Nuwe slaagstandaard vir wiskunde skokkend

wiskunde-03

Argieffoto.

Kenners het vandeesweek hul skok uitgespreek oor die besluit van die departement van basiese onderwys om die slaagsyfer vir wiskunde in gr. 7 tot 9 aan te pas tot net 20%.

Hoofde het verlede Vrydag ʼn departementele omsendbrief ontvang wat verklaar leerders wat hul jaar druip omdat hulle nie 40% vir wiskunde behaal het nie, nou steeds die jaar kan slaag, solank hulle minstens 20% vir dié vak behaal het en al hul ander vakke geslaag het.

Die meeste kenners is dit eens hierdie besluit van die onderwysdepartement is ʼn verdere verlaging van onderwysstandaarde onder politieke druk en dat dit die verkeerde boodskap aan leerders stuur.

“Dit druis in teen globale onderwysbeginsels. Kinders kan nou sukses behaal deur minder te werk. In die gr. 7 tot 9 seniorfase is dit juis krities belangrik om leerders te leer van deursettingsvermoë en skouer aan die wiel te sit om ʼn beter loopbaan na skool te verseker,” het Hugo Vermeulen, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers van Helpende Hand gesê.

Jacques du Plessis, ʼn dosent in wiskunde-onderrig aan die Universiteit van die Witwatersrand, meen die besluit is skokkend. “Dit is verskriklik, want ons sit reeds met eerstejaarstudente wat nie eens weet hoe om breuke bymekaar te tel nie. Dit beteken in effek dat kinders kan vorder terwyl hulle nie eens 80% van hul werk verstaan nie. Ek dink die departement doen hierdie kinders ʼn vreeslike onreg aan.”

Du Plessis meen die wiskundekurrikulum is reeds oorvereenvoudig. “Dit is nie uitdagend genoeg nie en toets ook nie meer kinders se kritiese denkvermoë oor hoe om syfers te gebruik nie. ʼn Kind kan wiskunde slaag, of ʼn onderskeiding behaal, deur net die laaste agt jaar se vraestelle te bestudeer, want dan sal hulle presies weet watter soort vrae hulle in die eindeksamenvraestelle kan verwag.”

Hy beveel aan dat die departement eerder onderwysers moet help om wiskunde as vak beter oor te dra aan leerlinge, as om die slaagsyfer afwaarts aan te pas.

Vermeulen sê die konsep om ʼn kind kwyt te skeld vir ʼn vak soos wiskunde, is nie ʼn nuwe beginsel nie, maar dat dit in die verlede gewoonlik gedoen is vir ʼn leerling wat net 2% kort om te slaag. “Daar is ook nie net suiwer na punte gekyk nie. Al die omstandighede is in ag geneem, soos die leerling se skoolbywoning, probleme by die huis, die kind se gesindheid en of die kind trauma gedurende die jaar ervaar het.”

Volgens Vermeulen word die waarde van goeie opvoedingstandaarde by die venster uitgegooi ter wille van ʼn beter nasionale slaagsyfer. “Die onderwysdepartement moet jaarliks met ʼn rooi gesig verslag lewer daaroor dat minder as 50% van kinders, wat in gr. 1 ingeskryf is, 12 jaar later matriek slaag. Dit is maar net nog ʼn manier op die syfers beter te laat lyk.”

Marius Botha, ʼn onderwyskonsultant, meen dit mag dalk ook ʼn poging wees om ʼn hoër slaagsyfer in gr. 9 te bekom, sodat die kinders voel hulle kan die skool verlaat. “Hulle is dus nie meer die verantwoordelikheid van die onderwysdepartement nie, omdat hulle nie meer skoolpligtig is nie. Wie gaan verantwoordelikheid vir hierdie kinders neem? Hulle het ʼn slaagsertifikaat, maar wat is dit werd en waarheen gaan hulle met so ʼn slaagsertifikaat?”

