‘Nuwe regulasies kan dalk entstof verplig’ – ACDP

May Parsons gee ‘n entstof van Pfizer-BioNtech aan Margaret Keenan (90). (Foto: Jacob King/AFP)

Die African Christian Democratic Party (ACDP) is bekommerd dat nuwe wysigings aan die Rampbestuurswet aanleiding daartoe kan gee dat Suid-Afrikaners teen hul wil ingeënt word.

Nuwe regulasies wat in die Staatskoerant geplaas is, maak voorsiening vir die regering om enigiemand vir 48 uur in die kwarantynfasiliteit van die regering se keuse aan te hou en vir Covid-19 te behandel, waarna ʼn hofbevel bekom kan word om die persoon langer aan te hou. Dit geld spesifiek vir mense wat positief getoets het vir Covid-19 en simptome van die virus toon.

Die ACDP sê nou die regulasies kan moontlik ʼn voorloper vir ʼn beleid van verpligte inenting wees. “Hierdie regulasies plaas Suid-Afrika eensklaps in ʼn tirannieke regime soortgelyk aan dié van die apartheidsregering, waar Suid-Afrikaners se basiese menseregte vertrap word.”

Die party meen die verwysing na “behandeling” in die regulasies kan moontlik na die entstof verwys, aangesien dit die enigste erkende behandeling van die koronavirus is. “Die entstof is nog in ʼn eksperimentele fase en word deur baie Suid-Afrikaners van die hand gewys.”

Die party benadruk dat alle tekens daarop dui dat Covid-19 al hoe meer soos ʼn gewone griep word, asook dat lande soos Engeland reeds die meeste van hul Covid-19-regulasies afgeskaf het. “Dis kommerwekkend dat ʼn hof Suid-Afrikaners kan dwing om hulle te laat inent en te isoleer.

“Die ACDP doen ʼn beroep op die minister van samewerkende regering en tradisionele sake om die soveelste wysiging aan die regulasies te verander en sommer die hele ramptoestand op te hef, aangesien dit reeds verby sy rakleeftyd is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

VaalDonkie ·

Dis gevaarlik om die inenting vir iemand te gee wat tans COVID onder lede het. So ja, hulle sal dit seker doen.

Madeleine ·

Hul Sal jou nooit Kan dwing om te gaan sit vir n entstof nie MAAR die prys wat ons gaan beter as ons dit weier Sal hoog wees.
Nie als voorspel in die Woord?

Thom ·

Nee , nie voorspel in die woord nie en die ” einde ” is nie naby nie !

MakersMark ·

Wys ons waar wetgewing ivm inentings in die woord voorspel word.

Marius ·

Dit wat nou aangaan oortref enige ongeregtighede van die verlede en is dit eng om dit met apartheid te vergelyk. Apartheid het nie mense verbied om te lewe, te werk, uit te eet, sosiale byeenkomste by te woon, troues en -, begrafnisse by te woon, maskers te dra en forseer om eksperimentele inentings te vat nie. Die is blatante en openlike onderdrukking.

Nie Verbaas ·

En so probeer die ou ANC regering maar net weer om te wys wie is baas want deur hulle korrupte en onbevoegde dade het niemand n greintjie respek nie.

MakersMark ·

Dis heeltemal belaglik om te probeer om wetgewing mbt inentings te vergelyk met apartheidswette of om dit as ” erger” te probeer weergee. Dis totaal absurd.

Renier johannes ·

Hier kom groot probleme vir die land klaar bankrot so neuk maar aan

Misky ·

Dankie tog en ACDP redeneer nog logies en nie soos iemand wat gebreinspoel is nie.

RB ·

Kortsige, halwe waarheid.
Almal kan versrei – ge-ent of nie.
Ent is nie die probleem. Entstof is die probleem.
Natuurlik sal die media nie volle waarheid openlik aan die klok hang nie.

Gebruik jou vingers en gaan soek dieper na kundiges wat NIE TE KOOP is nie. Hulle sal jou die waarheid meedeel. Geleerde wetenskaplikes, mediese dokters, en so meer.

