Nuwe rekord: Maroela Media haal die een miljoen-kerf!

Maroela Media se span wat die 1 miljoen- unieke gebruikerskerf behaal het

Maroela Media se span wat die 1 miljoen- unieke gebruikerskerf behaal het

Ons harte bokspring, ons is uit ons vel en in ons noppies: Maroela Media het in Junie 2016 ʼn rekord van meer as een miljoen unieke gebruikers op ons webwerf gehad! As jy ʼn Maroela-leser is, is jy een van 1,138 miljoen lesers wat die afgelope maand gekies het om maroelamedia.co.za as hul nuusbron te gebruik. Dié syfer is volgens Google Analytics, ʼn meetinstrument wat gebruik word om webwerwe se aktiwiteit te meet.

Dié meer as ʼn miljoen lesers is nie te versmaai nie, veral as ʼn mens in ag neem dat Maroela Media minder as vyf jaar gelede, in Augustus 2011, sy deure oopgemaak het en in sy eerste maand skaars 7 000 lesers gehad het.

Dis egter nie die enigste hoogtepunt wat ons vier nie.

In minder as vyf jaar het Maroela Media gegroei tot die grootste gratis Afrikaanse nuuswebwerf, en boonop een van die top 20 Suid-Afrikaanse webwerwe oor alle tale heen.
Dié webwerf het homself gevestig as ʼn betroubare en geloofwaardige nuusbron vir meer as een miljoen maandelikse lesers – sonder om sensasie na te jaag.

Op sosiale media is Maroela Media se voetspoor ook duidelik sigbaar: ons spog met meer as 133 000 volgelinge op Facebook, byna 19 000 volgelinge op Twitter en meer as 7 000 gebruikers op Instagram. Meer as 3 000 persone ontvang daagliks gratis nuushooftrekke via Maroela se WhatsApp-nuusdiens.

Gedurende Juniemaand het Maroela Media boonop drie keer sy vorige rekord vir die meeste bladsyvertonings op een dag verbeter, met 390 000 bladsye wat op 2 Junie gelees is, 412 000 bladsyvertonings op 14 Junie, en 426 000 op 22 Junie.

Maroela bou saam aan Afrikaans

Vir Maroela Media is Afrikaans die spil waarom die as draai. Ons is nie maar net “toevallig” Afrikaans nie, en daarom is dit belangrik om ook ander projekte wat Afrikaans bevorder, aan te pak en te ondersteun.

Een van Maroela se mees opwindende projekte vir die bevordering van Afrikaans wat vanjaar aangepak is, is die Afrikaans op Wikipedia-projek. Met die aanvang van dié projek in Augustus verlede jaar was daar net meer as 37 000 Afrikaanse artikels op Wikipedia. Teen Junie vanjaar het dié aantal artikels gegroei tot meer as 40 500. Uiteraard was nie al dié nuwe artikels ʼn uitvloeisel van Maroela se Wikipedia-projek nie, maar die projek het gewis momentum gegee aan die publiseer van Afrikaanse inhoud op Wikipedia: Minstens 60 vrywilligers het reeds vanjaar aan Maroela Media laat weet dat hulle begin help het om Afrikaanse inhoud op dié ensiklopedie-webwerf te publiseer.

Altesaam 45 gemeenskapsradiostasies saai daagliks programme uit wat ons gratis aan hulle verskaf, en een keer ʼn jaar kan dié stasies ook ʼn 13 weke-radiovervolgverhaal, vervaardig deur Bettie Kemp, aan hul luisteraars uitsaai, te danke aan Maroela Media en ʼn borg wat dit moontlik maak. Ons bied boonop jaarliks teen ʼn minimale koste ʼn tweedag-opleidingseminaar aan vir dié radiostasies in Gauteng en die Wes-Kaap, om hulle te ondersteun in die uitmuntende werk wat hulle vir die voortbestaan van Afrikaans in hul onderskeie gemeenskappe doen.