Jaco Deacon, adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gesê die besluit sê baie oor wat die departement van hulle eie opvoeders se vermoë dink om leerders wiskunde te leer. “Dit is ’n hartseer dag dat daar so aanpassing moet wees en dui op ernstige probleme met die kwaliteit van die stelsel, opvoeder en leerders. Die probleem het ’n lang aanloop en die verlaging van die wiskunde is eenvoudig om meer leerders te laat slaag omdat die stelsel hulle in die steek laat. Die antwoord is nie net om standaard te verlaag nie, maar om  ook alternatiewe te skep soos vaardigheidskole waar kinders ’n  ambag kan aanleer en na skool self ’n inkomste kan skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Paul ·

Die gevolg van sulke lae standaarde is dat zuma syfers soos “eleventy fifty” kan gebruik.

Karin ·

Ek dink 20% is baie laag, maar dit gaan beslis vir kinders help wat met ‘dyscalculation’ gediagnoseer is, wat ADHD en Dyslexia het, wat TE slim vir n spesiale skool is – en hulle moet in n gewone skool presteer en funksioneer.

Varkie ·

Wel as jy 9 vakke het en van elke een te minste n uur se huiswerk kry dan sien ek nie regtig hoe mens moet by hou nie, ek het self gesukkel met dit toe ek op skool was, en ek het nie eers sport gedoen nie, die periode is 40 min lank, maar die eerse 15-20 word gespandeer om die huiswerk van vorige dag te merk, en dan redineer die kinders nog oor die antwoorde en dan die laaste 15min word gebruik om nuwe werk te verduidelik en huiswerk te gee ? Dit was elke dag so.. en as jy nie by gehou het nie dan word daar vir jou gepreek.. eers toe ek op universiteit gekom het en meer tyd begin kry het vir elke vak het my punte verbeter.. ironies genoeg was dit nie die lektor wat my gehelp het nie maar beter handboeke.. op skool was daar ook heen en weer gespring tussen hoofstukke waar op universiteit mens van voor tot agter gewerk het, baie makliker

Verıtas ·

Varkıe, ek kon dıt nıe beter stel nıe. Behalwe vır dıe hope huıswerk, ıs onderrıg metodes ook maar suspısıeus. Kınders word ın graad 2 geleer om optel- en aftreksomme ın hakıes op te breek bv. 17+12= (10+10)+(7+2)=20+9=29. Omslagtıg en verwarrend. Wat ıs fout met dıe 17 bo en dıe 12 daaronder? Dıe ene, 7+2=9 en dıe tıene ıs 1+1=2. Dıt ıs so maklık soos om uıt ‘n boom te val. As kınders nıe eers dıe heel basıese somme kan maak nıe, hoe op aarde gaan hulle wıskunde onder dıe knıe kry?

Reinhardt ·

Jy is die eerste persoon wat ek al in my lewe tee gekom het wat sê jyt meer tyd op universiteit as op skool… Ek’s jammer maar skool was ‘n grap gewees teenoor universiteit.

Magda ·

Varkie… jy was seker baie lank gelede op skool? Kinders se werk word nie meer deur die onderwysers gemerk nie- daar word bloot memorandums uitgedeel waarna die kinders self die werk moet merk. … sê maar net

Paul ·

Varkie,
Ek sal vreeslik graag wil weet watter kursus jy op universiteit gedoen het. Vir my was skool ‘n fees in vergelyking met universiteit.

Diana Moolman ·

En more word daar ‘n bohaai op geskop omdat mense nie kwalifiseer vir poste nie!!

Jack Russl ·

Hulle kwalifiseer vir die poste, maar die kwalifikasie beteken niks nie. Om te kwalifiseer beteken nie dat hulle die werk kan doen nie.

TDW ·

Dis regtig onverskillig van die departement v onderwys! Die standaard is nou so laag dat die kinders nooit die basiese goed gaan leer wat hulle sal help om hul geld reg te spandeer nie. Hulle somme sal nooit klop nie.

