Nuwe provinsiale polisiehoofde aangekondig

Yolisa Matakata Foto: ANA

Die Wes-Kaapse polisie sal in 2020 deur ’n vrou gelei word nadat Bheki Cele, die minister van polisie, lt.genl. Yolisa Matakata as die provinsiale kommissaris van dié provinsie aangestel het. Dit volg ná genl. Khombinkosi Jula vroeër vanjaar terug na KwaZulu-Natal verplaas is.

Cele het Donderdag die aankondiging in Pretoria gemaak.

Matakata was voorheen die waarnemende nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) waarna sy sedert 2017 as die adjunkhoof van die Valke gedien het.

Die polisie in Noordwes sal ook in die nuwe jaar ’n nuwe provinsiale kommissaris verwelkom.

Van links: lt. genl. Moeketsi Sempe, lt.genl. Yolisa Matakata, lt.genl. Sello Kwena en lt.genl. Baile Motswenyane. (Foto: SAPD) 

Lt.genl. Sello Kwena is as provinsiale polisiekommissaris van Noordwes aangekondig. Dié aanstelling tree op 2 Januarie 2020 in werking.

Kwena het 31 jaar se ervaring in die polisie en het ’n nasionale diploma in polisie-administrasie, ’n nasionale hoër diploma in polisiëring, ’n graad in polisiewetenskap, ’n Baccalaureus in regte en ’n BA-graad in menslikehulpbronbestuur.

Volgens Cele het Kwena al as stasiebevelvoerder by Makwassie Hills, Jouberton en Mmabatho gedien. Hy was ook in ’n stadium ’n groepbevelvoerder van die Vryburg-distrik.

Kwena vervang lt.genl. Baile Motswenyane wat voortaan die provinsiale kommissaris in die Vrystaat sal wees. Sy vervang op haar beurt lt.genl. Moeketsi Sempe, wat nou as afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring aangestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lappe ·

Beslis nie deur die ranks gekom nie, maar een van daardie medaljes gaan seker ook vir 30jaar troue diens wees. Viva!

Patroon ·

Die polisie laat my dink aan skool:
Elke jaar is daar nuwe prefekte, met ‘n nuwe hoofseun en-meisie!
…En ‘n nuwe besem vee nie noodwendig skoon nie (dit het ons lankal geleer van die ANC). Dis maar net ‘n nuwe geleentheid vir ‘n volgende vrotkol. Die ANC is reeds uitgedien, hulle is niks anders as impulsiewe laerskool-prefekte nie.
Kyk na die patrone wat hul volg!

Johan Maritz ·

Ja Hans waar is die weerspieeling van die bevolkings samesteling nou.

Balooba ·

Ek was in die 90’s in die SAPS. As ek nie verkeerd is nie het ons minder as 15 generaals gehad – in die hele RSA. Nou het ons meers as dit net in Gauteng.

Wie doen die werk??? Skies, meeste weet nie wat om hul aangaan nie… Voel jammer vir die wat nog vasgevang is in die stelsel.

Leon ·

Ons het meer generaals in die SAW as wat die res van die wereld saam het.

JohanR ·

Moenie worry nie…..ek is seker die een het al klaar ‘n AGENDA? Dit sal mettertyd te voorskuin kom. Daar is ‘n haat dat die ANC nie in die Wes-Kaap die regering is nie, soe dit is maar altyd die GROOT AGENDA, om op watter manier die ANC hier in te kry.

JohanR ·

Is daar ‘n rede hoekom hulle almal swart is, of moet swart wees? s daar geen bekwame wit of bruin polisie generals in die diens nie? Wie doen die kies werk vir die aangesteldes?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.