Nuwe ‘Skerpioene’ gaan korrupsie vasvat

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Twaalf jaar ná die gewraakte besluit van die ANC om die bobaas-korrupsiebevegters, die Skerpioene, te ontbind, het pres. Cyril Ramaphosa die terugkeer van ‘n afkaatsing van die spesialis-eenheid aangekondig.

Die nuwe ondersoekende direktoraat sal uit die kantoor van die nasionale direkteur van openbare vervolgings funksioneer kragtens artikel 7 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, het Ramaphosa Donderdag tydens sy staatsrede in die parlement in Kaapstad gesê.

Die nuwe instelling sal veral fokus op die vervolging van diegene wat hulself skuldig maak aan korrupsie en staatskaping, veral die inligting wat by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan die lig gekom het.

‘n Aankondiging in die Staatskoerant sal eersdaags die raamwerk formuleer waarbinne die nuwe direktoraat sal funksioneer.

Net soos die Skerpioene sal die nuwe direktoraat sowel ondersoekende as vervolgingskomponente hê wat saamgevoeg sal word. Die hoofdoel sal wees om die opbrengs van korrupsie terug te kry en die skuldiges aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Anoniem ·

Hoop net dat hulle sal kan doen wat hulle moet sonder inmenging ! Gee die OPDRAG en LOS hulle !

Johanna Botha ·

Van die GOOD STORY ???van die anc se zuma jare na 9 lost years ???

Frikkie Geld en huis ·

Ek weet nie waar kom jy aan 9 lost years nie. Ek tel 25 lost years.

Rooikop ·

“Die hoofdoel is om die opbrengs van korrupsie terug te kry”. Haha! En dan? Dan steek julle dit maar net weer in julle sakke op ‘n ander plek??

Daan Erasmus ·

Kan ons asb ‘n naamlys kry van die mense. Ons hier by BOSSASA het klaar hul pakkie geld reg. Ons wil dit net aflewer.

Corne ·

LOL HAAAAAAAHAAAAAHAAAA is dit nou werkskepping.Wie moet vir dit betaal die belsating betaaler.Net nog n las om te betaal wat niks gaan mag doen of se nie en bribes vat om stil te bly.

Schalk ·

Ha ha ha ons julle politikiste glo julle geskiedenis getuig teen julle jammer te veel korruptes in ANC sorry julle ministers se neuse is nie skoon nie.

Stripes ·

en die skerpioene val onder die openbare vervolger? Nee wat, van hierdie storie sal ook niks kom nie want al wat gaan gebeur is dat die skuldige tjommies nie vervolg of ondersoek gaan word nie. Nog ‘n geldmorsaksie maar ja, seker werkskepping vir maatjies.

Sarel ·

Waar gaan CR die ondersoek beamptes kry vir die taak? Wat gaan hy met die HAWKS doen, hulle as wagte gebruik by die staats geboue . Ek wonder of hulle selfs dit behoorlik sal kan doen.?

Johan ·

Wat maak vanjaar se beloftes enigsens meer kredietwaardig as laas jaar s’n? Of al die jare voor dit? Hoekom sal die ANC na 25 jaar van verwoesting en selfverryking n ander pad inslaan?

Elbie Naude ·

Die ANC is so ernstig om korrupsie uit te roei dat dit 12 jaar geneem het om ‘n eens gedugte span te herroep, Daar gaan baie selektief opgetree word met die vervolging van skuldige individue. Skuldiges kry 15 jaar tronkstraf en gaan sit in ieder geval na ‘n paar maande in ‘n hospital, heerlik omhul met rykdom by die huis – dodelik siek.

Ja swaer ·

Maw n erkenning dat die Hawks useless is. Soos almal weet

Carl ·

Waar gaan hy die kundigheid vandaan kry? Al ons oud ondersoekers is, wel, net dit, oud.

alet ·

Moet al die kundiges net uit die ANC kom wat vd ander partye wat net soveel kundige mense het wat kan help.Vra maar net

Spike ·

Die comrades en kaders het baie planne, maar hul vermoëe om dit te implimenteer is die probleem.

Spikes ·

cyril was deel van die 9 verlore jare terwyl hy 2IB was, en het nie ñ woord gesê nie. Hy is die laaste wat nou kan praat.

Why? ·

Weg met die leuns van die anc. en die hele verrotte spul. Hoekom het die eef hulle gisteraand soos soet kinders gedra. Daars nog n slang in die grass. ” Watch this space”

Wonder net ·

Why!!!!!!!!!!!!!!
Oor die een het ek ook gewonder.
Wat is hulle belowe vir goeie gedrag ?
Moontlik poste in die Skerpioene?
O ja maar CR het mos weggespring met sy grappie oor die lied wat hy op die verhoog sal sing as EFF regeer na die verkiesing. Duidelik ‘n baie goeie gesindheid tussen CR en Malema.

pieter ·

Is daar nie n manier om elkeen van ons se menings op hierdie blad direk by ou cyril uit tekry nie.

Werner ·

Die kalf is in die put, ons moes dit gister by hom probeer uitkry het.

Marie Visser ·

Dankbaar vir die komende positiewe optrede. Vertrou nuwe Skerpioene het ‘skerp angels’ Kry die geld terug en sluit rowers toe.

Peter Holmes ·

Hulle wag vir daai 100 Biljoen van oorsee. Die beloftes. Dan druk hulle dit ook in hul sakke. As dit ooit hier gaan aankom. Ek twyfel sterk !!!!Hoekom het CR niks gedoen in die tyd toe hy adjunk president was nie !!!!

Afrikaner ·

Die NVG het dan self ‘n kollosale tekort aan personeel, mense wat die bedryf verlaat het en moet daardie poste gevul word. Dan moet die nuwe Skerpioene op die been gebring word. Hierdie gaan baie, baie geld voor benodig word wat ‘n allamintige poging sal verg. Dan is die verdere vraag, wanneer sal hulle eendag by al die korruptes wat soos seer vingers vir ons is om te sien, uitkom.

Marius ·

Langenhoven het gese” as jy n ou wa wil verkoop, verf hom nuut” . Ek sal graag wil weet hoekom die Hawks ooit betstaan het.

David ·

Nog leë beloftes, soos tevore. Dis was die ANC want die eerste skerpioene ontbind het.

Ek sal dit glo wanneer Zuma en kie met baie lang vonnisse in die tronk sit, en nie presidensiële verskoning na ‘n paar maande kry nie.

steve ·

Kyk mooi vorige regering was ook korrup. Net beter veggesteek en almal is nie korrup nie. Ek vra maar net sou enige een van julle n beter werk kan doen? Enige iets is beter as wat ins tans het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.