Nuwe R25-dinosourus-muntstuk vir SA

Die voorkant van die munt (Foto: South African Mint)

Suid-Afrika sal in 2020 ʼn nuwe versamelaarsmunt in die vorm van ʼn R25-muntstuk bykry met dinosourusse as tema.

Die Suid-Afrikaanse Munt het die nuus op sy webwerf bekendgemaak.

“Die Suid-Afrikaanse Munt is trots om die silwer Natura-munte vir 2020 bekend te stel. Dit is die tweede silwer munt wat in die Natura-reeks verskyn. Dié munt fokus op die ‘Opkoms van die dinosourusse – Anchosauria’-tema”.

Volgens die Suid-Afrikaanse Munt bou dié reeks voort op die paleontologie-reeks van 2018, wat Suid-Afrika se prominente rol in die navorsingsveld van plant- en dierfossiele erken.

Die 24 karaat-muntstuk spog met ʼn Coelophysidae-dinosourus, wat ʼn hoogs suksesvolle primitiewe dinosourus was, op die voorkant. Coelophysidae rhodesiensis is ʼn klein, ratse dinosourus wat kleiner diertjies gevang het en in Suid-Afrika en Zimbabwe in die vroeë Jurassiese periode voorgekom het.

Die agterkant van die munt (Foto: South African Mint)

Wetenskaplikes meen dié slankgeboude dinosourus het tot 3 meter lank geword en sowat 32 kg geweeg.

Die agterkant van die munt beeld die gefossileerde kopbeen, nek en skouers Erythrosuchus africanus uit. Die woorde “Rise of the dinosaurs”, “Archosauria” en die jaar 2020 in Romeinse syfers, “MMXX”, kom ook daarop voor.

Dié munt sal op 1 Januarie 2020 beskikbaar wees en slegs 50 000 eksemplare sal gemunt word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Joke! ·

Hehe .goeie een! Stem die dinosaur geraamtes lyk baie meer aangenaam!

Judge Dredd ·

…….dat die dinosaurusse nou al SA vooruit is……

Martie ·

Kan ons n afbeelding sien van die 2018 muntstuk asb. waar kan die munte gekry word.

James ·

Erder begin dink om R1000 note te print. ZAR begin min beteken en wat koop jy met 10 of R20.

JohanR ·

Will graag bietjie Verenigde Koninkryk toe na reis in 2020, in hulle somer maande. Op die oomblik as ek R20000 bymekaar kan skraap, dan kry ek maar £1076 op vandag se wissel koers van R18.59 vir £1 pond. Sal in 2020 nog duurder wees. Weet nie eers of hulle mens sal toelaat om met soe min die land in te kom nie. En onse ministers reis baie maal land uit met ‘n gevolg van 12 tot 20. Sjoe maar dit moet bietjie baie lekker en duur wees???!!!

June ·

n Reptiel, dit maak sin, nie gedink ons sal so vinnig agteruit beweeg nie.

Sdl ·

Jammer maar ek verstaan nie.
Wat gaan dit in my leeftyd werd wees?
R25. Die hoeveelheid 10 sente ek al vir kassiere gese het hou dit maar meer werd om dit te smelt en ronde koel balletjie te maak en te smous op chinese vlooimark en se jy kan n dinosourus met dit met n kettie plat skiet.

Dawie ·

Dink eerder daaraan om R 500 note te druk. Ons geld het nie waarde nie.

TDW ·

Interessant hoe wetenskaplikes ‘n hele prehistoriese dier kan bou uit een fossiel, deur hierdie fossiel te ontleed kan weet wat hy geëet het, geweeg het of selfs dat hy rats was. Maar hulle kan nie dieselfde doen deur ‘n volle gebeente te kry van ‘n mens wat moontlik 50 jaar al begrawe is nie.

AB ·

Dinosourusse op ons geld? Dit maak sin as jy na die agteruitgang van ons land se infrastruktuur kyk! Een van die dae lewe ons weer soos die mense van die “stone age”.

John ·

Hierdie was ‘n baie diepsinnige besluit… Ons is presies weer waar ons destyds was. Heel gepas.

Stelling ·

Hahaha!!! Dinosourusse op ons geld, ai tog wat is volgende. Wat ek wel gepas sien is hoe die dinosourusse “klein” diere gevreet het. Jis ou Jan kan ek n dino leen tot more.

Niklaas ·

Laat ons almal bly wees dis nie oom Zumpie se kop wat uitgebeeld is op die muntstuk nie.

marous ·

Ja en grotte en gebare taal in skool handboeke. Die wet gaan ook verander moet word vir knuppels en aan die hare sleep . Dis die toekoms .

Attie. ·

Sdl, hierdie munt gaan nie in omloop kom nie. Dit is ‘n 24 karaat munt vir versamelaars. Karaat by munte beteken dit gaan ‘n goue munt wees. Ek raai dst dit een ons gaan weeg. Ek glo die dinosourisse het geleef saam met Homo Erectus en het uitgesterf lank voor die huidige skepping, ons grawe vanadag net hul fossiele uit.

Nettie ·

Hey ……….. wag ‘n bietjie ………………. Niemand het gevra of hulle my foto kan gebruik om hierdie spesiale versamelaarsmunt te munt nie!!!

Goeie idee ·

Dit sal goed wees indien die gaseg op ons sirkulasie note ook vervang word met fauna en flora.

M ·

Probeer bietjie een van daai munte koop…dit is onmoontlik.
Geen terugvoer, geen antwoord op mails ens…
Is dit ook ‘n staatsinstelling???

Sarie ·

Moes liewer ‘n kind gewees het in flenters wat bedel. Mooiste muntstukkie nog was die een met die twee mossies op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.