Nuwe segsman vir Zuma

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma het Sondag aangekondig hy het ʼn nuwe woordvoerder wat dadelik met sy pligte begin.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê dr. Bongani Ngqulunga, die adjunk-direkteur generaal en hoof van die president se private kantoor, sal onmiddellik begin waarneem as Zuma se woordvoerder. Ngqulunga sal ook in sy ander amp aanbly.

Bongani Majola, wat sedert verlede jaar as Zuma se woordvoerder waargeneem het, is intussen bevorder tot hoofdirekteur van kommunikasie. Zanele Mngadi, wat voorheen in dié pos was, is intussen as personeelhoof by die departement van omgewingsake aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

cobusp ·

Ek wonder wanneer zuma n spin dokter gaan aanstel om sy image bietjie reg te trek………soos Oscar in die begin met SH spin dokter. Wat toe nie te lank gehou het nie.te veel geld gekos en Oscar was so krom van die skuld kon niks vir sy image doen nie……..

Buitestander ·

Groter kader wat nie vrae vra nie net verdraaide antwoorde kan verskaf.

KP ·

Ek wonder hoe groot is die man se kabinet en al die ander amptenare wat op die soustrein moet saamry.

Rupert Ashford ·

Sjoe hulle hou nie lank in daai job nie. Word seker groot beloftes gemaak as hulle vir 6 maande of ‘n jaar kan vasbyt!!!

Flintstone ·

Haha!”dadelik met sy pligte begin”Wanneer begin HY met sy pligte!Groot grap,dink hy moet self op ‘n 2 milj.wereldbesoek gaan om te gaan kyk hoe word ‘n land eintlik bestuur!

Sarie ·

Dit is klaarblyklik baie voordelig om Zuma se woordvoerder te wees. Wees net ‘n goeie hekwagter en woeps die volgende oomblik word jy na ‘n vetpos verplaas!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.