Tans :-) ·

Hahahahahahahahahahaha Poot hoe lekker lag ek nou!!! Kan MM nie ‘n “like” opsie maak vir kommentaar nie?

jaco ·

en as jy vakante poste in jou besigheid wil vul, moet jy maar van hierdie druipelinge die werk gee, anders betaal jy n boete omdat jy nie regstellende aksie toepas nie

peanut ·

Jaco, ek dink n mens sal maar n ‘competency” toets moet opstel om seker te maak hulle kan by 2 uitkom as hulle 1+1 sien, en nie by 11 nie

sanet ·

mag n gr 2 kind teeuggehou of druip as die kind net een kwartaal in daai skool was en rappoet van vorige skool in dieselfde provinsie,was goed?

Ouvrou ·

Sanet- die antwoord is Nee,masr Is jy seker jy verstaan die kriteria. Moontlik was die kind se vordering i vorige skool nie so goed as wat jy dink nie. Dit is beter om i n junior fase terug gehou te word as in hoër grade. Praat met die juffrou en vind presies uit waar jou kind te kort skiet. Bly kalm en onthou julle is ‘n span wat die kind se beste belang op die hart dra.

Paula ·

Daar is defnitief iets fout met die manier hoe wiskunde opleiding in die skole gegee word.
Selfs die slimste kinders in my kind se GR9 klas het nie 40% behaal nie. En die onderwyser wat dit aanbied is so vol van haarself. My kind het privaat eksta wiskunde klasse geloop en daar kon sy haar wiskunde met sukses doen en reg hê. Maar sodra sy toets skryf druip sy. Iets maak net nie sin nie.

daniel ·

dieselfde het in die ou Suid-Afrika met my op skool gebeur en ek het later uit betroubare bronne uitgevind hoekom: my pa was nie ‘n ondersteuner van die nasionale party en hy was nie in die NG Kerk nie. Maar ek wonder waarom dit met jou kind gebeur? speel ras dalk n rol?

Christelle ·

Paula, stem 100% saam met jou!! Dis ‘n groot bekommernis.

CL ·

Om die simptome van die gebrek aan ‘n syfervaardige basis te behandel deur standaarde tot op die vloer te verlaag? Onnosel.

DD ·

Een van die dae is tersiêre onderrig heeltemal gratis, want niemand wat wiskunde met 20% geslaag het sal ooit op universiteit oorleef nie.

Brie-brie ·

Dis pateties. More maak besighede toe omdat hulle nie kan tel nie of om belasting gelde te betaal nie…….?

Paula ·

Nog n ding, hoekom wiskunde verpligtend maak en dit n vak maak wat moet geslaag word om jou graad te slaag. Toe ons op skool was en jy het wiskunde gedruip is jy steeds bevorder want dit was nie n verpligtende vak nie. Dan hoef hul mos nie die standaarde te verlaag nie. En die gene wat sê wiskunde is n moet om te hê om n suksesvolle toekoms te bou is nie heeltemal reg nie. Ek het n suksesvolle beroep sonder wiskunde en kan my geldsake goed hanteer.

c ·

Ek stem. Ek doen die Kasboek by my werk en het Wiskunde net tot gr 9 gehad. Mens is nie dom as jy nie wiskunde van Gr 9 gehad het nie. Mense kan oordryf in hoofletters. Almal kan Wiskunde doen soos in Laerskool aangebied word. Mense, is ons ‘n klomp dom idiote wat nou in ons dertigs is? Nee, en ons het Wiskunde as ‘n keuse vak moes neem. Wanneer gaan mense bietjie kyk waarvoor jou kind aangele is. God het ons breine en dink vermoee verskillend gemaak. Onderwysers bied klas op een manier aan. As jou dink en redeneer vermoe nie soos die onderwyser is nie, val jy uit die bus. En as jy nie Wiskundig aangele is nie, gaan jy sukkel. As jy ‘n kind het wat met wiskunde sukkel en alle ander vakke doen hy goed mee, hoe kan hy as ‘n lui kind geklassifiseer word. Jinne tog, wiskunde is nie die Alfa en Omega nie. Moenie julle bekommer nie, daars baie leerlinge wat wel aangele is in wiskunde en ook daarvan hou. Die land gaan nie ten gronde gaan omdat WISKUNDE nie aanbid word nie.

