Nuwe regulasie vir bakkies

Argieffoto: Verskaf

Die Automobiel Assosiasie (AA) het gesê ʼn nuwe verkeersregulasie wat Donderdag in werking tree, is “ʼn stap in die regte rigting”.

Vanaf Donderdag, 11 Mei, ingevolge die Nasionale Verkeerswet, mag geen kind meer in die bak van bakkies of voertuie vervoer word in ruil vir finansiële vergoeding nie.

Volgens die AA is die nuwe regulasie ʼn stap in die regte rigting omdat dit die veiligheid van skoolkinders op die staat se veiligheidsagenda plaas. “Dit beteken ook diegene wat kinders vervoer met onpadwaardige voertuie of voertuie wat nie ontwerp is vir die vervoer van kinders nie, sal nou hul voertuie moet vervang of herstel,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die AA meen egter dat dié nuwe regulasie ook ʼn las op ouers plaas wie se enigste uitweg is om hul kinders saam met sulke drywers te laat ry. “Baie ouers het eenvoudig nie ʼn keuse nie; dis ʼn geval van gee jy jou kind toegang tot onderrig, of nie. Dis hoekom dit so noodsaaklik is om beter, betroubare openbare vervoer in afgeleë areas te kry,” lui die verklaring.

Die nommer 250-regulasie verbied ook die vervoer van ander, ouer mense in die bak van voertuie vir vergoeding, behalwe wanneer daar ʼn kap op die voertuig is en indien die passasiers nie naby enige goedere of gereedskap sit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

Leendert ·

Die sleutelwoord is finansiële vergoeding. Dus het niks verander nie. Kinders gaan nog steeds gratis agter op bakkies kan ry soos tans. Die woorde klink mooi, maar beteken niks.

Lynette ·

Maar Leendert, die meerderheid skiolkinders word tof teen betaling deur iemand agterop n bakkir na skole gery – die vestuurswr gaan dit tog nie verniet doen om ander menae ae kinders elke oggend skool toe te ry nie?

Annelize ·

Dink dis n baie goeie plan. As dit wel toegepas gaan word.
Net so voel ek die man op straat sonder lisensie moet ook nie ñ voertuig kan of mag koop nie. Al het hul die kontant.
Hoeveel mense besit voertuie maar het nie ñ lisensie nie….dit veroorsaak net soveel ongelukke.

Herman ·

Dit gaan baie plaaswerkers wie se kinders gratis weekliks skool toe en huis toe vervoer word, baie benadeel. Ek het begrip vir die wetgewing, maar weereens is dit die mense wat nie rerig dit kan bekostig nie wat die ergste benadeel word. Ek kry hulle jammer. Net ‘n klip in die bos.

Chri Smith ·

Dit is nie net betalende passasiers wat sterf agter op bakkies nie !!!
Geen passasiers moet agter op n bakkie toegelaat word as daar nie n canopy op die bakkie is nie.

fluffy ·

Geld die reel ook vir jou werkers , maw as jy goedere of gereedskap agterop het, mag hulle daar sit ?

Brian Williams ·

Lees die gedeelte weer aandagtig. Die gedeelte is tog baie duidelik

Piet Pompies ·

Geen goedere mag saam mense agter op ‘n bakkie vervoer word, tensy die goedere in sy eie kompartement is.

Marlie ·

Daar bestaan al reeds ‘n hele paar jaar ‘n verodening dat persone (geen persone; hetsy werkers of enige ander persoon) nie in dieselfde ruimte vervoer mag word as waarin daar gereedskap is nie ( dus, nie agterop, of agterin ‘n bakkie – met of sonder kap of in ‘n “panelvan” tipe voertuig of in ‘n “trokkie” tipe voertuig nie)

Nettie ·

Is dit net van toepassing op kinders? Of is dit ALLE mense – hier in die Hexrivier Vallei word mense soos sardiens in oop bakkies/trokke geprop met oestyd om die mense na/van werk en dorp toe/huistoe te bring. Die mense hang partykeer aan die agterkant van die trok. Baie van die trokke het nie eens reëlings nie, laat staan nou ingeboude banke of kappies/seile oor die trok. En jammer om te sê, maar Provinsiale Verkeer draai ‘n blinde oog!

