Nuwe rigting vir jagongeluk-saak

Stefan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Nadat Stefan Hepburn van strafbare manslag aangekla is nadat hy ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog glo per ongeluk doodgeskiet het, word die moontlikheid van bemiddeling tussen Hepburn en die familie van die oorledene nou ondersoek.

Hepburn het verlede week weer in die Modimolle-streekshof in Limpopo verskyn waar die hof gehoor het die direkteur van openbare vervolging (DOV) het gereageer op vertoë wat Hepburn se regspan aan die kantoor gerig het.

Die DOV het die staatsaanklaer opdrag gegee om ingevolge dié vertoë te bepaal of die familie van die oorledene, Jan Railo (23), gewillig is om die saak deur middel van bemiddeling te hanteer. Indien wel, sal die ondersoekbeampte verklarings in dié verband by die familie afneem en sal ʼn aanbeveling aan die DOV gestuur word vir finale beslissing.

Daar sal dan terugvoer aan die hof gegee word oor die bemiddelingspogings en indien die aanklag teen Hepburn wel teruggetrek word, sal ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen word voordat die saak as afgehandel beskou sal word.

Die saak sal op 24 Julie weer voor die hof kom.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie verlede jaar op ʼn plaas buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag.

Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp soortgelyk aan ʼn groot bosvark in die land gesien wat in sy rigting gekyk het. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant afstroop.

Hepburn het gesê hy het na die voorwerp gemik en geskiet. Toe die voorwerp ʼn vreemde geluid maak, het hy besef hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Railo, ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.

Hepburn is aanvanklik van moord aangekla, maar die aanklag is later na strafbare manslag verander. Hy is tans uit op borgtog.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

christa ·

het die man op sy eie grond gaan jag? wat soek die skelm daar

Joan Riekert ·

Maak doodseker waarna jy skiet. Rondtes wat gevuur word, maak dood!!!!!

Abe ·

Joan Riekert,
Ja, rondtes wat gevuur word maak dood en jy mag nerens iemand doodmaak nie maak nie saak wat hy daar gesoek het nie. Lees weer wat die wet se. En lees dit voordat jy bosvarke jag of enigsinds aan n vuurwapen raak.

Chrisjan ·

Dit lyk vir my die gewese mieliedief se familie gaan nou beloon word.

Johann ·

Lees ek reg as bemiddeling gespel word: G. E. L. D? Soos met die arme weerlose mense wat dood en weg is na hulle geskuif is soos diere, en die familie ook “bemiddeld” is met ons belasting geld?

Landi ·

Sjoe ons regstelse is pateties. Boere word eenvoudig net dood gemaak en dis maar dit. Nou skiet n boer n dief,/skelm op sy eie plaas dan moet hy vervolg word. Goeie genade waar gaan hierdie land heen

kas ·

Dit was in diue eerste plek nie op sy eie plaas nie,maar ja ek stem saam bemiddeling sonder vergoeding anders moet die saak maar hof toe gaan.Wie kan verklarings oor die gebeure maak.Die familie was nie daar nie en Hepburn het van die begin af oop kaarte gespeel.Die man was nie veronderstel om daar te wees nie.Die tekens was daar dat dit ‘n bosvark kon gewees het.Waaraan is die man skuldig.Nou sien die familie klaar geld.

Pieter ·

Enigiemand wat van bosvarkjag in mielande ken sal weet dat dit onmoontlik is om te geweet het dit is nie ‘n mens nie. ‘n Geruis in die land onder daardie omstandighede sal enigiemand laat dink dit is inderdaad ‘n bosvark. Die kanse dat dit ‘n mens is sal heeltemal onwaarskeinlik klink. Die mens oftewel dief was gladnie veronderstel om daar te wees, weg te kruip nie.

Danie ·

N mens skiet mos nie net in n bos in nie, jy maak seker jy het die teiken in oog voor jy skiet

Lana ·

Danie, jy maak ook seker dat jy nie soos ‘n dief in die nag op plekke is waar jy nie hoort nie.

Abe ·

Pieter,
Die wet se jy moet die teiken identifiseer voordat jy n sneller trek. Dis nie genoeg om n donker kol te sien of buitelyne of iets wat soos n bosvark lyk nie. Jy moet weet wat jy skiet en seker weet dat jy wie of wat ookal in jou visier is wetiglig mag vernietig.

Abe ·

Ja, Danie,
En jy maak seker wat die teiken is en dat jy dit wettiglik mag vernietig.

GM ·

So die familie moet nou weer geld kry omdat die man, soos ‘n dief in die nag, in die mielielande rondgesluip het? Dalk was hy daar om ‘n plaasmoord uit te voer, wie weet. Dis jammer dat hy sy lewe verloor het, maar as hy op die buurplaas gebly het waar hy werksaam was, dan was hy nie perongeluk geskiet terwyl hy oortree het nie.

Chrisjan ·

Abe

Hy het die teiken identifiseer as ‘n bosvark, as jy in ag neem dat daar nie veronderstel was om mense te wees nie, die dief probeer wegkruip het en die lig swak was dan is dit baie maklik om so fout te maak.

Liberaal ·

Liberaliste en linkses sal alles doen om misdadigers te beskerm en hulle slagoffers tot in die grond in te werk.

Koos ·

Klink eerder of die staat ‘n swak saak het. Wie sou voorsien as jy jag op jou eie grond daar loop ‘n betreder rond?

SjN ·

Die mieliedief is skuldig en nou wil familie skik, dit gaan hom nie terugbring nie, dit gaan net so met die grond, hul is geldhonger.

Denise ·

Danie n mens loop nie sommer op n ander mens se grond nie die boer is onskuldig !!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.