Suid-Afrika sal in 2020 ʼn nuwe versamelaarsmunt in die vorm van ʼn R25-muntstuk bykry met dinosourusse as tema.
Die Suid-Afrikaanse Munt het die nuus op sy webwerf bekendgemaak.
“Die Suid-Afrikaanse Munt is trots om die silwer Natura-munte vir 2020 bekend te stel. Dit is die tweede silwer munt wat in die Natura-reeks verskyn. Dié munt fokus op die ‘Opkoms van die dinosourusse – Anchosauria’-tema”.
Volgens die Suid-Afrikaanse Munt bou dié reeks voort op die paleontologie-reeks van 2018, wat Suid-Afrika se prominente rol in die navorsingsveld van plant- en dierfossiele erken.
Die 24 karaat-muntstuk spog met ʼn Coelophysidae-dinosourus, wat ʼn hoogs suksesvolle primitiewe dinosourus was, op die voorkant. Coelophysidae rhodesiensis is ʼn klein, ratse dinosourus wat kleiner diertjies gevang het en in Suid-Afrika en Zimbabwe in die vroeë Jurassiese periode voorgekom het.
Wetenskaplikes meen dié slankgeboude dinosourus het tot 3 meter lank geword en sowat 32 kg geweeg.
Die agterkant van die munt beeld die gefossileerde kopbeen, nek en skouers Erythrosuchus africanus uit. Die woorde “Rise of the dinosaurs”, “Archosauria” en die jaar 2020 in Romeinse syfers, “MMXX”, kom ook daarop voor.
Dié munt sal op 1 Januarie 2020 beskikbaar wees en slegs 50 000 eksemplare sal gemunt word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Dankie tog lyk tenminste beter as staatskaping gesigte!
…….dat die dinosaurusse nou al SA vooruit is……
Kan ons n afbeelding sien van die 2018 muntstuk asb. waar kan die munte gekry word.
Erder begin dink om R1000 note te print. ZAR begin min beteken en wat koop jy met 10 of R20.
Will graag bietjie Verenigde Koninkryk toe na reis in 2020, in hulle somer maande. Op die oomblik as ek R20000 bymekaar kan skraap, dan kry ek maar £1076 op vandag se wissel koers van R18.59 vir £1 pond. Sal in 2020 nog duurder wees. Weet nie eers of hulle mens sal toelaat om met soe min die land in te kom nie. En onse ministers reis baie maal land uit met ‘n gevolg van 12 tot 20. Sjoe maar dit moet bietjie baie lekker en duur wees???!!!