Nuwe regulasies vir lisensietransaksies tree in werking

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste moet van 1 November persoonlike en adresbesonderhede verifieer vir alle motor- en bestuurslisensietransaksies.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het Sondag gesê dit kom ná die aankondiging van regulasie 32A van die nasionale padverkeersregulasies in Oktober verlede jaar. Die nasionale departement van vervoer het bevestig dat die regulasie op alle motoriste landwyd van toepassing is.

“Dit beteken dat enige persoon of liggaam (maatskappye en organisasies) verplig sal wees om bewys van volle name, identiteit- of besigheidsnommer en woon- en posadres te voorsien voordat enige registrerende owerheid ʼn motorlisensieskyf of bedryfskaart kan uitreik,” het die Wes-Kaapse departement in ʼn verklaring gesê.

Die nuwe regulasie sal van toepassing wees op verskeie transaksies insluitend die aansoek van ʼn verkeersregistrasienommer en -sertifikaat, die verandering van die besonderhede van die eienaar van ʼn voertuig en die opdatering van nuwe woon- en posadresse van lisensiehouers.

Voertuigvlooteienaars moet ook ʼn bewys vir die betrokke besonderhede verskaf saam met die eerste transaksie of diens op die NaTIS-stelsel waarvoor hulle aansoek doen. “Die departement het duidelike riglyne aan registrerende owerhede en bestuurslisensietoetssentrums deurgegee hoe om die nuwe vereistes toe te pas en duidelik uiteen te sit watter bewyse benodig word alvorens transaksies aanvaar kan word,” het die departement gesê.

Bewys van adres kan gegee word deur middel van ʼn munisipale rekening, telefoonrekening of kleinhandelwinkelrekening nie ouer nie as drie maande. Vir meer besonderhede oor die nuwe regulasies kan die departement se webtuiste besoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Swanna ·

Nog ‘n foefie wat deur die dak gaan val en die belasting betalers se geld gaan mors want een of ander piet het weer gesit en klomp nonsens uit dink terwyl hy sy in neus gesit het krap het in duie parlement terwyl hy moes luister na wat bespreek word.

Elsie Groenewald ·

En wala, sanral weet waar om rekeninge heen te pos!

JoeV ·

Hulle moet maar lekker pos! Sodra die eerste persoon wat gesê het 70% tol geld gaan in buitelandse rekening in die tronk is, dan begin ek betaal.
Iemand moet bietjie die verband tussen die heersende party se geld knyp en die tol-flop ondersoek.

Peet Schabort ·

Ek het vir lank in ‘n posbus gebly volgens my mislikepalerekening voordat ek hul kon oortuig dat ek swaar daarin pas en eintlik in ‘n huis woon. Die woonadres is toe uiteindelik bygevoeg.
So begin maar vroeg indien jy jou rekening as bewys gaan nodig kry.

Pierre ·

Dankie! Dit gaan baie help en moes al lankal gedoen gewees het. Jammer dit word gekritiseer.

Asjas ·

My kind het sopas 18 geword, kar is op haar naam maar sy het nie een van die 3 nodige dokumente nie, bly nog by ons. Hoe kry sy haar lesensie???

Karen Loubser ·

Gewoonlik vat jy dan die munisipale rekening van jou ouers met n gepaardgaande beëdigde verklaring dat sy wel by julle inwoon. Dit is hoe die winkels dit doen en ek glo sal seker ook van toepassing wees op die dept.

Max Berg ·

Die doel is soos gewoonlik net om die geleendhede vir omkopery te vermeerder !

Pierre ·

Jammer net die negatiewe word raak gesien. Dit gaan help om misdadigers te id en aan te spreek.

Stuart ·

Pierre, nee wat die misdadigers is te slim, hierdie gaan hul nie uitvang nie, dis hoekom hul misdadigers is. Hulle planne om hierdie te fnuik is lankal agtermekaar, glo my!