Instansies soos die WAT, ATKV, FAK, Pendoring, vervaardigers van Afrikaanse films, die Virtuele instituut vir Afrikaans (VivA), Afrikaans.com en ander wat hulle beywer vir Afrikaans, kry gratis bemarking en blootstelling vir hul projekte op Maroela Media.

Ons eie Koöperasie

Maroela Media het in Mei 2016 ook die digitale deure van ons eie Koöperasie oopgemaak – ʼn e-winkel waar jy unieke Afrikaanse produkte kan koop: jy kan jou Afrikaanse hart op jou mou dra met T-hemde wat uitblaker of jy ʼn fliekvlooi, bobaasbraaier of karnallie is; of jy kan vir jou gaste wys jou hart klop Afrikaans met ʼn stel yskasmagnete waarmee hulle prettige Afrikaanse sinne en gedigte kan bou terwyl jy die pot aan die kook kry.

Jy is deel van hierdie Maroela Media-familie en daarom sê ons vandag vir jou dankie. Jy maak van Maroela Media die lekkerste kuierplek op die internet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Annette ·

Baie geluk Maroela. Die eerste ding wat ek doen as ek voor die rekenaar kom sit, is om Maroela oop te maak. My man kan nie wag dat ek klaar maak nie want dan wil hy ook lees.
Hou so aan.

Peter Walbaum ·

Dit is vir my `n groot riem onder die hart!
Baie mooi hou so aan!

Nico ·

Ek is van New Zealand en julle is puik. Dankie vir julle nuus, dis al nuus wat ek volg.

Stoney ·

Baie geluk Maroela Media. Ek lees net julle nuusberigte, dagstukkies resepte edm. Ons kyk nie eers meer nuus op TV nie. Net buitelandse nuuskanale. Ons hoop julle gaan groot hoogtes bereik. Doe zo voort.

Katrien ·

dankie Maroela Media.
Baie plesier en inligting wat julle daagliks verskaf.

KarooKlong ·

Hoeveel subjektiewe kommentare word subjektief verwyder?

wilma ·

Baie baie geluk. Mag daar nog baie jjjjjjaaaaarrrrrreeee voorle???

Elize ·

Baie geluk! Wonderlik om een van jul lesers te wees en ek het al vir baie van jul vertel en inligting aangestuur. Julle is tops!!!

Swartluiperd ·

Dankie vir julle getroue nuus daagliks, trots Afrikaans.

Elizabeth Bosman ·

Baie geluk Maroela! Julle vergelyk uitstekend met die engelse dagblaaie! Sterkte en mag julle weer in minder as 5 jaar julle leserstal verdubbel!

Gerhard van Rhyn ·

Baie dankie Maroela, julle is skitterend! Maroela is die enigste Afrikaanse nuusbron wat ek raadpleeg, maar ek lees ook wyd nuus in Engels – internasionaal en hier ter plaatse. Julle hoef nie ‘n tree terug te staan vir die bestes en die grootstes nie.

Jen ·

Baie geluk. En nogmaals dankie vir jul goeie werk. En ook vir die gratis diens wat jul aan ons lewer.

magda ·

Baie dankie Maroela. Ek lees net julle nuus na 7 de Laan skakel ek die TV af. Ek gril as die nuus om 7 uur begin op SAUK

Leeukop ·

Ek se vir JULLE baie dankie, julle is ware leiers, praat nie net nie maar DOEN ook.

cobusp ·

Baie geluk hou so aan. Ek besit nie meer n tv nie en het my dstv gekanselleer en maak gebruik van julle webwerf om my op hoogte te hou van die dag se nuus.

cobusp ·

Baie geluk hou so aan. Ek besit nie meer n tv nie en het my dstv gekanselleer en maak gebruik van julle webwerf om my op hoogte te hou van die dag se nuus. ….Sukkel net om my opmerkings geplaas te kry …eish.