Mens wonder oor elke persoon wat so histeries raak oor ‘mensereg om beskerm te word teen onge-entes’. As jy ent, is jy mos veilig, of waarom ent jy?
As jy nie wil ent nie, dra jy mos die risiko.
Leef en laat leef. Maak soos jy smaak. Laat ander toe om diè demokratiese voordeel ook te gebruik.

MakersMark ·

So al die medici wêreldwyd wat inentings voorstaan is “gekoop” volgens jou ? Snaaks selfs van die wetenskaplikes wat jy so hier aanhaal is oorlede aan CV19.

Thom ·

Is die ” kundiges wat nie te koop is nie ” , nie feitlik deur die bank geskors weens wanpraktyke en of publikasie van ” navorsing ” wat nooit plaasgevind het nie ?

Jacobus ·

Hier is ‘n semantiese begrip. Geënte persone hou groter gevaar vir ongeentes. Die krux van saak is die sogenaamde druk wat op mediese fasiliteite (afgeskeep deur regering) geplaas word. Onderskei ook aub tussen beskerming wat vaksiene behoort te voorsien en die huidige hoogslonende konkoksie.

battleaxe ·

Hoekom hou vaxxed mense groter gevaar as in-un-vaxxed? As ek ‘n griep inspuiting kry soos duisende mense elke jaar en jy kry griep, is dit ook my skuld? Jy laat sekerlik jou baba en kleuter laat inspuit teen kinderziektes? Is dit ook ‘n konkoksie?

Johan ·

Dis nou as medisie hul sin kry, hul moet hul uit politiek hou en hul bepaal by wat hul dink hul kan doen….vêr van my af.

VaalDonkie ·

Polio het nie elke ses maande ‘n “booster” nodig nie en boonop gee die inspuiting jou totale immuniteit. Maar in elk geval, “Dr”, waarom is jy met jou drie spuite bang vir my? Werk jou boostertjie nie?

MakersMark ·

As jy ‘n bankrekening of selfoon het is jy nie vry nie. Kyk maar weer braveheart…..

annie ·

Medici en politici se breine het vasgeslaan weens covid. Ander erge kwale word totaal afgeskeep, bv vigs. SA se nuwe mostert-na-die maal entstoffabriek wat uiteindelik die resep van Moderna in die hande gekry het gaan die doring in ons vlees word want Afrika gaan dit nie koop nie nog minder die buitewêreld.

Jaco ·

Kan ons net almal asseblief ingeënt word en klaarkry? Dit slaan my dronk dat die grootste lawaaimakers teen inënting OOK die grootste lawaaimakers teen inperking is. Dit maak nie sin nie. As jy wil hê inperking moet weg, sal jy mos juis gaan vir inënting omdat inperking sal stop sodra almal ingeënt is. Of mis ek iewers iets?

Delia ·

Neeee…ek is met kanker gediagnoseer. Besig met bestraling. Jaco Kan jy my waarborg Dat die inspuiting niks gaan doen aan my reeds abnormal tumor Selle.
Ek wens mense Wil ophou met hierdie ” blanket approach. Ons is mense nie blik soldate

Bushy ·

Lawaaimakers????, Ek dink eerder jou koppie raas, dis wat jy heelwaarskynlik hoor.

Marius ·

Ek dink jy moet eerder weer gaan dink miskien sien jy die lig.

Di ·

Dis deur hierdie MAGS behepte spul dat als ten gronde is. Wil als beheer en reguleer tot in die afgrond in. ALLES waaraan hulle vat verander in ‘n gemors, kyk maar net om jou rond hoe lyk hierdie land! Wil sien hoe dwing hulle “our people” wat teen die inentings gekant is. Gaan weer opeindig in plundering soos in Julie. ALS word moet vernietig as hulle ontevrede is.

MakersMark ·

Stem saam elke grassnyer mechanic of swembad water expert is skielik ‘n viroloog…..en die plaastelefoon of bostelegraaf die studie media.

Di ·

Dis als ‘n “money making business” Mense maak biljoene uit hierdie entstof, daarom word booster op booster nou ook “geimplimenteer” en gaan aanhou tot in lengte van dae. Sekere mense word skatryk hieruit.