JoeV ·

Vir dit om te werk moet daar ‘n poskantoor wees wat werk. Moet sê van vyf voertuie het ons een hernuwings kennisgewing ontvang die jaar, ‘n groot verbetering op verlede jaar toe ons geen kennisgewings gekry het nie.

jacques ·

Die toertje gaan nie die kriminele afskrik nie – enige kind met ‘n pc, photoshop en printer kan elek/ edgars rekening vervals – dit het geen watermerke ens om dit te voorkom nie. Ek verstaan dat iets gedoen moet word aan bedrog ens maar hierdie gaan net eerlikke mense rondneuk. Hoekom nie net die sekuriteit van ID boekies opskerp, dit koppel aan adres, selfoon en bank details en dit bevestig met vingerafdruk scanners en dit dan uitkontrakteer aan banke om te behartig nie?

Malinda ·

Dis nog n manier om vas te stel hoeveel blankes beroof kan word

Piet Pompies ·

Tot minder as 30% van alle verkeersboetes wat uitgereik word, word betaal, die oorblywende 70% word nie betaal. Hierdie 70% work ook nie vervolg omdat die kans op vervolging nog groter verliese kan veroorsaak omdat daar nie sekerheid is oor die korrekte adres. Met die nuwe wetgewing gaan jou woonadres “korrek” wees en daardie onbetaalde boete gaan met ‘n dagvaardiging by jou huis bedien word. So dit is net weereens die mense wat die wet nakom wat aan die pen gaan ry. Die gewoonte oortreders wat in elk geval onwettig op die pad is word nie hierdeur geraak.

Eliza-beth ·

Goeie plan maar tot mislukking gedoem. Met sekere buitelandse elemente in ons land wat enige dokument onder die son kan vervals en die feit dat Omkopery die nasionale sport is, (dit het lankal rugby as die mees populêre sport in SA vervang!) sal dit ongelukkig net weer ‘n geldmors storie wees. Weereens sal die gewone, eerlike ou in elk geval die wet volg, maar ja, ek is bevrees ‘n groot deel van die bevolking (wat gewoonlik ook juis die skuldiges is) sal nie. Dis nie dat mens net negatief is nie, dis die realiteite van lewe in SA!

Adele ·

My vraag is wat van mense wat huur? Jy bly nie elke jaar in dieselfde huis or area nie…..so nou hoe gemaak? Ek het vroeer die jaar onder ‘n heeltemal ander area geval en nou as ek my kar se lisensie wil gaan uitneem gaan dit chaos veroorsaak. Almal is nie so gelukkig om by een adres te huur vir jare en jare nie of om mens se eie huis te besit nie!!!!

MM ·

Asjas,
Jy gaan Polisie stasie toe met jou ID eb jou water en ligte rek met haar ID. Daar is ‘n vorm wat jy voltooi dat sy wel by jou woonagtig is, of jy kan die brief opstel en dit dan met die nodige dokumente na jou naaste Polisie stasie neem sodat hulle dit kan beeedig.
Ek is in die motorhandel en dit is al hoe die banke en lisensiekantoor die bewys van adres aanvaar sou jy nie ‘n bewys van adres het nie.

MM ·

Onthou ook indien jy enige boetes teen jou naam uitstaande is word jou lisensie skyfie nie uitgereik nie.
Met registrasie van jou nuwe voertuig registeer hulle die voertuig, maar reik nie die lisensie skryfie uit sou daar enige uitstaande lisensie fooie wees.

Mense wat huur moet ‘n brief van die eienaar kry om te vestig dat jy wel daar woon.

GERDA ·

wat van die mense wat op n plot bly,wat nie hulle pos by die huis kry nie.ons het geen rekening nie.nie eers n krag rekening nie.wat nou gemaak

MM ·

Maklik as jy huur kry jy ‘n brief van die eienaar met die water en ligte rekening en ‘n afskrif van die eienaar se ID

eelco ·

Wat van as Jy in die buiteland Bly, maar nog steeds n kar het & nuwe kar wil Koop – word by familie/vriende gestoor? Gaan hulle my gas, electricity & water rekening van buitelandse adres aanvaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.