phillip van dyk ·

die wet was nog altyd dat jy nie mense en gereedskap saam agter op n bakkie mag vervoer nie. daaarom vra ek die vraag hoekom mag jy nie n dubbel kajuit bakkie van tax eis nie, weens die wet is dit die regte voertuig vir die gevalle.

phillip van dyk ·

hopelik soos met hulle nuwe spoedgrens gaan hulle besef dat nuwe spoedgrens gaan geen verskil maak nie. polisieer die huidige spoedgrens behoorlik, selfde met die nuwe wet. polisieer dit. die wet was nog altyd dat jy nie mense en gereedskap saam agter op n bakkie mag vervoer nie. daaarom vra ek die vraag hoekom mag jy nie n dubbel kajuit bakkie van tax eis nie, weens die wet is dit die regte voertuig vir die gevalle.

Jan ·

So , as ek nou reg verstaan ! Dan mag jy nogsteeds mense/kinders agter op n bakkie laai solank jy n canopy op het en solank jy nie geld vra vir die mense nie ? Dit help mos nie veel nie.

Piet Pompies ·

Canopy bied geen beskerming in geval van ‘n ongeluk, dit is bloot om jou teen ongure toestande soos reen, wind en koue te beskerm. In kort, dieselfde reel geld vir ‘n bakkie met of sonder ‘n canopy.

Mauzi ·

Wil sien hoe haalbaar is hierdie plan…voertuie mag nie ouer as 12jaar wees nie, bestuurders moet in besit van eerstehulp sertifikaart wees,bestuurders moet gevorderde bestuursklasse gedoen het…bla bla bla. Elke kind moet n veiligheidsgordel he…dit wil ek nog sien

Ja kyk ·

Ja kyk dis nie die boere se bakkies waarvan hier gepraat word nie . So laat hulle maar hierdie wet ENFORCE Op hulle eie supporters .binnekort brand nog ‘n paar huise, hierdie keer die ouens wat hierdie wette gemaak het s’n.

Nico ·

Volgens die nuwe reels mag jy streng gesproke nie eers ‘n ‘toolbox’ saam met mense agterop ‘n bakkie laai nie. Slegs hul persoonlike bagasie.

Linda van Eeden ·

Wel Nico, ek laai anyway eerder.my toolbox op voor ek mense dan oplaai.

MARYKA ·

Ek verstaan nie so lekker..hoekom.mens nie mense met ander gereedskap op n bakkie se kap mag vervoer noe ?

Stefan ·

Dit sal nooit werkbaar wees indien werkers nie agterop ñ bakkie mag ry nie. Die meeste kleinsake ondernemings kan nie bekostig om ander vorms van vervoer as juis ñ bakkie te gebruik nie en die werkers moet op “site” kom.

cor ·

Stefan gaan maar na enige groot instelling , fabriek, myn of soort gelyke plekke en as jy personeel agter op het g aan jy maar huis toe. Personeel mag net op sulke persele binne in ‘n voertuig met veiligheidsgordels vervoer word m.a.w. n Dubbel Kajuit bakkie , kombi of bus .

Jack Russl ·

Ai cor, Stefan praat van kleinsake ondernemings. Daar is baie kleinsake ondernemings wat nie naby groot instellings gaan nie. Hulle is die besighede wat geraak gaan word.

riana ·

Sorg net dat daar n kappie op is. Ek het nou die dag verby n bakkie gery en was oor laai met mense en geen beskerming nie. Ons wat agter sulke bakkies ry wat gebeur as iets voor hom gebeur en een val af en beland onder mens se kar dan het ons jare se drama.

So die besighede vat ook groot kanse en dink nie daaraan nie.

Jan ·

Goedere of gereedskap mag seker as wapens gebruik word, dis hoekom hulle na daaraan mag sit nie.

Lynette ·

Jan – nee, sekerlik mag daar nie gereedskap by die persone agtero die bakie gelaai word nie omdat gereedakap in dodelike projektiele verander tydens n botsing of ongeluk….

Jack Russl ·

Jan, stel jou net die situasie voor waar persone agter op ‘n bakkie sit en dit kom in ‘n botsing. Daardie gereedskap gaan beslis nie op dieselfde plek bly nie en het die potensiaal om mense ernstig te beseer.

