om mense veilig te hou.

Lees meer oor Sitole se geskiedenis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leahim ·

Almal verdien n kans moet ons nie teleurstel nie stel weer die spesialis eenhede aan en stig n taakmag soos gedoen is vir die politieke moorde wat plaasaanvalle bekamp en voorkom

marous ·

Korrek . Bla bla bla word by die kollege as hoof vak vir senior offisiere en ministers aangebied.

Hanna ·

Net een vraag aan mnr Sithole: wat gaan jy omtrent plaasaanvalle doen? Dis al wat ek wil weet. Dankie.

Pietsepan ·

Ek het ‘n innoverende voorstel. Gee polisie wat arrestasies maak op plaasmoorde ‘n bonus en beboet polisie wat nie arrestasies maak nie.

M'Lady ·

Alles goed en wel om innoverende idees te he. Om dit uit te voer is egter n heel ander storie.

snoefie ·

as hy sy oog van rassusmecafhaal sal hy besef daar eord regte egte misdaad in S A gepleeg. mag die Vader hom seen met wysheid om sy plig te doen.

Alida ·

Kom ons gee hom ‘n kans en kyk wat gebeur. Dit sal ook hoog op prys gestel word as hy sy Minister Fikile bietjie opleiding kan gee want diè het geen ondervinding nie en sien nie die erns van die land se situasie raak nie.

Eish ·

Waar het ek die plan storie al gehoor? Is dit n 6 of 9 punt plan?
Wie gaan die plan in werk in stel, bestuur, monitor en aanpas soos nodig?

E.K. die eerste ·

Die ou gesegdes kom op: “Actions speak louder than words” en ook “Put your money where your mouth is”. Laat ons maar sien….

Andre ·

Hy moet sy dogter se vriend vra vir innoverende idees.
Andre

LV ·

Ons gaan n dekodeerder nodig he om te verstaan wat hierdie man praat,hou maar dop.

Robert Naude ·

Enige iets waaraan Zuma raak verander in modder…..

Alida ·

Toe Bheki Cele kommissaris was het die misdaad drasties afgeneem. Gee hierdie man ‘n kans.

bgj van der westhuizen ·

wel hy kan seker nie slegter wees as wat daar al was nie wand was daar al n een wat eits beteken het sal maar wag en sien

Indigo Girl ·

Net soos Bheki Cele, Jackie Selebi, Ria Phiyega “innoverende” planne gehad het. Kyk waar sit hulle nou, lol.

Wini ·

Idees is goed en wel maar hy sit nog steeds met n meerderheid van korrupte polisie beamptes !!!!

Gerhard Erasmus ·

eks bevrees – ons land se mense – sluit nie witmense in nie… daar word nêrens spesifiek die vrese van die wit bevolking angespreek nie – en ook nie duidelik, dat dit wittes ook insluit nie… Ek sou hom ‘n kaans gegee het, maar nie ten koste van my eie lewe nie…. so ek bly maar liewer hier aar ek is. Sterkte vir die wit boere van SA veral!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.