Theuns ·

Baie Baie geluk Maroela en dankie vir die platform wat julle ons bied om keelskoon temaak!
Ons het nou ook Radio Pretoria. Kan julle ook vir ons die volgende gee.
24 Uur TV stasie met al die afrikaanse programme en nuus wat alle Afrikaners van hou.
Koerante.
Dstv en SAUK TV is uiters swak en die aanhoudende heruitsendings is onsmaaklik. Ons TV moet Ruimte Programme insluit en ook goeie musiek en wat ook al wat opwindend vir Afrikaans sal wees. Ek het ook saam met my mede Afrikaners ‘n behoefte van “Entitilement”
Nogmaals Baie Geluk.

JC ·

Geluk, dankie vir alles wat julle in en vir Afrikaans doen. Mag julle nog groei tot een van die grootste media instansies in die wereld, want julle is puik!

JUIG! Tydskrif ·

Baie geluk aan die uitstekende Maroela-span! Mag julle net van krag tot krag gaan.

Jakaranda en beeld wou mos ·

News24 wil mos n sensasiesoekende tabloid word, daars deesdae meer pics van grafiese geweld en bloed as nuuswaardighede. Hulle engelse nuus is gratis maar hulle melk die Afrikaners net soos die regering, misbruik ons net. Jakaranda FM werk hard vir die nuwe age magte om Afrikaans agterlik te probeer klink. Maar ons is baie groter as dit en het nou baie beter media alternatief, dankie Maroela.

Fransm ·

GELUK. Dankie dat julle ons in staat stel om nuus onbevange in ons taal te ontvang. Dit is ook n riem onder die hart om op die foto te kan sien dit is jongmense wat dit bedryf. Ek hoop Afrikaners wat so dink Engels is die pad om te gaan word wakker en volg julle voorbeeld.

Erf Wetter ·

Baie geluk Maroela-redaksie. In besonder ook aan Herman Toerien, wie se daaglikse nuuskommentaar gebalanseerd, insiggewend, nugter en altyd van hoogstaande gehalte is. Hou so aan!

Leeukop ·

Stem saam oor Herman, baie goeie skrywer, dalk net so klein bietjie korter artikels…net n gedagte.

Theuns ·

Ek stem saam. Behalwe vir al Maroela se uitstekende Nuusmanne is daar ook uitstekende Meningvormers soos Herman Toerien, Leopold Schotz, Afriforum, Solidariteit en die NP van Wyk Stigting. En ook ‘n groot dankie aan al die mede kommentators( Gewone Ouens) vir hulle insette. Jy kan sien die meeste het skoolgegaan en kan spel. Hulle weet ook wat aangaan in die land! Mooi Man!!

Christa Dekker ·

Baie geluk julle!!! My dag begin en eindig met julle, dankie vir julle uitstekende webblad. Ek wens vir julle nog baie geseënde jare toe, julle is awesome!!!

Wicus ·

Baie geluk en DANKIE! Ek hou van die aanslag en bladuitleg.

Nicky ·

Wonderlik! Lees elke dag julle nuus en is ‘n lid van Solidariteit en ondersteun waar ek kan en reeds nou by ons Afriforum buurtwag ook aangesluit. Hou aan met die goeie werk!!!

Carel ·

Baie geluk en baie dankie. Mag julle so groot word soos ‘n reuse ou Noord Transvaalse maroelaboom…

Ou Vlakvark, Ou Bosvark, Ou Erdvark, Ou Krimpvark ·

Beste Maroela Media Span,

Ons is trots op julle. Hou die vaandel en fakkel van naasteliefde en geregtigheid hemelhoog. Julle toon leierskap by uitnemendheid.