Johannes van Staden ·

Blablabla alles net op papier niemand gaan hulle daaraam steur nie ….soos met alles hehe

Lynette ·

Nikki – Dieselfde peanut wat die K53 reels uitgedink.het – dis onmoontlik om wanneer jy by n stopstraat stàan, jou handrem op te trek, en dan wanner jy weer wil ry, eers 5 “kyke” te doen, dan die handrem laat sak, vorentoe beweeg en weer 3 kyke te doen….dit sal alle verkeer tot stilstand being as alle bestuurders dit sal doen!

Neels ·

Hoe oud is ‘n kind?
En indien hulle gratis in die bakkie ry, dan sal hulle niks oorkom nie!!!

Punt is: daar is nie veiligheidsgordels agter op ‘n bakkie nie! Nog minder ‘n dak.

Hoekom moet ons dan in motors ‘n veiligheidsgordel dra?!

‘n Stap in watter rigting? Dis dom/onnosel.

Jack Russl ·

Ek stem dat dit onnosel is om dit van toepassing te he as daar vergoeding is. Meeste gaan voorgee dat hulle nie vergoeding ontvang nie.

Om te vra hoekom jy dan ‘n veiligheids gordel moet dra maak net so min sin. Ja, dit is gevaarlik om agter op ‘n bakkie te ry en daar is nie veiligheids gordels nie, maar dit verander nie die saak dat die motor se veiligheidsgordel daar is om jou te beskerm nie.

Baie van die wette wat ingebring word is nodig. Die probleem is dat dit (saam met die ou wette) nie behoorlik toegepas en beheer word nie, maar eerder gebruik word om die persone wat dit moet toepas ryk te maak

Vryheid ·

Belaglik. Agter sit op n bakkie bly maar gevaarlik maar wat van ons wat elke dag goedere en mense vervoer op bakkies. Ek is seker dat daar meer mense beseer of gedood word in taxi’s as op bakkies. Die regulasie is gesaai met kontroversie.

Lynette ·

Vryheid – Jy vervoer tog nie jou werkers teen finansiêle vergoeding nie? Maar ten spyte van die.”teen finansiële vergoeding” klousule, is dit steeda kortsigtig…

T ·

Jippie! Veiligheids gordel is n groot vereiste. Dit moet kan vasmaak.

C op C ·

Ek sien in my geestesoog stringe mense langs die pad loop in wind en weer om by hulle bestemmings te kom. Medemenslikheid met suiwer bedoelings daarmee heen. So word goeie verhoudinge met nog meer regulasies versuur. Kortsigtigheid!

Scalla ·

En as die bakkie tralies op het, watter nar het die uitgedink, ek wil nou dubbel kajuit bakkies koop vir die vervoer van my klomp werkers, ek sal seker geregtig wees om die btw terug te eis vir die kapitale uitgawes vir die besigheid, daar is meer belangrike aspekte wat aandag moet geniet.

Marina ·

Scalla, SARS beskou ‘n dubbel kajuit bakkie nie as ‘n werskvoertuig nie. Jy sal nie BTW daarop kan terug eis nie, al is dit om werkers te vervoer. As jou besigheid nie val in ‘n transport kategorie wat mense vervoer nie, sal jy selfs nie eens ‘n bussie se BTW kan terug eis nie. Die boere gemeenskap moes skerp aanpassings maak op die vervoer van hul werkers teen ‘n geweldige koste. Die ‘annerlikes’ wat dieselfde pad gebruik betaal net ‘n bribe geldjie en dis klaar. Boere word sterk beboet as jy nie volgens die regulasie werkers vervoer nie (en die verkeersbeamptes is ELKE dag op dieselfde roete om seker te maak hulle beursies bly vol)

cor ·

Die verkeers owerheid se jy kan personeel vervoer met n tralie of staal canopy, glasvesel canopy beskerm nie mense nie, ook moet jy n waentjie saam sleep vir gereedskap en los materiaal. Jy kan ook nie Btw. terugeis op ‘n Dubbel Kajuit nie , maar wel op n Ekstra Cab maar daar mag jy nie mense in daardie gedeelte vervoer nie. Kyk ook maar op jou voertuig lisensie skyfie, daar staan gewoonlik net 2 of 3 persone. So waaroor huil julle almal dit is al lankal wet wat nie toegepas word nie, net soms as daar omkoop geld by betrokke kan wees.

