Nuwe president van Reserwebank aangekondig

Lesetja Kganyago. Foto: GCIS

Lesetja Kganyago. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Maandagoggend tydens ʼn mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria die nuwe president van die Reserwebank aangekondig.

Lesetja Kganyago is amptelik as Gill Marcus se opvolger aangewys. Nhlanhla Nene, minister van finansies, en Marcus was ook by die mediakonferensie teenwoordig.

Kganyago was een van Marcus se adjunkte. Hy sal na verwagting volgende maand by Marcus oorneem wanneer haar vyfjaar-termyn verstryk.

Marcus het op 18 September haar uittrede aangekondig. Zuma het vroeër sy dankbaarheid uitgespreek vir die bydrae wat sy gelewer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.