Nuwe regulasies: Lisensie nodig om hommeltuig te vlieg

Argieffoto van afstandbeheerde tuig (Parrot AR Drone 2.0) Foto: gridzdirect.com

Argieffoto van afstandbeheerde tuig (Parrot AR Drone 2.0) Foto: gridzdirect.com

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Sondag aangekondig dat daar van 1 Julie af nuwe regulasies ingestel sal word rakende die gebruik van hommeltuie (drones).

Poppy Khoza, direkteur van die BLO, het gesê die regulasies is onlangs deur die minister van vervoer, Dipuo Peters, onderteken.

Volgens van die regulasies sal ’n persoon ’n lisensie moet hê om ’n hommeltuig te mag vlieg en minstens 18 jaar of ouer moet wees. Indien iemand die regte lisensie het, sal só ’n persoon ook ’n goedkeuringsbrief moet bekom wat vir 12 maande geldig is.

Die regulasies bepaal verder dat ’n hommeltuig nie ’n ander lugvaartuig mag sleep of lugtoertjies mag doen nie. Hommeltuie mag ook nie naby of oor kernkragsentrales, gevangenisse, polisiestasies, misdaadtonele, howe of nasionale sleutelpunte gevlieg word nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Charl Lamprecht ·

Hommeltuig/hommeltuie is sulke mooi woorde in afrikaans vir ‘drone/s’. Dankie!

Johan v H ·

Hommel tuie is vir baie mense net n stokperdtjie. Maar dit kan ook gebruik word om te help om misdadigers vas te trek. Hul het dit al probeur in dele van die land teen renosterstroopery. Dit kan mos ook n goeie hulpmiddel wees teen plaas aanvalle. Maar nou mag dit nie naby misdaad tonele gevleig word. Dit klink maar as of dit iets is wat alweer net deur gestrom loop is. (Deur die regeering.) Wat sal dan die naaste wees wat mens aan n toneel kan vlieg wonder ek.

EstralitA ·

Wat sal so ñ lisensie kos? Klink vir my iemand het weer ñ manier gesien om geld te maak!!

Dave ·

Lisensie? Ek is meer nuuskierig oor wat die tuig kos. Is ‘n amateurfotograaf en spandeer baie ure aan fotos. Dit kan baie handig wees.

Dave ·

Baie Dankie vir die inligting. Het geweet dat dit relatief duur sal wees maar dit is heelwat duurder as ‘n baie gesofistikeerde kamera. Maar dan weer kan dit doen wat daardie selfde kamera nie kan doen nie. Steeds baie geld om te spandeer as dit slegs vir stokperdjie doeleindes sou wees.

Theo ·

Wat is die verskil tussen n Hommeltuig en n radio beheerde vliegtuig?? Moet mens ook n lisensie hê om n radio beheerde vliegtuig te vlieg. Wonder maar net!

Pierre ·

Jy benodig nie n lesensie vir n radio beheerde vliegtuig of helikopter nie, arme sotte, weet niks van niks af nie, die regering moet hom self bepaal by wat hy kan doen, o jammer hulle kan nie want alles vou!!!

scalla ·

Weer n bykomende geld maak storie, Wie gaan lisensie en goedkeuring uitreik. ek weet nie of daar so lugspietkop bestaan nie.

Jurie ·

Klink vir my amper soos Tolla se “see spietkop” ek wonder net hoe die lug spietkop hom agterna gaan sit as hy hom sien bo sy kop ! Seker met ‘n ander hommeltuig as hulle net ‘n lug spietkop vlieenier erens kan kry ! Hier sal ‘n tenderpreneur aanstelling nie werk nie !
Dalk ‘n plan vir die volgende ” O Shucks … “!

Bani ·

Die artikel is misleident. Hierdie regulasies het niks met speelgoed en radio beheerde lugtuie te doen nie. Die soort lugtuie het bestaande regulasies wat dit beheer en nogsteeds van krag is. (Binne sig afstand en laer as 100m)

Die nuwe regulasies gaan oor onbemande lugtuie (nie hommeltuie: ‘n hommeltuig is ‘n ‘quad copter’) wat in die siviele lugruim tussen mense rondvlieg: Basies soos enige groot vliegtuig met die loods iewers anders as in die vliegtuig.

Ben ·

Die verskil tussen n Hommeltuig en Radio beheerde Vliegtuig is een en die selde, albei gebruik die selfde Radio(Transmitter) en n’ Ontvanger(Reciever)….. Daar is verskillende Hommeltuie, Hexcoppter het 6 Propellers, en n’ Quadcoppter het 4 Proppellers en so n Octocoptter 8 propellers. Ek besit self n’ Hexcoppter, en gebruik dit vir my plesier, en sal defnitief nie aansoek doen vir n; lisensie nie.

Jurie ·

Ja Ben ek het self ‘n radio beheerde helikopter of twee en ook ‘n quadcopter vir my plesier en die dag van lisensie uitneem vir hulle sal nie gou wees nie , Die is seker ! Ek vlieg maar net daar om my eie sleutelpunt !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.