C op C ·

Meer mense wat sal moet stap. Meer voetgangers langs paaie. Veiligheidsrisiko. Ag nee wat, hierdie nuwe regulasies getuig van kortsigtigheid.

Scalla ·

Lynette, ek stem saam met jou wat die vergoeding aanbetref, lees weer, ek noem van veetralies op n bakkie en tans kan jy nie btw terug eis op n dubbelkajuit bakkie nie maar wel op n club en enkelkajuit bakkie, kan jy my dalk sommer antwoord?

Rupert Ashford ·

Stap in die regte rigting. ‘n Bakkie se bak is nie gemaak om mense te vervoer nie. Maar hierdie is Afrika so daar is uitdagings mbt vervoer van mense. Die dat hulle die “teen vergoeding” klousule ingesit het. Hulle probeer “bakkie taxis” van die pad af kry. Maar sterkte met die uitvoerbaarheid van die plan.

snoefie ·

nes die “bestuur te alle tye met hoofligte aan” en as jou rybewys sê kode 10 dan mag jy net kode 10 voertuig bestuur, sal hiervan ook dadels kom. die nuwe minister van vervoer reken seker nou hy het sy merk gemaak. hy sal nou as n toegewyde ek hoigs geletterde spiertier gesien word. verder, lees asb en neem in wat julle lees. passasiers, gereedsksp en goedere mag saam agteroo vervoer word, solank die passasiers nie baby die goedere en gereedskap sit nie.

fluffy ·

Wie het wat gerook hier ?? Maw, as ek ‘n werk moet gaan doen bv 90 km uit die dorp dan moet ek nou my mense en toolbox apart aanry ? Dit beteken dit sal my 4 ure neem om hulle met die tools aan te ry en weer 4 ure om terug te ry….

Bossie ·

Lynette, hy praat oor sy toolbox wat saam met die mense vervoer word.

juan ·

ek sien baie boetes wat kom hahaha
so instalasies gaan nou dubbel die tyd vat as gewoonlik aan gesien n mens dubbel moet ry

Who cares ·

Dit beteken maar net werkers en skoolkinders mag glad nie meer agter op bakkies ry nie (want die grassnyers van die dienste waarby hulle werk mag nie meer saam met hulle agterop die bakkie staan nie), hulle gaan nou maar MINIBUS TAXIS moet neem in die oggende .. .. who cares?

Steve ·

BYE BYE SMEs… BYE BYE school attending figures and at the same time the govt and Toyota are hoping for increase sales in closed transporters for staff…

Rosie ·

Die AA moet asb tog ook omsien dat skoolbusse waarin tot 64 skoolkinders in kan sit, asb tog toegerus word met veiligheidsgordels! Elke dag vervoer busse n groot hoeveelheid kinders en niemand kan veiligheidsgordels dra nie, want daar is nie so iets in skoolbusse nie!

japie ·

Minsteriele regulasies is ondergeskikte wetgewing. Minster het volle regulasie bevoegdheid interme van die magtigende wet. Magtigende Wet is oorspronklike Wetgewing. Regulasies kan deur howe getoets word minster se optrede is ongeldig. Parlement mag nie n wetgewer magtig wette van dis parlement te wysig of te heroep nie.

Karin ·

Wonder net of die wet ook gaan gelsig wees vir die plaaswerkers en konstruksiewerkerkers wat soms tot ‘n 100 agterop ‘n oop vragmotor of trekker met sleepwa vervoer word.

Chnel ·

Lees weer “@vergoeding” of betaal hul almal om so vervoer te word?

Cherokee ·

Vergoeding is wel ter sprake want die werkers word vergoed. En die rit op die sleepwa is deel van die byvoordele.

Neels ·

Belaglik. Hier word verwys na kinders en ou mense – en diegene tussen in? En die beperking is net geldig indien dit teen vergoeding gedoen word – so, andersins is dit toelaatbaar?
“Canopies” bied geen beskerming in die geval van ‘n ongeluk nie.
Die breë bevolking het in elk geval wetteloos geraak en sal hulle nie hieraan steur nie en ander sien nog ‘n geleentheid vir omkoop!

