Nuwe polisiekommissaris in die Vrystaat aangestel

Genl.maj. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat het Dinsdag aangekondig genl.maj. Moeketsi Sempe is aangestel as die nuwe polisiekommissaris in dié provinsie.

Volgens die polisie was Sempe adjunk- provinsiale kommissaris voor hy op Vrydag, 30 Maart, deur polisieminister Bheki Cele en die nasionale kommissaris, lt.genl. Khehla Sitole, as provinsiale kommissaris aangestel is.

“Lt.genl. Sempe het baie ervaring in polisiëring en ʼn uitmuntende kennis van beleidsraamwerke. [Sempe is] ʼn jong en dinamiese strateeg, visionêr en navorser, wat op sy eie en as deel van ʼn span kan werk,” het die polisie hom beskryf. “Hy het bewese leierskapsvaardighede wat bestuur, ontwikkeling, motivering en spanbou insluit, asook hoe om die nodige hulpbronne en energie aan te wend om doelwitte te bereik.”

Hy is al sedert 2015 deel van die SAPD se beleidskomitee en het nege jaar gedien in senior bestuursposisies by die SAPD en Mpumalanga se provinsiale regering.

“My visie is om die Vrystaat in ʼn polisiëringsmodel vir die land te verander deur ‘RRR’ – ‘Revival’ (om inspirerende leierskap te bied); ‘Reformation’ (om geleidelik radikale verandering teweeg te bring); en ‘Restoration’ (om die basiese beginsels van polisiëring weer in te stel), tesame met multidissiplinêre samewerking met alle sektore van die gemeenskap en staatsdepartemente,” het Sempe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Ek hoop regtig hy is die regte man op die regte plek. Die tyd sal dit leer.

Oom Kalahari ·

Nuwe besems wil altyd graag skoon vee, maar tyd sal leer. Die woord “Radikaal” is alreed in die geskrifte.

Francois ·

Ek vertrou nie iemand wie se volle verlede verswyg word nie.

Eish ·

Aanstellings op die vlak is altyd polities…
” Reformation ( Om geleidelik radikale verandering teweeg te bring)
Dit is natuurlik die paddakook resep uit CR se Kook en Geniet resepteboek.

Lolla ·

Radikale veranderinge wat waar en hoe nodig is spessifiek mnr? Dit klink of dit half minder demokraties kan wees. Kan jy asb duidelikheid gee net om misverstande of wanindrukke te voorkom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.