Paul ·

My seun het met wiskunde gesukkel,hy het die eerste drie kwartale net 20% vir sy wiskunde gekry,aan die einde van die derde kwartaal het ons vir hom die wiskunde boek van Paper Video gekoop hy het sy 4de kwartaal met 45% geslaag.Ek kan julle verseker Paper Video is briljant vir leerders.Hy voel sommer baie meer gemaklik oor wiskunde,ek het klaar Gr9 se paper video boek vir hom bestel.

Theresa ·

Dit is ‘n afwaartse stap. Pateties. Om 80% van jou werk nie te ken nie, beteken jy weet niks daarvan af nie.

Max ·

20% is baie hoog as ons dit vergelyk met die slaag standaard van dienslewering in die nuwe RSA.

Alicia ·

Jippeeee vir die skoolkinders!.
Ek het wiskunde met ‘n passie behaat. Al wat jy nodig het vir die besigheids wêreld is optel, aftrek, vermenigvuldig en deel – as jy lus het – Exell doen dit sommer vir jou of trek jou optelmasjien nader. Laat die wat belangstel in meetkunde en X en Y en vierkant wortels dit op universiteit gaan leer!! Wiskunde geletterdheid is net so ‘n nagmerrie. Ek is al 35 en kan verstaan nog steeds nie woordsomme nie – hehehe

Fielies ·

Alicia, algebra, trigonometrie, meetkunde en gewone logika is baie nodig in die ingenieurswese, medisie, weermag ens. Die manne wat ons wapentuie vervaardig om ons land te beskerm, lugverkeer beheerders, vliëeniers, dokters en die lys gaan aan en aan. Net omdat jy regkom daarsonder beteken nie dat dit onnodig is nie. Goeie wiskunde punte dra selfs toe tot beter motor bestuursvernuf, glo dit of nie.

Colleen ·

Wiskunde leer mense om logies te dink en probleme op te los, maar ons almal weet meeste mense in Suid-Afrika kan nie logies dink nie.Dit is inelkgeval baie oefening oor en oor om goed in Wiskunde te raak. As jy baie swak doen in Wiskunde is jy maar net lui. Kinders sit te veel voor die TV en speel te min. Hulle leer glad nie om probleme op te los nie want alles word vir hulle gedoen.

E.K. ·

Dan kom hul in graad 8 en het nie ‘n “clue” nie. Mens moet dit andersom bekyk, hulle hoef dus 80% van die werk glad nie te verstaan/ken nie! Dus weet jy dan GLAD nie wat aangaan nie. Dis soos ek wat seker so twintig woorde in Sotho ken en dan sou ek op skool die vak kan slaag!!

Voorlaaier ·

Daars ni pille vir domgeit nie!…..so laat sak maar di slaag syfer!!…

Beam me up Scotty!!….There is no intelligance down here!…..

Freud ·

….. en so word daar nog meer analfabete die toekoms ingestuur. Dit is ‘n tragedie!

Piet Pompies ·

Onderwyser aan leerling, 2×2=, leerling =6, klas sing, gee hom nog ‘n kans. Onderwyser, 2×2=, leerling =8, klas sing, gee hom nog ‘n kans. Onderwyser, 2×2=, leerling =4, klas sing, gee hom nog ‘n kans……

Topster ·

Die ding is jy kan nerens n week kry as jy nie n graad 12 het nie maar wat beteken dit eintlik op jou besigheid daar is baie mense wat sukkel met teorie maar goed is met prakties maar nie n kans gegun word en almal kan nou eintlik sien hoe swak die standaard is en ek sien dit elke dag in die mynbedryf en dit is ellende mense verstaan nie daar is mense wat met grade sit 3 in een posvlak en hulle sukkel om die werk gedoen te kry maar waar een person sonder n matriek al daai werk alleen gedoen het .Alles is besig om ten Gronde te gaan

Carlia ·

My nuwejaarsvoorneme is om dadelik in te skryf vir matriekwiskunde. Elke een kan nou wiskunde slaag. Wat ‘n land!!!