Carel Olivier ·

Gee my raad asb. Ek is n boer wat groente na my kliente vervoer. Het n raamwerk op my bakie. Het dis ook n familie lid wat altyd saam my ry. Mag my werker nou glad nie meer agter op sit nie?

Chnel ·

Betaal die werker jou om saam te ry want soos ek dit lees is dit van toepassing op passasiers wat betaal vir die vervoer?

zahn ·

Hierdie reël gaan nie in die praktyk toegepas word nie. Ek voorsien dat dit slegs geimplimenteer gaan word wanneer ‘n ongeluk plaasgevind het, maw net nog ‘n stok om die eienaar van die voertuig mee by te kom. Die reël is absurd, lomp, onsamehangend opgestel, en enige regsverteenwoordiger wat sy sout werd is, sal dit kan omseil. Glad nie iets om oor opgewonde te raak nie.

Jan ·

Hierdie is sommer bog,wie gaan dit polisieer,daar is nou nie eers genoeg beamptes om die gewone padreels te polisieer nie . WHAT A JOKE ……….

Magda ·

As almal net die Pad reels en Regulasies volg sal alles uit werk – maar almal wil altyd oor alles kla, maar as daar reels neer gele word – dan is dit dit en dan wat nie gaan werk nie , Padreels moet baie streng toegepas word dan sal al die onnodige ongelukke en sterftes minder wees.

Madaleen ·

Jy preek nou vir die verkeerde mense hier is nie METRO COPS hier wat die verkeersreels kan toepas nie .. stuur jou petisie SOONTOE.

Chantal ·

So as jy n tuindiens het en jou werkers gratis vervoer gee vanaf die lokasie tot by die dorp gaan jy dit ook ni kan doen nie?

Chnel ·

Artikel sê dan van toepassing indien @vergoeding of verstaan ek verkeerd?

m ·

En ook is daar gese om nie op n selfoon te praat terwyl jy bestuur nie en tog sien jy elke dag hoe mense dit doen. Niemand gaan hierdie reel toepas nie totdat daar n noodlottige ongeluk is en dan daaroor wil huil.

Chris ·

Dit is vir my byna ongelooflik dat die mense in Afrika nog nie by Toyota sê Hoofkantoor in Japan gaan betoog het teen rassisme nie. Die meeste voorvalle waarin mense tydens voertuig ongelukke (bakkies/trokkies/lorrietjies) noodlottig gedood is, is Toyota meeste gevalle betrokke. Kyk na die rebelle oorloë op die Afrika vasteland. Elke rebelle leier koop en laat ‘n geweer op die bak monteer. Toyota is maw vir die grootste menseslagting op die vasteland verantwoordelik.

Scalla ·

Chris, dit is hoekom Toyota die perd uit hul ” badge ” verwyder het, verkope het toe weer gestyg, dit het sommiges aan die boere oorlog laat dink en die taxis het meer doodgemaak as die oorlog.

Kaspaas ·

Net een woord en dis idioties. As daar geen finansiële vergoeding is nie dan is dit veilig om agter op n bakkie te ry. As daar finansiële vergoeding is dan is dit onveilig. Baie slim mense wat sulke idiotiese wette uitdink want eers aan die einde van die rit gaan geld gevra word en so was die padsasiers dan VEILIG vervoer.

CVR ·

Wat gebeur in die geleentheid waar jy n tuindiens het en werkers agter op bakkie vervoer?

Chnel ·

Betaal jou werkers jou om vervoer te word want soos ek verstaan is dit slegs van toepassing waar passasiers teen vergoeding vervoer word?

Jean ·

Hoekom net teen vergoeding? Verbied heeltemal die kinders agter op ‘n bakkie op ‘n nasionale pad. Ek praat nie van plaaspaaie waar die kinders altyd ry nie .. maar haal die kinders af van bakkies af as daar nie kappies op is nie. Julle kan altyd die SIMPELSTE regulasies maak. Neem ‘n boer nou weer ‘n werker se kind agter op ‘n bakkie dorp toe (gratis) en hy spring af is daar weer MOORDSAKE . .neewat . dit is ‘n SIMPEL regulasie wat GEEN dood gaan keer nie . met of sonder vergoeding .. hoekom sal die kind iets oorkom as hy vergoeding betaal, maar as dit VERNIET IS (soos die regering wil he alles moet wees) is hy veilig agterop die bakkie?