Elsie ·

Baie geluk. Ek wens Afrikaans kan oral so groot gaan soos op Maroela Media. Duisende dankies. Net jammer ek sien nooit my kommentaar nie

Ben ·

Geluk Maroela, aldus Beeld (die flou Makou) se nuwe poging om ‘n “vry 30-dae inskrywing” te bied. Ek het tevore daar gelees, maar hulle is net te gierig agter geld aan. Aan Maroela; julle poog soms tè hard om polities-korrek te wees, in my opinie. Bietjie die rieme soms effens slapper losmaak asb.

BOLANDER ·

Baie geluk en hou so aan. Ek is trots afrikaans en is baie bly vir julle en dat ek deel kan wees van die lesers.

Amanda Kok ·

Vandat ek Maroela Media ‘ontdek’ het neem ek die nuus in saam met my eerste koppie koffie elke oggend. Dankie Maroela vir nuus in my Taal, Afrikaans!!!

bernarf ·

baie geluk! hoop almal boikot netwerk omdat hulle R99 per maand vra om te lees! ek weier!!

Piet Pompies ·

Afrikaans is gesond en lewendig, dankie aan Maroela media vir julle ondersteuning in ons taal en mag julle van krag tot krag gaan. Ek merk op dat die ander elektroniese koerant wat intekengeld vra nou spesiale aanbieding het van 3 maande gratis intekening. Dalk het hulle lesers getalle aanhou daal en nou probeer nou vlerk sleep om lesers terug te kry. Lekker dag.

Deon ·

Aan die Maroela Media span

Baie geluk!!

My dag begin altyd by die Stiltetyd wat julle bied. Later in die dag volg ek julle nuusdekking. Ek het geen ander media nodig om my in te lig nie. Dit alles in Afrikaans!! Die taal wat ek by my moeder geleer het. My televisie bly afgeskakel en ek spaar dan ook sommer krag.

Doen so voort!!

Fantasties ·

Fantasties, baie geluk, ek moet sê ek geniet jul beriggewing, dit is baie diplomaties en onpartydig en altyd die jongste nuus, wie het nou ‘n ander kanaal nodig!!!!!!

Sanet Coetzee ·

Baie geluk Maroela Media. Julle het die beste verslagewers en die mees omvattende dekking van allea wat aangaan. As ek iets wil weet van gebeure soek ek dit op Maroela media. Briljant. Baie dankie.

Piet ·

Vryheid van spraak = maroela . ‘n agenda= naspers. Veels geluk.

Kokkie ·

Ek bly in Holland en volg julle nuus altyd. Julle is WÊRELDS…BAIE DANKIE EN GAAN SO AAN!!!

marianne ·

Briljante verslaggewers verdien ‘n massiewe mylpaal! Julle span is amazing en ek is trots nuut Afrikaans! Ek leer so baie van julle en voel julle empatie in jul stories en rebrieke…

HEVW ·

Dit is groot Maroela, en ons besef dit kom nie maar net so sommer vanself nie. DIT IS HARDE WERK en groot opoffering wat uit Afrikanerharte kom. Ons lesers moet ook besef die minste wat ons kan doen is om hande uit die moue te steek en Maroela – lesers te werf. Daar is ongelukkig n paar kommentatore wat die skoonheid van ons Afrikaanse taal bederf. Ek het die woord “awesome” probeer opsoek maar kry dit nie in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek nie. Kan julle my daarmee help?????????????

ElgeraineR ·

Baie geluk!! Ek is n TROTSE Maroela leser, julle is tops!

vermeende ·

Baie goed Maroela, dit sal nou net baie interesant wees om te kan sien wie lees Maroela in persentasies opgebreuk.
Blank teenoor ander rasse.
Liberale lesers teenoor konserwatiewe lesers.

Christine ·

Baie geluk, Maroela! Ek is trots op julle en trots Afrikaans! Mag julle van krag tot krag gaan!

Hennie ·

Geluk Maroela! Ek hou van julle, die opdatering van die nuus is puik en ook baie toeganklik vir kommentaar. Voorspoed vorentoe!

