Nuwe programrooster weens ‘geldbesparing’ vir RSG

RSG

Radio Sonder Grense (RSG) het verskeie programverskuiwings aangekondig wat vanaf Maandag by dié Afrikaanse radiostasie in werking tree.

“Hierdie verskuiwings word gedoen in die lig van besparingsmaatreëls, maar ook omdat RSG beplan om later vanjaar ʼn volledige uurlange landbouprogram van 05:00 – 06:00 op weeksdae uit te saai,” het die radiostasie, wat aan die SAUK behoort, in ʼn verklaring gesê.

Soggens

Wakker op weeksoggende 05:00 – 06:00 val weg en daardie uur word nou deel van die deurnag outomatisering, wat reeds vir jare al van 00:00 – 05:00 die geval is.
Dit bring mee dat RSG Landbou nou later skuif na 05:25, met Vroegoggendgedagte en Ikra wat skuif na 05:55.

Die regstreekse uitsending van RSG begin dan 06:00 met Monitor.

Dieselfde geld vir Saterdagoggende wanneer Brekfis met Derrich om 06:00 sal begin en vir Sondagoggende wanneer Oggendstemming ook om 06:00 sal begin.

Middae

Die middag-aktualiteitsprogram Spektrum word vervroeg en sal van 12:00 – 13:00 weeksdae uitgesaai word.

Die middag-aktualiteitsprogramme op RSG sal dan van Maandag tot Saterdag op dieselfde tyd uitgesaai word, en dit gee ook vir die gewilde Driesestig, wat deur Martelize Brink en Johan Rademan aangebied word, die kans om weeksdae ononderbroke van 13:00 – 15:00 uit te saai.

Dit bring mee dat die middagvervolgverhaal skuif na net ná die 15:00-nuus in Spitstyd.

Aande

Wat die aandskedule betref, ruil die uitsaaitye vir die Aandboekvoorlesing en die Kinderstorie net om, en die Vroegaandgedagte val weg, wat ook ʼn besparing meebring, het RSG bygevoeg. “Goeie nuus is dat die Laataandgedagte ʼn uur vroeër skuif en reeds om 22:55 uitgesaai word.”

Nuusbulletins

Wat die nuusbulletins betref, val die 05:00 nuusbulletins weg, asook die laataand nuushooftrekke net voor middernag.

Laataande

Op Maandae, Woensdae en Vrydae om 23:10, gaan daar voortaan ʼn laataandkuier saam met die omroeper aan diens wees. Dan sal gesels word, musiek gespeel word en sommer net gekuier word.

Saterdae

Saterdae van 11:30 – 11:45 volg resepte en kombuiswenketyd saam met die omroeper aan diens.

Sondae

ʼn Lekkerte wat wag is dat die musiekreeks op ʼn Sondagoggend om 10:05 ʼn herhaling van die destydse baie gewilde Tranetrekkers-reeks van Johan van Lill, gaan wees.

ʼn Nuwe seisoen van Geloof wat Grondvat begin ook Sondagaande net ná die 19:00 nuus. Flip Loots en Christina Landman gesels weer met mense oor hoe geloof in die alledaagse lewe uitgeleef word in die gemeenskap.

Besoek rsg.co.za vir die volledige RSG-programskedule wat Maandag 5 April in werking tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Ek is meer verbaas Radio sonder gehore bestaan nog, as die Artikel gister was sou ek gedink het dit is April Fools

Samuel ·

RSG is vir lange jare die beste radiostasie in Suid-Afrika. Dit is aktueel en het ‘n goeie verskeidenheid musiekprogramme gehad. Dit is ‘n vriend in die huis.

Tania ·

RSG is vir baie Afrikaanse blindes die enigste manier om ook sportuitsendings te volg. Daar is ‘n REUSE verskil tussen radio en tv uitsendings van bv. ‘n lewendige rugbywedstryd. Radio omroepers weet dat luisteraars nié die wedstryd “sien” nie en gee daarom die nodige inligting op ‘n vinnige pas. Hoop RSG ontneem nie in die toekoms duisende blindes van sportuitsendings nie.

Stof ·

Ek is baie dankbaar dat Sondagmiddag se Leefwêreld van die gestremde nie in die slag gebly het nie. Hierdie uitnemende joernalistiek van Jacqui January, speel ‘n ruim rol in die bewusmaking van gestremdes se prestasies en behoeftes, sowel as motivering vir ons wat so bevoorreg is om nie gestremdhede te hê nie, om ‘n hand uit te reik na hierdie gelykgeskape medemens en hul uitdagings..

Sarel ·

Waaroor sal die Lzndbou program handel of gazn dit meer Politiek wees

Alta ·

Goeie more! Daar is vanmore weer net ‘n stem wat dieselfde praatjie aanhoudend herhaal op RSG. Is dit nog steeds skade wat ‘n boom veroorsaak het? Ek ondervind dit nou vir 3 dae dat ek nie RSG kan luister nie. RSG is die beste! Ek wil nie Brekfis met Derrick mis nie!

Cecilia ·

Ek wonder of al d ander radiostasies en SABC 1 – 3 Ook gesnoei word of is dit nou wer net d Afrikaners wat moet geld spasr sodat d kaders dit kan uitmors op belaglike verhogings?
Want genade SABC 1-3 Het niks meer Afrikasnse programme nie. Dis net N klomp gemors. Selfs 7de Laan lyk my is nou bitter min Wit akteurs. Ek ht so moeg geraak vir al d “gemengde” en gerondslapery (erger as Dallas) dat ek glad nie meer tv kyk nie. Ons lifestream/download/NETFLIX/YouTube alles. Dan kan ons kyk wat ons wil. Wanneer ons wil en hoef d SAUK gemors nie i my keel afgedruk te word nie

Hennie ·

RSG se probleem is dat hulle iets vir almal probeer wees, en eindelik niks vir niemand is nie. Jammerte dat sommige goeie omroepers af gedank is, en dat ‘n paar van die “rugryers” nog daar bly.
Al wat ek vir die goeie omroepers kan sê is om nou na ‘n meer volhoubare radiostasies te gaan, of om ‘n nuwe volhoubare stasie te begin. Net soos SAA, ESKOM ens, gaan geloof en hoop nie verhoed dat RSG stadig gaan verdwyn nie….

akkedismis ·

RSG gaan al hoe meer grense kry en UITEINDELIK verdwyn as gevolg van ANC en ENGELS.

Gawie ·

Luister lankal nie meer RSG nie. Luister of Pretoria FM op die skottel of ons plaaslike radiostasie Overvaal Sterio

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.