Mabula ·

Oi die ZIONISTS gaan sukkel volgende paasnaweek. Paasnaweke ry ALLES wat wiele het .. Pietersburg toe .. met of sonder ‘n kappie, met of sonder ‘n stuurwiel, oorlaai tot op die as .. agter op die bakkie . .bo op die waterkanne en matrasee agterop die bakkie . smaak my nie hierdie wet gaan net die wittes bykom nie .. die ZIONISTS se byeenkoms volgende jaar gaan met 30% verminder …

sonja van rensburg ·

Hul sal wel n manier vind om dit weer te ondermein soos n omkoop geld wat betaal word soos hul mos maar gereeld maak

Ai hoe lag ek nou! ·

Ai ek het lekker gelag vir party kommentare. Die “wet” maak beslis nie sin nie. M.a.w. soos baie hier noem as mense moet betaal mag hul nie agterop ry nie, want dan sal hul iets oorkom, maar hul mag wel verniet ry? Sal hul dan nie iets oorkom nie? HOE maak dit sin! Klink voorwaar na ‘n gekkespul!

cor ·

Hierdie regulasie is net vir betalende skool kinders, verder mag die bakkie oor ‘n naweek vir n begrafnis oorlaai word want hulle betaal nie. Ja jy mag ook nie mense in ‘n hok agterop laai nie en moet nie eens probeer om iemand langs die pad agterop te laai en vra vir ‘n brandstof donasie nie dit is teen die wet.

Valerie ·

En vra jou passasiers wat GRATIS ry om NIE van die bewegende voertuig af te spring nie. Dit is ONVERANTWOORDELIK en kan slegte gevolge hê.

p steyn ·

jammer soos ek verstaan is daar net” 2 persone” in n bakkie geldig en” goedere op die bak” dit staan op die lisensie skyfie so ” party moters 7”’ party 5 ”’ so weet nie waar oor is al die bo haai en wette nie

Justice ·

Wat jy ookal doen moet net nie vir die persoon `n kwitansie gee nie.

Dafer ·

Mense, mense, mense!
Dink ‘n bietjie verder, asseblief!
Die volgende wet gaan jou verplig om mense wat langs die pad loop op te laai, in plaas van met jou kar leeg te ry! Jy gaan mos in daai rigting!

Ettienne Pel ·

‘n Bakkie soos ons dit almal ken, is in terme van die Nasionale Padverkeerswet ‘n goedere voertuig, beter bekend as n Ligte Aflewerings Wa. Ongeag die huidige nuwe wets omskrywing, verander dit GEENSINS die veiligheid van passasiers agter op n voertuig wat oop is nie. Die padverkeerswet bepaal verder, daan geen gedeelte van ‘n persoon, mag buite die voertuig wees nie. Dan verder, as daar ‘n Canopy op is, is die Canopies deur die SABS getoets waar dit in ‘n botsing betrokke is waar die voertuig rol? Daar is geen waarborg dat die vervoer van passasiers agter op ‘n oop voertuig, sal lewe na ‘n botsing nie. Ja, inderdaad is jou kanse van oorlewing beter binne ‘n voertuig wat gebou is deur ‘n handelaar, en wat homologeer moet word alvorens dit op ons paaie mag ry, maar op die ou einde, gaan dit meer oor die padwaardigheid van ‘n motor voertuig, asook die verantwoordelikheid van die bestuurder van so ‘n motor voertuig. Ons moet dalk begin kyk ook na die klosules in die polisse van versekeraars. Is dar wel dekking al dan nie in sulke gevalle? In my opinie, hoort GEEN passasiers agter op ‘n LAW nie. Pad veiligheid is die verantweeordelikheid van elkeen van ons.

Chnel ·

M.a.w. boere wat weerskante van openbare paaie boer of van een plaas na ‘n ander slegs vir ‘n paar km op ‘n openbare pad moet ry met werkers en ander kontrakteurs soos sê maar tuindienste moet almal minibus taxis koop om die werkers net vir paar km te vervoer.

