Nuwe Sassa-hoof aangestel

Argieffoto

Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Busisiwe Memela-Khambula, voormalige besturende direkteur van Postbank, aangestel as die nuwe uitvoerende hoof vir die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa).

Memela-Khambula neem die leisels oor by die waarnemende uitvoerende hoof, Abraham Mahlangu. Sassa het gesê Memela-Khambula se ervaring in die finansiële dienste sal tot voordeel strek.

“Sy het baie ervaring in senior bestuur in die staat- en privaat sektor en dit is baie waardevol vir Sassa. Sy is ʼn sakestrateeg en het op verskeie rade gedien as direkteur. Die Sassa en SA Poskantoor-vennootskap om die maatskaplike toelaes te betaal is nog in die begin stadium en haar aanstelling sal ʼn sleutelrol speel om die momentum te verhoog om seker te maak dat dienslewering verbeter,” het Shabangu in ʼn verklaring gesê.

Mahlangu is in 2018 as waarnemende hoof aangestel en het Pearl Bhengu vervang ná Bhengu versoek het om na haar aanvanklike pos in KwaZulu-Natal terug te keer.

Bhengu het aanvanklik Thokozani Magwaza vervang wat die agentskap verlaat het ná ʼn onderonsie met die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini oor die omstrede Cash Paymaster Services-kontrak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Onnie ·

Die poskantoor SA is dan in sy maai! Wat laat hulle dink sy sal SASSA reg kan bestuur???

fred ·

sal ons nog ooit n wonderwerk sien van n blanke wat in n hoë pos aangestel sal word..???

Ja swaer ·

Ek ruik ‘n rot. Eers word die SASSA uitbetalings sonder behoorlike prosedure oorgeskuif na die Postbank, dan skielik is Postbank se baas die hoof v SASSA. En dis ‘n dooie rot …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.