Nuwe raad om staatspensioene te bestuur

Nhlanhla Nene. Foto: Elmond Jiyane

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Joe Lesejane weer aangestel as die voorsitter van die nuwe adviesraad vir die regering se pensioenfondsadminsitrasie (GPAA).

Die GPAA administreer die betaling van pensioene namens die staatsdienspensioenfonds (GEPF) en die nasionale tesourie.

Die raad adviseer die minister oor die administrasie van pensioene asook prestasie, beheer en die werking van die GPAA.

Nene het in ʼn verklaring gesê die aanstelling van die nuwe adviesraad vir ʼn twee jaar termyn het op 3 Julie 2018 ʼn aanvang geneem.

Lede van die nuwe raad sluit in adv. Muvhango Lukhaimane, Maemili Ramataboe, Beerson Baboojee, verteenwoordiger van die tesourie, Tebogo Sibanyoni en Krishen Sukdev, uitvoerende hoof van die GPAA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wondermaarnet ·

En wie het hierdie raadslede verkies? Klink vir my na nog ‘n resep vir ‘n ramp.

Irma ·

Hoekom nou eers. Die staatsamptenare se pensioene is al so lank id nuus met soveel bekommernis omtrent die veiligheid van die geld. Wie het die voordeel daarvan vir hulself toe ge-ein. Dit behoort baie goed ondersoek te word

Joshua ·

Wat van dai korrupte ANC lede in die Staatspensioen fonds se Public Investment Cooperation komitee wat vry kom met hul diefstal en vermorsing van biljoene rande in Eskom, Transnet, Steinhoff, e-Tolls, VBS Bank, Denel, SA Lugdiens, Guptas, Zumas en-en-en????!!!!- meneer Nene, word dai kriminele nie aangekla en vervolg nie??!!!

Wondermaarnet ·

Nee die kaders, boeties en siesies word eerder aangemoedig om hulself te verryk.

Lana ·

Lede van nuwe raad is almal onbekende name. Wat wag nou weer op ons?

Tik tok tik tok ·

OMW moet ek bekommerd raak Nooit van daai name gehoor nie en as dit n koek te moet bak lyk dit na flat Jack’s wat hier oppad is Moet ek nie dalk nou “vat my pie en waai” nie amper 30 jaar by staat

Alida ·

Mnr Nene sal die lede met die hand uitsoek glo dit net. JZ het reeds van hom ontslae geraak omdat hy integriteit het en eerlik is.

Christien vd Westhuizen ·

Ek hoop hulle doen goed sodat ons arm staatspensioenarisse n beter verhoging kan kry veral die wat in die negentig jare uitgetree het kry n karige maandelikse pensioen in vergelyking met die wat na 2000 uitgetree het ons is nie veel beter af as die Transnet pensioenarisse nie as dit nie verbeter nie sal ons noodgedwonge n regsgeding moet begin

Basjan ·

‘n Nuwe raad word geskep. Skep, gaan daar geskep word! Daarvan kan julle maar seker wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.