Nuwe psigiatriese hospitaal in Noord-Kaap geopen

Die hospitaal in Kimberley (Foto verskaf/ANA)

Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het Maandag die langverwagte nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen. Konstruksiewerk het reeds in 2006 begin.

Die konstruksiewerk aan die 287-bed-hospitaal is herhaaldelik vertraag en kostes het oor die jare heen aanvanklik van R280 miljoen tot R1,8 miljard gestyg. Die hospitaal sou oorspronklik in 2008 aan die provinsiale departement van gesondheid oorhandig word.

“Die fasiliteit moet menswaardigheid herstel aan die mees kwesbare in ons samelewing – persone met sielkundige probleme. Ons kan dit slegs bereik as ons onsself verbind tot die ware noodsaaklikhede van staatsdiens,” het Saul gesê.

Buiten algemene geestesgesondheiddienste, sal die hospitaal ook psigiatriese dienste bied aan kinders, adolessente en buitepasiënte. Saul het bygevoeg die volgende projek is die oprigting van ʼn verpleegsterskollege en ʼn nooddienstekollege in Kimberley.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Muffin ·

Daar is darem n groot verskil van R280 miljoen na R1,8 miljard. Genade man ek wonder hieveel randtjies het voete gekry.

Karlahari ·

Ek sal dit waardeer as MM n volledige verslag oor die vertragings aan die projek kan publiseer.
Soos bouers wat bankrot is na hulle betaal is. Binnemure wat moes af gebreek word as gevolg van defektiewe fondasies ens. ens.
Hierdie is n projek vir die Valke en die NVG

Skepties ·

En hy gaan seker ook soos Harry Surtie onbeman gelaat word.

Koos Kookwater ·

Ek werk by Dr Harry Surtie Hospitaal en die personeel is NOU besig om te staak en te toyi-toyi oor presies daardie rede

Pim ·

Mnr Saul dis niks om op trots te wees nie. Dis ‘n skande! Ek hoop nie julle kry 1 sent vir enige ander projekte nie.

Mlilo ·

Dalk laat my wiskunde my in die steek, maar dis +- R6.2 miljoen rand per bed / kamer …. moet seker ultra luuks wees. Praat van vermorsing!

sweis ·

Ek hoop die volgende projek is n nuwe tronk of n paar tronke .

Nettie ·

Tja ………………….. ek reken ook, die meeste LP’s hoort waarskynlik daar.

Daai geld sou egter BAAAAAAAIE beter aangewend kon word indien daar strafkampe (nee, nie tronke nie – vir die meeste misdadigers is die tronke ‘n luuksheid) gebou is. Sulke lekker, groot, vet kampe waar aangehoudenes moet ‘werk’ vir hul voordele: as jy kos wil hê, moet jy dit help verbou. As jy skuiling wil hê teen wind, weer en reën, moet jy dit help bou. As jy klere (bedekking) wil hê, moet jy help om dit te maak. As jy droogmaak, verbeur jy al jou regte op kos, skuiling en bedekking. En dan word aangehoudenes op daaglikse basis in “chain gangs” uitgesit om openbare werke te verrig, soos vuillis optel, strate vee, te skoffel en gras te sny langs hoofpaaie – alles onder die streng toesig van spesiaal-opgeleide beamptes, wat tot die tande toe bewapen is, terwyl hulle vasgemaak word aan ‘n swaardiens-voertuig in groepe van 6, met “shackles” om die enkels – ‘not a chance for escape there!’.

Hennie ·

Onbeholpe swaap koppe wat alles 200 keer duurder maak as wat dit moet wees… Ek wonder waar hulle mense gaan kry om daar te werk vir ‘n skamele ou salaris…

SjN ·

Jy time hul nie met n stophorlosie nie maar wel met n almanak.

Al ·

Dit gaan te heerlik in SA! Belastinggeld droog mos nooit op nie.
Maar wat ons hoogsbetaalde ANC regeringsamptenare nie besef nie, dat hul lekker vet salarisse ook getax word. Eish!

En nou? ·

13 jaar langer as wat dit moes neem.
Nou die vraag is…. Hoe lank gaan hy staan voordat hy afgebrand word? Seker nie eers 13 jaar nie!

Foxi ·

Wonner of daar plek gaan wees…….land is besig om mal te raak.

Von ·

Ek wil nie onnodig pesimisties wees nie …dink net aan die Nasionale Gesondheids sorg wat kom…kannie eers die projek doeltreffend afhandel nie….so so jammer????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.