Esmay ·

Maroela, wel gedaan.Nogmaals dankie dat ons die waarheid in nuus hoor. Sterkte vorentoe en hou Afrikaans omhoog!!

Karel ·

Baie dankie vir die nuus, danksy julle bly ek op hoogte van alles wat in SA aangaan. Baie geluk hier van Down Under.????

Delia ·

Baie geluk! My dag begin en eindig met MM.
Hoop julle gaan van krag tot krag!

Lou ·

Gee hulle ‘n Bells. Mooi gedaan! Mag daar nog vele rekords spat.

Johan ·

Ek hoop net nie julle sal nou die koers verander en begin “inskrywings” hef nie.

Lucy ·

Baie geluk Maroela! Dis die enigste koerant wat ek nodig het om te lees.
Mag julle net van krag tot krag groei. Trots om een van die miljoen lesers te wees en ek kyk uit vir my whatsapp nuusflitse elke dag :-)

Isabella Carstens ·

BRAVO!! Ek het maar eers so ‘n maand gelede begin ‘maroela’ en is trots om te deel in jul voorspoed. Doen so voort!!

Elizabeth ·

For they are jolly good fellows, and so say all of us….

Ludwig Visser ·

Oom Sopie sê ook baie geluk. Ek ook. Ek het net gewonder of jule ons nie ‘n daaglikse betroubare weerberig kan gee nie. Nie een met daardie verkeerde raaiskote wat mens saans op televisie sien nie, maar een waarop mens kan pyl trek.

Leeukop ·

Maroela, wat van n lekker groot braai om julle vordering te vier en om bietjie in persoon te kuier, nie net hier op die foon nie.

Michelle de Wet ·

Baie geluk en baie dankie vir die gratis nuus elke dag. Dit word opreg waardeer. My dag begin en eindig met julle :-)

Oom Kalahari ·

Graag wens ons Maroela Media baie geluk met so ‘n besonderse prestasie van lesers groei en ondersteuning in 5jaar. Mag jul lesers getalle net verder groei en groter ondersteuning geniet.
Met dit gesê wil ons ook dank uitspreek aan die joernaliste en bydraers van buite vir al hul harde werk, want jul maak verseker ‘n groot verskil om ons die lesers op hoogte te hou van ware nuus gebeure. Soms mag die publiek se humeure dalk bietjie opvlam en harde opinies lewer, maar tog ons is net Afrikaners en sekere gebeure krap die hart om en omdat mens maar verskil gaan daar verskeie opinies wees wat soms goeie bydrae tot MM ook kan wees.
Wens jul MM span, personeel en alle lesers alle seëninge toe en laat die nuus vloei asook die kommentare, want elkeen se bydrae is van kardinale belang en met eie gemoed. Intussen sal ek maar veg met die kinders en kleinkinders om my MM tydjie ook te kan inkry en te geniet. Sterkte vorentoe en vriendelike groete.

Willemien ·

Baie dankie aan julle; dis altyd lekker om Maroela te lees!

Jaycee ·

Dis wonderlike nuus. Baie geluk. Dit wys sekerlik daarop dat al hoe meer mense die nuus in Afrikaans wil lees wanneer dit objektief en van uitstaande gehalte is en nie aangebied word deur bronne met verskuilde agendas nie.

Breylia ·

Baie geluk en baie dankie vir al julle harde werk elke dag

MARTHIE ·

JULLE IS FANTASTIES TROTS OP JULLE HOOR.GOD SEEN JULLE HARDE WERKE.

AJ ·

Maroela baie dankie, ek lees jul nuus elke dag hier waar ek werk in Saudi en dit is wonderlik en jul gedagte vir die dag dit is uitstekende nuus weer eens BAIE DANKIE
Groete

Pieter ·

Baie Geluk MM! Al hierdie kommentaar spreek boekdele van sukses, nie eers te praat van die syfers nie! Ek huil sommer van blydskap! Ek laaik jou MM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.