Nuwe Prasa-voorsitter aangewys

Leonard Ramatlakane (Foto: ANA)

Voormalige ANC-raadslid, Leonard Ramatlakane, is Donderdag as die nuwe voorsitter van die Passasierspooragentskap (Prasa) aangewys.

Sy aanstelling, tesame met dié van raadslede Smanga Sethene, Matodzi Mukhuba, Boitumelo Mokgoko, Dinkwanyane Mohuba, Alison Lewis, Nosizwe Nokwe-Macamo en Thinavhuyo Mpye, is Donderdag deur die kabinet aangekondig.

Ramatlakane sal voorsitter wees van die eerste permanente raad van Prasa sedert 2017 toe die termyn onder leiding van Popo Molefe tot ’n einde gekom het.

Ramatlakane is ’n voormalige LUR vir vervoer, openbare werke en gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap en ’n voormalige hoofsweep van die ANC in die parlement. Hy het van die ANC weggebreek om by die Congress of the People aan te sluit voordat hy in 2013 na die regerende party teruggekeer het.

“Prasa se probleme moet opgelos word sodat dit billiker, veilige en betroubare openbare vervoer aan Suid-Afrika se werkersklas kan lewer,” het Ramatlakane kort na sy aanstelling gesê. “Ons fokus moet wees om die betroubaarheid, stiptelikheid, veiligheid en bekostigbaarheid van ons treindiens te herstel.”

Slegs 12 van die 34 spoorkorridors is tans in gebruik, hoewel Prasa hoop om binnekort weer nege dienste te herstel.

“Tans betaal pendelaars meer as 10% van hul salarisse aan openbare vervoer. Ons moet dit stop, want goedkoper spoorwegdienste moet die hartklop van openbare vervoer wees.”

Die nuwe raad is aangekondig ’n dag nadat bestuurders van Prasa aan raadslede gesê het dat daar ʼn jaar vertraging sal wees in die hervatting van die gedeeltelike elektriese spoorstelsel na die Kaapstadse middestad en die Mabopane-Pretoria-lyn in Gauteng.

Tot dan sal die lyne op diesel loop – die gevolg van grootskaalse diefstal van elektriese kabels en vandalisme aan stasies en lyne wat tydens die Covid-19-afsonderingstydperk in Suid-Afrika toegeneem het nadat veiligheidskontrakte in April gekanselleer is.

Die uitvoerende hoof van die Prasa-groep, Badisa Matshego, het gesê dat die opknapping van infrastruktuur nie kan begin voordat ’n omvattende nuwe veiligheidstelsel, bestaande uit 3 100 mense en toesigtoerusting, insluitend ’n hommeltuigstelsel, ingestel is nie.

Die nasionale tesourie het vroeër die week ’n bedrag van R900 miljoen vir hierdie doel goedgekeur.

Alhoewel die Prasa-span toegegee het dat sperdatums ’n edel teiken is, word verwag dat die volle diens op die sentrale lyn, wat sedert Oktober 2019 gesluit is, eers in 2022 herstel sal word.

Die regering het R1,4 miljard elk beloof vir die opknapping van die twee lyne.

Prasa, wat deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, beskryf word as “gebroke”, sal na verwagting vanjaar ’n finansiële verlies van R757 miljoen verklaar.

Die spoordiens se geskiedenis van 11 jaar is gekenmerk deur rampspoedige bestuur en bewerings van korrupsie, insluitend die verkryging van lokomotiewe ten bedrae van R2 miljard- wat in Spanje vervaardig is wat nooit in gebruik geneem is nie, maar teen ’n verlies opgeveil is omdat dit te hoog was vir die spoorinfrastruktuur van Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stefaan ·

Dit is net snaaks dat daar geen blanke bevoeg genoeg is om die pos te vul nie.

Aai ·

Kyk hoe begin dinge werk by Eskom.Ondervinding beteken niks vir die ANC solank jy ‘n graad het en geld kort is die pos vir jou.Sterkte Prasa

Dup ·

Nog kaders word aangestel om PRASA die finale uitklophou te gee.”Watch this space”.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sulke aankondigings maak my depressief. Nuwe besem vee skoon en dan begin die verwagte nuwe probleme en korrupsie

Genis ·

Verbasend hoe die klomp kaders na mekaar kyk… jy hoef net anc te wees, en te weet hoe om te dans met geld, dans jy in n pos… shame..

Hercules ·

aaaaaag julle as die cANCerous Theft Gov. kon in 27jr nog niks regdoen nie, hoekom sal hierdie man Prasa kan regruk??

het hy dalk ‘n stewige goue handdruk nodig??

julle is almal ewe onbrtroubaar!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.