Nuwe raadgewer vir Mkhize

‘n Argieffoto van prof. Salim Abdool Karim en prof. Koleka Mlisana. (Foto: RAJESH JANTILAL / AFP)

Prof. Koleka Mlisana sal nou saam met prof. Marian Jacobs as medevoorsitter in die ministeriële raadgewende komitee dien nadat die epidemioloog prof. Salim Abdool Karim bedank het.

Mlisana is sedert Julie 2018 die uitvoerende bestuurder van akademiese sake, navorsing en gehaltebestuur by die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) en word in ’n verklaring deur die departement van gesondheid as “’n vooraanstaande wetenskaplike en akademikus in eie reg” bestempel.

Mlisana is die voorsitter van die ministeriële advieskomitee se patologie-/laboratorium-subkomitee. Sy dien ook as lid van die ministeriële advieskomitee vir antimikrobiese weerstand.

Mlisana is die afgelope tien jaar, nes haar voorganger in die ministeriële advieskomitee, betrokke by navorsing oor MIV/vigs. Mlisana se navorsing fokus veral op MIV-voorkoming en sy werk saam met Karim by die sentrum vir die vigsnavorsingsprogram in Suid-Afrika.

Die departement het in die verklaring bevestig dat Karim bedank het om meer op sy navorsing oor MIV te fokus.

“Hy het dus sy bedanking as voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 sowel as ’n medelid van die ministeriële advieskomitee oor entstowwe ingedien en die minister het sy bedanking aanvaar,” lui die verklaring.

Karim se bedanking het reeds op 23 Maart – presies ’n jaar na sy aanstelling as voorsitter van die komitee – in werking getree.

Die departement het sy waardering vir Karim se werk oor die afgelope jaar “gedurende een van die grootste krisisse wat die mensdom in die gesig staar” uitgespreek.

“Hy het ’n gesaghebbende figuur vir soveel Suid-Afrikaners geword wat gewoond geraak het aan sy unieke vermoë om komplekse wetenskaplike konsepte in eenvoudige terme te verduidelik wat ons almal kan verstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

andre ·

Karim weet natuurlik iets oor “die grootste krisis wat die mensdom in die gesig staar ” wat hy nie mag uitlaat nie.

Dirk Mostert ·

Ja, die Nurenberg tribunaal in voorbereiding onder leiding van Reiner Fuellmich om almal agter die Covid scam te vervolg.

Jacobus ·

“More of the same”. Slim “move” Abdool, slim”. Kry afstand tussen jouself en diè huidige politiekgedrewe spulletjie.

Anel ·

Almal bang vir die regte waarheid. Seker nig nie genoeg geskep nie.

Marianna ·

Mense skrik wakker!!!! Gaan doen julle navorsing oor wat aan die gebeur is. Moenie net glo wat die regering en die WHO vir jou sê nie.

Tipper ·

Gaan abdul maar daar in Iran, gaan help maar daar vir die kopdoeke,vol sweet en luis.

Hennie J ·

Die ou, waarvan ek vooraf niks geweet het nie, het my nogal beindruk en gemoedsrus gegee met sy eerlikheid. Nouja, om sy eerlikheid gestand te doen moes hy nou die enigste ander uitweg kies. Dankie vir jou diens aan ons!!!!!

Jaada ·

Sy is in beheer van die NHLS wat in die grond in bestuur is – dus wag daar net swarigheid . . .

Barrie ·

“vooraanstaande wetenskaplike en akademikus” My stink voet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.