Nuwe reddingsboei vir SAUK met valkoog dopgehou

(Foto: pixabay)

Die DA sê hy gaan die openbare uitsaaier se besteding van die nuwe R3,2 miljard-reddingsboei wat die ANC-regering aan hom gegee het, fyn dophou.

Die SAUK gaan die eerste gedeelte van die geld na verwagting Maandag al ontvang, het Phumzile van Damme, die DA se woordvoerder oor kommunikasie, gesê.

As daar net ʼn sweempie finansiële of ander wanbestuur aan die lig kom, gaan onmiddellike stappe teen die SAUK gedoen word.

“Die DA is deeglik bewus daarvan dat dit ʼn ingewikkelde saak is. Die huidige SAUK-bestuur kan nie verantwoordelik gehou word vir die finansiële krisis waarin die SAUK hom al die afgelope twee jaar bevind nie omdat dit ʼn nalatenskap van die Hlaudi Motsoeneng-era is,” het Van Damme gesê.

Volgens haar beteken dit nie hulle hoef geen verantwoordelikheid te aanvaar nie. Die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, het boonop bekend gemaak dat die SAUK net voldoen het aan vyf van die agt voorwaardes wat die tesourie vir ʼn reddingsboei gestel het. Twee daarvan is gedeeltelik nagekom en een glad nie.

Die voorwaardes wat gedeeltelik of glad nie nagekom is nie, sluit in afsonderlike finansiële verslaglewering vir openbare en kommersiële uitsaaidienste, die identifisering van nienoodsaaklike bates wat van die hand gesit kan word, en die ontwikkeling van ʼn omvattende strategie waaraan die private sektor kan deelneem.

Van Damme het gesê die DA gaan vra vir meer inligting oor die voorwaardes wat wél nagekom is.

“Ons is bewus van die vyandige verhouding tussen die twee en om ons van die ware feite te vergewis, wil die DA graag die storie van al twee kante hoor.

“Die DA hou vol dat reddingsboeie net ʼn tydelike oplossing vir uitdagings is,” het Van Damme gesê.

“Ons gaan die saak met ʼn valkoog dophou.”

Die ACDP het intussen ook sy kommer oor die reddingsboei uitgespreek en sê die openbare uitsaaier het ook soortgelyke hulp in die 2018-’19-boekjaar gekry. Verkwisting het toe op R5,2 miljard gestaan.

“Die ACDP glo die vlak van oorsig deur die nasionale tesourie én die departement van kommunikasie móét verhoog word,” het die party in ʼn verklaring gesê.

“Vir veels te lank is staatsbeheerde ondernemings toegelaat om te verval tot vlakke van bankrotskap, sonder dat die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies en ander wetgewing afgedwing is om prestasie en finansiële verantwoordbaarheid te verseker.”

Die ACDP het gevra vir groter samewerking tussen die ministeries, die SAUK en die parlement om te verseker die enorme bedrag geld verdwyn nie net weer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KrokodilBotha ·

Eks baie seker die SABC sal nou uit die dood opstaan en sukses behaal. Ha ha

Trudie ·

Ek is seker hul gaan! ???????? oor drie masnde verder is daar weer niks…..kaders het voertuie nodig……

Martie ·

Dit maak my bitter kwaad. Hoeveel van die geld gaan weer direk in iemand se sak. Hoekom nie die geld gebruik om boere te help in droogte dele van die land nie en selfs vir hospitale wat nou n dood trap is. Jy gaan in n staats hospitaal in en heel waarskynlik nie weer uit nie. Baie swak diens en so vuil. Nie eers genoeg beddens nie.

George in Bloem ·

Nou kan die kaders weer bietjie asem skep en dan weer nader staan om hulle sakke vol te prop van die belastingbetaler se swaarverdiende geldjies. Die gravytrain se wiele is weereens lekker ge-olie en hy is weer op koers. Viva comrades!

hendrik ·

Soos Kobus in die volgende berig noem dat SABC miljarde kry maar boere kry net 30 miljoen vir droogtehulp.

Joon ·

Kan nie wees, droom ek 30miljoen vir boere wat hard werk om kos te produkseer en 3.2 miljard vir mense se plesier. Aikona sakabona iets drasties verkeerd

skurweberg ·

Die DA gaan die SAUK dophou, maar wie gaan die dophouers dophou. Niemand kan die belastingbetaler verkwalik dat hy hierdie tipe vrae begin vrae nie. Ons vertrou niemand meer nie, behalwe die wat deur hulle dade wys dat hulle omgee en meer en meer suksesse in die howe behaal wat die bang is om die skelms aan die pen te laat ry nie. Hulle wat nie noodwendig as politiekepartye geregistreer is nie, Hulle wat die toekoms van die land in die vooruitsig stel en nie nwil alle mense op die hart dra. Hulle wat nie alles net vir hulleself wil he nie, Maak jou kleuterskoolsom 1+1 =? Ek is daarvan oortuig dat die wat die aanstellings maak en bekragtig het, ook aan die pen moet begin ry oor hulle gebrek aan oordeel oor kandidate en onverantwoordelike motiewe. Ons hoor absoluut niks van hierdie groepe mense nie. Hulle kan nie net hulle aanstellings en mislukkings begrawe en aangaan met hulle lewe nie.

Gestremd ·

Reddingsboei????? Noem dit op die naam: BELASTINGGELD wat weereens in die bodemlose put gegooi word as gevolg van onbevoegdes soos SHLAUDI!!!!!

ZJ ·

Ek sten saam met jou. Die ANC het mos nou al oor en oor bewys dat hulle onbevoeg is om in leier posisies te funksioneer en te bestuur.

Essie ·

Hoekom so R3.2 miljard vir sauk gee ma die boer wat kos op die tafel plaas kry ma net n paar miljoen

Essie ·

Hoekom so R3.2 miljard vir sauk gee ma die boer wat kos op die tafel plaas kry ma net n paar miljoen wat is belangriker om kos te hê of n program wat niks beteken nie

Valkoog ·

Enige valkoog sal ook mettertyd sien dat niks gaan verbeter nie……

m ·

Nee valkoog, dis maar net om die propoganda masjien aan die gang te hou, en die massas happy te hou. Laat daai SAUK ding bakrot gaan dan hoef ons nie na die ANC se bla-bla-bla te luister nie!! En die volgende verkiesing mag hulle dalk surprise!!

Pieter ·

Wat se stappe asb wat dink hulle ons is dom soos hulle die land is grap man ons sit met n klomp goed wat nie eers graad een op skool klaar gemaak het nie maar hulle regeer die land dit is hoekom dit gaan soos dit gaan ses maande van nou af is daai geld weg

Sê-maar-net ·

Waar kom die baie geld nou vandaan? Uit die GEPF se Pensioenfonds? Dis nog die enigste spaarvarkie in die land – belastingbetalers se geldjie vir hul oudag. Hoekom betaal die miljoene kykers nie TV-lisensies nie? Ons het een jaar agter geraak weens goeie redes en hulle het ons ELKE dag gebel! Daar is ook programme wat hulle maar kan stop: Noot vir Noot en Sewende Laan het hul rakleeftyd lankal bereik! En dis maar twee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.