Magda ·

En wat gaan dit help? Niks want hoe bewys jy iemand het geld ontvang.. of nie? Ek het net begin bly raak toe ek sien daar is nuwe wetgewing… het gehoop dit is iets soos maksimum spoed vir bakkies is bv 100- nie dat enige wetgewing oor spoed ens gehoorsaam word nie. Busse en sekere trokke se maksimum spoed is net 80 of 100 km /h maar dit word nie gehoorsaam nie. So net nog n geldmorsstorie , dit baat niemand nie!

Chark ·

Daar word niks gese van n kap op die bakkie nie net van die hoogtes van die bak vir mense wat sit en dan vir staande n beestralie tel ook as beskerming. Want as dit nie so is nie gaan ek n paar werkers verloor want dan kan ek hulle nie meer gaan haal nie dan moet hulle maar die 20km stap oggend en aand so 40 n dag.Hoeveel werkers sterf n jaar agterop boere se bakkies beheer eerder die taxis en ja hou die kinders van die bakke af.

LEES HIER ·

oooo jinne wat van die mense wat tuindienste bedryf? Dis mos logies die span werkers is agter op die bakkie saam met die grawe, harke, grassnyers ens. Oh my soul, hoe moet hulle maak?

WENALO ·

Ja weet jy, die mense wat die wette maak is nie die mense wat die taak moet uitvoer nie .. So maklik om uit die hoogte hierdie besluite te maak. Na my mening is tuindienstewerkers niks meer in gevaar as mense in ‘n minibustaxi nie. Hulle dink hulle maak dit moeilik vir wittes en omdat black lives nou die enigstes is wat ‘matter’ word hulle nou oral teen wittes en uitbuiting beskerm (tog nie teen swart uitbuiting deur taxis nie). Wel dan moet hulle maar almal nou net verstaan dat die ANC hierdie wette ingebring het en dat hulle van nou af self by hulle werksplekke moet kom. Die eienaar kan dan net met die implemente na die volgende perseel toe ry en die werkers moet of loop of taxi vervoer gebruik . dit is so maklik soos dit. EK dink hulle was al die jare bederf, ten koste van die gevaar wat dit vir die BESTUURDER inhou, so ja . dra nou die risiko self en stap na die volgende huis of kry ‘n taxi wat vir julle wag sodat julle kort kort kan opklim en saamry teen R36 ‘n trip.

DM ·

Wat van ‘n paneelwa?
Ek sukkel my as af om ‘n sitplek en vensters te kry en ek het net die 1 voertuig na my ander verkoop is agv te veel meganiese probleme?
Ek het 3 kinders wat ek saam met my dogter optel by die skool en aflaai oppad terug werk toe teen geen vergoeding nie. Dis ouers wat nie ‘n voertuig of die geld het om te betaal vir ‘n taxi nie.
Ek ry net in die dorp met die ander kinders en dan slegs my eie as ons ver moet ry…
Kan ek die ouers vra om ‘n onderneming dat ek hul nie geld vra nie en indemnity te teken as bewys?

Chris Smith ·

Ai mense !
Regstegnies is die eienaar En die bestuurder aanspreeklik vir alle passasiers binne in die bakkie of agter op die bakkie..of hulle nou betalende passasiers is of all dan nie.
Ouderdom kom nie ter sprake nie En die wet versus nerens na n kappie( canopy) nie.
Gaan lees gerus die Pad Ordinansie Wet.
Indien iemand in die motor / of agter op die bakkie sal sterf, as gevolg van n ongeluk, sal die eienaar/ bestuurder aangekla word van Manslag.

Ticket ·

SMAAK My net as hy betaal het .. as dit mahala was is dit fine?

Baloo ·

Ouers laat hul kinders voor op hulle skote in motors, kinders staan ook op agter sitplekke en hang by vensters uit. So bakkie, motor wat ook al, dis die bestuurder se plig om te sorg passasiers is veilig, of jy nou betaal of nie! Deesdae maak dit ook nie saak wat jy ry nie, want al vat jy jou kinders skool toe in n tank, sal die taxis jou nog steeds in lewens gevaar sit met hul barbaarse bestuurs wyse!

Adrie O'Reilly ·

Die wet bepaal ook dat kinders onder 5 in n gepost karstoeltjie vasgemaak moet wees. So kinders onder 5 mag agter op n bakkie ry solank dit verniet is. Dit is belaglik. Volgens my moet kinders glad nie agter op n bakkie ry nie. Of dit nou n canopy op het of nie en of dit nou vernier is of nie. Plaas begin hulle eerder die bestaande reels toepas want ek sien steeds daagliks mense ry met kinders wat nie vasgemaak is nie.

