Nuwe Samwu-leiers ná mosie van wantroue

Die munisipalewerkersvakbond Samwu het ʼn nuwe leierskap aangestel tydens ʼn gewone vergadering van sy sentrale uitvoerende komitee in Bloemfontein.

Papikie Mohale, woordvoerder van Samwu, het Vrydag in ʼn verklaring gesê verteenwoordigers van al nege provinsies het die vergadering bygewoon. “Die uitvoerende komitee is van mening dat die vakbond nie op ʼn pad is wat in belang is van die munisipale werkers nie, spesifiek die versuim deur die vakbond om twee jaar lank vergaderings te hou, en die versuim deur die voormalige ampsdraers om die uitvoerende komitee in hul vertroue te neem oor besluite wat namens die vakbond geneem word.”

Hy het gesê afgevaardigdes het ʼn mosie van wantroue ingedien teen die vakbond se nasionale ampsdraers en die uitvoerende komitee het die nuwe nasionale leierskap aangestel.

John Dlamini is aangestel as president, Nelson Mokgotho as die eerste adjunkpresident, Priscilla Ntsuba as die tweede adjunkpresident, Koena Ramotlou as die algemene sekretaris, Dumisani Magagula as die adjunk- algemene sekretaris en Zukiswa Vezi as tesourier-generaal. Hulle sal na verwagting die vakbond in 2020 tot die nasionale kongres lei. Die nuwe leierskap moet ook stabiliteit en normaliteit na die vakbond laat terugkeer.

Die nuwe leierskap sal binnekort met die vakbondfederasie Cosatu vergader om die nuwe leiers aan hulle voor te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Philippus Janse van Rensburg ·

“Twee jaar geen vergaderings gehou nie.” Maar, toi-toi, ekskuus, betoog kan hulle!
Dit laat my wonder watter besluiteooit geneem is.

hercu ·

fantastiese manier van werk skepping – vir elke pos is daar ‘n adjunk en seker ook ‘n “spokes person”, want hull kan mos nie self toesprake lees of vrae beantwoord nie, net eh eh eh!!

Johanna Botha ·

Die land word tot in die grond in gestaak mwt al die demands …plaas hulle self iets begin doen vir hulle mense en begin werk skep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.