Herman ·

Okay, weer eens verduidelik my gou gou. Se maar ek is inge-ent. Hoe help dit my as ek positief getoets word met covid. ( 48 uur in die kwarantynfasiliteit van die regering se keuse aan te hou en vir Covid-19 te behandel, waarna ʼn hofbevel bekom kan word om die persoon langer aan te hou. Dit geld spesifiek vir mense wat positief getoets het vir Covid-19 en simptome van die virus toon.)

Samuel ·

Hierdie drakoniese maatreëls sal seker nie op our people van toepassing wees nie? Vra net.

Genis ·

Nieman gaan n naald in my indruk nie… Daai ou sal baie sterk moet wees… Bloei sal hulle bloei….

Thom ·

Niemand gaan hulle hande bemors nie __ jy is veilig teen die ” naald ” . Sjoe en jy is seker BAIE sterk !? Skoolverlater op 14 ?

Jacob ·

Elkeen mag nie ‘n mediese kenner wees nie, maar slegs ‘n persoon met toegang tot inligting en ‘n gesonde verstand om te weet wat reg en verkeerd is.

Dr Ryan Cole, ‘n vooraanstaande medikus stel dit onomwonde dat kanker by mense wat inge-ent is die hoogte inskiet omdat T-selle kanker in toom hou en die mRNA terapie die T-selle vernieitig.

“Dr Pieter” ek kan vir jou ‘n lys van dodelike gevolge van die entstowwe verskaf en bo en behalwe dit, werk die goed nie, so daar is dus geen rede om Covid 19 inspuitings te aanvaar nie. Jy weet dit en daar is biljoene daarbuite wat dit weet.

Vergewis jouself gerus van werkssessie wat onlangs deur Sen Ron Johnson gehou is waar fluitjieblasers ontstellende onthullings maak.

En verskaf asb sommer vir ons die kliniese toetsdata van die “entstowwe”.

Thom ·

Ek het gou jou Dr Ryan Coles nagespoor ___ die man is geskors van die mediese registers __ verstaan julle nie dat sulke mense steeds in tel wil bly nie ?

Leeuwyfie ·

Makersmark en Thom. Beide word verseker betaal om opinie te probeer swaai, want geen Afrikaner redeneer so ver links soos hierdie 2 liberales nie. Maar julle werk nie hier met onnosele mense nie. Mense wat Maroela lees is nie jul gewone teikens nie. Ons is mense wat kan dink en redeneer. Probeer liewer die lesers van netwerk24. Ek hoor hulle is meer toeganklik vir kommunistiese idees.

boerie ·

Julle skrik laat wakker, ons menseregte word al vanaf 94 vertrap.

George ·

Maak alles oop, los maskers, distancing alles. Die wat nie wil spuit nie, so what. Maar dan moet hul ook nie kla as hul premies opgaan met medies nie, ook nie dat hul soos in Singapore moet begin betaal vir enige staatsbehandeling nie, laat hul, hul bedjie maak. So ook nie sportsbyeenkomste, skoolkonserte, konserte, restaurante kan intree nie. Maklik.

Mercia ·

Verseker George…. maak alles oop moes al lànkal gebeur het. Almal moet maar hulle bedjies opmaak tot hulle nie meer kan nie. Die oningeëntes…….maar ook die ingeëntes.

Mercia ·

Ek het ‘n baie goeie vergelyking gehoor: Ons almal is op hierdie vliegtuig(covid)……ingeënt en ongeëntes…….en nou is daar ‘n klomp wat besluit hulle wil valskermspring. En toe die res sê “Nee dankie” toe volg ‘n paar goed: Eers word hulle gepaai met verduidelikings van hoe “awesome” dit gaan wees want dan is hulle nou deel van die “in-groepie” ; en toe word daar vir hulle gesê dat hulle dit moet doen vir die outjie langs hulle; en toe hulle vra maar hoe help dit die outjie langs hulle……toe word hulle aandag afgetrek van daardie onwaarheid met die belofte van ‘n lekker bier en pizza……of ‘n ekstra geldjie. Nou is ons op die plek waar hierdie ouens nie meer baie welkom is op die vliegtuig nie en waar hulle toegerus is met ‘n valskerm vol gate(soos die baie leë beloftes van die spuit) en daar onder waar hulle moet land lyk dinge níe so rooskleurig nie…..en nou word daar gereed gemaak om hulle uit die vliegtuig te stamp.