PIET VAN JAARSVELD ·

BAIE GOEIE PLAN—DIE VRAAG IS NET —GAAN DIE WET TOEGEPAS WORD OF NIE

Tiger ·

Ons land het baie goeie verkeerswette waarvan weinig toegepas of afgedwing word.Ek wil sien hoe dwing die veerkeersmanne die een af!Dis woorde in die wind !Wat ek wel weet is die dae is verby vir ‘n blanke persoon om ‘n swart persoon agterop sy bakkie te vervoer vir watter rede ookal want val hy af het jy ‘n moordklag teen jou en jarrrre se probleme tot in lengte van dae.

Frans ·

‘n Bakkie is nie bedoel vir passasiers. Dis gevaarlik sonder ‘n canopy en met een op, as die ventilasie nie goed is, kan jou passasiers stil doodgaan van die uitlaatgasse wat van agter onder deur die klap ingesuig word.

EK sou kon doen met 'n miljoen ·

Ag asb regtig . ons verstaan almal die gevaar van passasiers op bakkies maar wees asb tog net realisties ook. Jy praat omdat jy elke dag alleen met jou 4×4 werktoe ry na jou airconditioned kantoor, met die dik matte en mense wat vir jou koffie aandra. Hierdie is die werkende klas, mense wat elke dag stoei om ‘n inkomste in te bring en nie meer as een voertuig dalk KAN bekostig om sy werkers aan te ry om tuindienste of handy man werkies te verrig nie. Dit is hoekom die ANC Steeds se die geld is in die hande van die WITTES< omdat rykes altyd hulle monde uitspoel oor ander, omdat hulle dit net van hulle kant af sien .. koop mos 'n minibus taxi uit jou agtersak uit ne? Die middelklas is nie so gelukkig nie. Ek ondersteun die ANC se voorstel om rykes NOG MEER Te belas 100% dat julle bietjie aarde toe kom … Dink bietjie aan mense wat nie so bevoorregd is soos julle nie, maar nee, die arrogansie straal uit julle uit . … Ek stem vir 'n kappie, dit kan mense maar doen om hulle werkers veiliger te maak en van die natuurelemente te beskerm, maar wragtie . julle het dit maklik!

Haantjie ·

So ja .. ek dink regtig boere moet nou ophou om hulle werkers te bederf deur hulle agterop die bakkies te vervoer, veral as hulle in die moeilikheid kom as iemand afspring of beseer word. Se vir hulle van nou af dat dit alles OP HULLESELF is, want daar is te groot consequences vir boere of besigheidsmanne wat hulle werkers agter op bakkies vervoer.. Se dus maar vir hulle op watter perseel hulle wanneer moet aanmeld en dan moet hulle sorg dat hulle met openbare vervoer daar kom . dit is mos dan reg so of gaan iemand nou weer ‘n eier le?

Bulla77 ·

As die voertuig waarin jy agter sit met n glasvesel kappie rol is jy in groot moeilikheid , as daai glasvesel breek sal jy gesny word deur die skerp punte en rante . N glasvesel kappie bied beskerming teen weer en wind maar na my mening is gevaarliker as n oop bak waar die voertuig rol. Verder is ek nou effe duister oor wat wettig is of nie. Ek het n trokkie en doen baie lokale trekke met meestal kort afstande, mag van my werkers agter sit in transito ?

Deon ·

Iemand het nou nie mooi gedink oor hierdie wet nie. Kan maar net lag soos vir al die ander goed wat vir mahala in die wetboeke opgeteken staan. Hierdie sal ook seker maar weer net ‘n slaanstok word vir die uitgesoektes tussen ons.

Frans ·

Wat is die regulasie op club cabs? Ek mag iemand (famielie) agter laat sit met n kappie maar nie in die cab nie? Ek is onseker oor dit. Help asb.

Johann ·

Absurd. ‘n Glasvesel kappie op ‘n bakkie maak geen (nul) verskil as die bakkie rol nie. Oud of jonk, as jy in enige ongeluk is en jy was agterop ‘n bakkie, is jou kanse om nie beseer te word nie (of erger) ontsettend skraal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.