Nuwe premiers aangewys

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die ANC het pas die premiers vir die agt provinsies wat hy in die verkiesing gewen het, bekend gemaak.

Jessie Duarte, ANC-adjunk- sekretaris-generaal, het die nuwe premiers tydens ‘n mediakonferensie bekend gemaak. Dit kom na ‘n sitting van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK). Vyf van die vorige premiers het hul poste behou terwyl drie nuwe premiers aangewys is.

Gauteng
Premier: David Makhura vervang Nomvula Mokonyane
Speaker: Ntombi Mekgwe

Noordwes
Premier: Supra Mahumapelo vervang Thandi Modise
Speaker: Suzanne Tsebe

Mpumalanga
Premier: David Mabuza bly aan in sy pos
Speaker: Thandi Shongwe

Vrystaat
Premier: Ace Magashule bly aan in sy pos
Speaker: Sisi Mabe

Oos-Kaap
Premier: Pumulo Masualle vervang Noxolo Kiviet
Speaker: Noxolo Kiviet

KwaZulu-Natal
Premier: Senzo Mchunu bly aan in sy pos
Speaker: Lydia Johanson

Noord-Kaap
Premier: Sylvia Lucas bly aan in haar pos
Speaker: Kenny Moemang

Limpopo
Premier: Stan Mathabathe bly aan in sy pos
Speaker: Meriam Ramadwa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.