Nuwe president by Loftus ingehuldig

loftus6

Loftus Versfeld

Suid-Afrika se nuwe president wat ná die nasionale verkiesing aangewys sal word, sal nié soos gewoonlik by die Uniegebou ingehuldig word nie, maar by Loftus Versfeld in Pretoria.

Die presidensie het Saterdag aangekondig dié geleentheid sal op 25 Mei plaasvind. Die nasionale verkiesing vind op 8 Mei plaas.

“Om die inhuldiging in ʼn stadion, die grootste in Stad Tshwane te hou, maak voorsiening vir groter openbare deelname aan hierdie belangrike nasionale geleentheid,” het die presidensie gesê.

“Dit is simbolies dat die inhuldiging op Afrikadag sal plaasvind, aangesien dit die regering se toewyding aan die bevordering van die Afrika-agenda bevestig, asook om bande tussen Suid-Afrika en sy buurlande te versterk.”

Khusela Diko, woordvoerder van die president, sê die tema vir die inhuldigingseremonie is “Saam vier ons 25 jaar van vryheid: Hernuwing en groei vir ʼn beter Suid-Afrika”.

Afgesien van die publiek sal verskeie staatshoofde en koninklikes van ander lande ook die geleentheid bywoon. Geloofsleiers, politieke partye en verteenwoordigers van streeks-, kontinentale en internasionale organisasie en liggame, waaronder die Afrika-unie, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Verenigde Nasies, sal ook by die seremonie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Stella ·

Wonder,wie gaan nou weer alles wat onwetlik en goddeloos is goedkeur,wat kastig moet sien dat alles reg loop in “clownland”

Drieks ·

En so gaan belangrike mense opdaag om die volgende dief aan te hang. 5 van die top 10 Anc is korup.

Helena. ·

Dink net hoe gaan daai plek lyk na dese..as daar iets gaan oor bly. So meng die sport en politiek. Hoop daar gaan mense wees om skoon te maak en weer op te bou.

Davin ·

Ek wonder maar net. Wat gaan hulle doen/maak as dit n ander party is wat die verkiesing gaan wen. Onthou wonderwerke gebeur! Waar God in beheer is laat Hy altyd wonderwerke gebeur!! Watch this space!! 9 Mei 2019!!

Valerie ·

Davin, sekere Christene sing daai vervelige deuntjie al lank. Miskien misvertaan hulle “wat in beheer” beteken? Dis vals skrik taktiek, Davin, breinspoeling.

IK ·

Sjoe, ek hou van die tema vir die inhuldigingseremonie. Gaan die uitgeskopte diktator Bashir ook daar wees? Is Trompie van die ‘States’ genooi? Ek verstaan Kadoefie kan nie daar wees. Hopelik is daar genoeg skoonmaakpersoneel om al die rommel na die gebeure bymekaar te maak. Dis mos deel van die pret om te mors.

willie steenkamp ·

Wel die Bulle gaan daai stadium nooit weer volmaak nie so dankie ANC !

Vonna ·

Oe genade hoop ons dierbare Loftus gaan niè ook geplunder òf afgebrand word!!!

Jakkie ·

Hoop die Blou Bul rugby unie word betaal vir die gebruik van die stadion.

Mirrie Raubenheimer ·

Wat n grap!! Baie van hulle weet mie eens wat rugby is nie. Miskien moet ons steve met sy blou bulle daardie dag daar loslaat en kyk wat doen hulle.

hendrik ·

Hoekom daar verstaan ek nie en bygese as daar ooit n verkiesing gaan wees met al die betoog aan die gang. Wat van n noodtoestand.

Anel ·

En wie gaan betaal vir die sirkus? Ek kan nie dink dat dit nodig is om so baie uit te gee of so ‘n ophef te maak van so ‘n geleentheid nie. Vroëer jare is die president in die kerk in gehuldig!

Valerie ·

Jy bedoel toe die skynheilige NG kerk aan bewind was? Toe dit “sonde” was om op ‘n Sondag enige iets te doen? Ass-suh-blief.

Neels ·

Alles op die belasting betaler se koste. Beloftespark vir meer beloftes. Die voor sanger pryser in sy G string , die ancisters en al die Diktators van Afrika sal daar wees. Nou as CR nie die job kry nie en dalk misken, dalk, nie onmoontlik nie ACE gaan dit dan skuif na Bloemfontein of dalk Parys se stadion . Indien wel glad nie onmoontlik nie NDZ skuif dit seker na die Moses Modiba stadion in Durban. . Baie interresant wie gaan die geveg wen. Die korruptenare se slagordes is al maande voor die tyd oogestel. Is nou net wag en sien

jaco ·

die stadion dra n naam wat uit die apartheidsjare kom. dit sal eers verander moet word.

Kwaad Mossie ·

Die ANC wil net ‘n kans hê om groot publisiteit te kry met ons belasting geld.

humor ·

“25 jaar van vryheid hernuwing en groei . ” Wie is bewus van genoemde. beslis nie die witmense nie. Ons weet van geen vryheid as dit kom by ons kultuur, taal universiteite eie skole met n bedreiging van gesondheidsdienste en die voorgenome beheer oor godsdiens nie. Geen vryheid in kwotastelsel en op atlitiekbaan wanneer die bes presteerder uitgeskakel word deur die een in die 4de plek..Hernuwing ja as die vervanging met n korrupte regstelsel vir iemmand hernuwing beteken. Groei ?????? ons is dan af gegradeur tot rommelstatus.

marco polo ·

Lyk my almal mis die punt net die rede vir Loftus as keuse. Dis om finaal vir die blanke en die Afrikaner in besonder te laat verstaan die land behoort nou aan hulle, selfs die plekke wat ons as ons eie beskou.

Wim Kotze ·

Waarom kla? Die land is destyds reeds verkwansel vir rugby. Nou het daardie politiek net tuis gekom

Gert van Wierdapark ·

Wonder of daar toegangsgeld gevra gaan word. Met ‘n kapasiteit van 51 762 kan die a en see goed geld maak as daar 50 000 kaartjies verkoop sou word. Teen R100 ‘n kaarjie is dit ‘n hele R5 miljoen! Die ander 1 762 gaste kan dan gratis en verniet aan die presidensiele joligheid deelneem.’ n Borg vir ‘n reuse markiestent (miskien Boos-ala-SA) om oor die rugbyveld opgeslaan te word, sal kan bydrae tot ‘n sirkus atmosfeer. Aan narre sal dit beslis nie ontbreek nie, asook die kaartspelers in die a en see se span sal bydrae tot ‘n feestelike Loftus At-mos-feer.

Christo ·

Bietjie voorbarig van die ANC om te besluit waar die inhuldiging gaan wees. Jan Smuts was in 1948 onverwags verras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.