Delia ·

Goed…wat van alkoholiste, moet hulle ook hoër premies betaal want hulle toestand is mos self inflicted.
En die oorgewig mense wat te veel eet en wat dan sukkel met hart en bloeddruk probleme…O en wat van mense wat HIV opdoen losbandige lewensstyle.
En wat jou George dalk het jy ook nou of later een van die self inflicted siektes? Moet jou premies ook verhoog word.
COVID is nie die alfa en omega van siektes nie

MakersMark ·

Slegte nuus vir jou is alkoholisme is nie aansteeklik nie…….het jy al daaraan gedink ?

Johan ·

George gaan dink maar weer, want die inenting help jou niks, die virus muteer net om dit, my natuurlike immuunstelsel aan die ander kant…

SomeOne ·

hoeveel mense in ander wêreld dele maak nou ook hul stemme dik oor verpligte inentings, ?, baie !!!

Margaret ·

As n mens gedwing word om hierdie jab (is nie ineenting nie) en daar is n reaksie en jy gaan dood. Wie gaan dit eis uitbetaal. Belaglik

Delia ·

Lees n bietjie wyer en hoor wat mense rapporteer…dood…Guillaume Barre Sindroom ens. Wat as een van daardie gevalle jou mense is.
Nee vir gedwonge covid inspuitings

MakersMark ·

Uit die 4 bn mense wêreldwyd ingeënt hoeveel is dood agv dit ?

Mercia ·

Jy weet self nie hoeveel is daaraan dood nie Mark . Buiten onder-rapportering van ernstige newe effekte(wat bo 90% is) ……word dìe wat direk of kort na die spuit lepel in die dak steek se afsterwe weer 90% van die tyd verklaar as “natuurlike oorsake” Dis mos belaglik om te verwag dat die statistiek ewe skielik die teendeel sal begin wys van ‘n eksperimentele spuit waarvoor daar nou nuwe vervaardigings fabrieke oraloor opspring selfs terwyl die virus nie eers meer ‘n fraksie van die “gevaar” inhou as in die begin nie.
Hierdie “welwillende” farmaseutiese instansies en individue wat jy en nr.7 so aanhang en verdedig erken nou dat die spuit nie doen waarvoor dit kamtig ontwerp is nie……m.a.w dit stop niks. Dit keer “dalk” ernstige uitkomste m.b.t ‘n spesifieke covid variant maar selfs dit is op hierdie vroeë stadium slegs spekulasie….siende dat die grootste persentasie “ongevaksineerds” daardie goeie uitkomste sónder die spuit behaal het.

MakersMark ·

Nooit gese ek doen nie. Meerderheid van wereldwye sterftes agv CV19 komplikasies vanaf Jan 2020 was onder oningeentes. Dis vandag nog so. CV19 infeksies en sterftes word wereldwyd gemonitor en rapporteer. Statistiek is nie spekulasie nie. Dis feite. Alhoewel infeksies nog onder ingeentes voorkom is daar wereldwyd ‘n drastiese afname in CV19 verwante sterftes. En dit is duidelik te danke aan die 4 bn plus mense ingeent. As daar soveel beserings en sterftes was as wat deur sekere AVr’s verkondig word agv inentings sou dit baie meer publieke lugtyd, aandag en regs attensie ontvang het as die paar stories wat deur die spekulatiewe AVr bostelegraaf versprei word. Inentings werk. Dis wereldwyd wetenskaplik bewys as veilig en effektief. So my vraag aan al die wat bewerings maak van inentings sterftes en beserings bly ongeantwoord – hoeveel mense het wereldwyd daaraan gesterf ?

quartus ·

As die regulasies in werking gestel wod sal daar groot demonstrasies in die strate wees soos tans in New Zeeland en Canada. Ons sal nie net omrol nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.