William ·

Decolonising Mathematics!–duidelik ook n’ westerse konsep. Net soos skeikunde.
Net so westers as wette en orde.

Katinka ·

Hulle kweek dom kinders. Waar gaan ons eindig? Wat is punt van leer, dink, selfstandig wees en VRA as jy nie verstaan nie. Verregaande!!!!!

Mill ·

Organised-Chaos!! Ek ondersteun dat onderwysers liewer geleer moet word om hoe die wiskunde makliker verstaanbaar oor te dra. Ons standaard van opvoeding verswak by die minuut. Gaan ons kinders eendag oorsee kan gaan werk met 19% slaagsyfer in Wiskunde?

Kuio ·

Stem 100% saam met Fedsas se kommentaar in die laaste paragraaf. Ek weet nie hoekom die dept so behep is met Wiskunde en dat almal dit moet slaag nie. Wiskunde is van onskatbare waarde vir dié wat ingenieurs, ens wil word, maar moet dit nie afdwing op almal nie. Wat help dit iemand het wiskunde maar kry net 20%? Daar is al lankal te min mense wat kan werk – soos ambagsmanne. Dit was eens n trotse ding om goed met jou hande te kan werk – en dit behoort steeds net so trotse ding te wees. Nie almal kan goeie handewerk doen nie en kyk maar self bv wat betaal jy vir n loodgieter.

peanut ·

Sjoe, Kuio, jy moet versigtig wees, n loodgieter het wiskunde bitter nodig.
Hy moet die waterdruk oor n afstand kan uitwerk, bogronds en ondergronds. Hy moet die lengte pyp benodig vir n installasie kan uitwerk. Hy moet die deursnee van verskillende koper, pvc en staal pype kan uitken met die oog.

Duidelik is jy nie baie vertroud met wat n loodgieter doen nie, of jy is net onbewus van waar presies mens wiskunde gebruik.

Emile ·

Uiteraard is die 20% Wiskunde slaagvereiste onaanvaarbaar.

Die keersy van die munt is egter dat die akkumulatiewe hoe” drupsyfer veroorsaak dat druipelinge aansienlik ouer is as hul klasmaats. Hierdie ouderdomsgaping lei tot baie groot probleme in die klas en op die skoolgrond. Seksuele teistering, afknouery en aanranding, dwelmsmousery en bendeaktiwiteite. Dis geen grap om 16 tot 18 jarige kinders in ‘n Gr 7 klas met 12-13 jariges te he^nie. In plattelandse skole is 23-jarige Graad 11 of 12’s niks ongehoord nie en dis sosiaal ongesond.

Die skuld vir swak by prime^re onderwys moet gele^ word voor die deur van vakbonde en onderwysers wat prioriteit aan politiek bo kwaliteit opvoeding plaas.

Lala ·

Stel kind met GR9 wiskunde aan as taks konsultant. Betaal minimum loon R3500. Sit R350 in koevert aan einde van die maand. Hy sal nooit weet hy is verneuk nie. Buitendien, werkers mag nie slimmer as die president wees nie! LMGA

Suzie ·

Genade ,slaagsyfer van 20%!My kind in gr.4 is baie lui en hou geensins van skool/huiswerk maar selfs sy kry 60% in wiskunde sonder om eens te leer.Die een in gr.8 kry sedert gr.1 90% en meer.Dalk le die fout by onderwyser se aanbieding van vak?Hoekom in elk geval wiskunde verpligtend maak, destyds kon ons kies watter vakke ons wou doen.

moeks ·

Ironies genoeg het ‘n seun wat 1% kort vir Afrikaans gedruip. Hy het al sy ander vakke geslaag.

Piesangs ·

mense dis algeheel skokkend. ek is van die jonger generasie wat nog 50% of eerder 33.3% kry om te slaag. ek het alles B/C gemiddelde gehad, maar ek moes hard werk vir dit….
more betree die mense die werkers vlak en dan sukkel ander mense weer met hul. ek dink dis net makliker vir die departement om dit so te doen, want dan skuif hul die figuurlike bal rond na n ander een. 33% al klaar is te laag.
En op universiteit moes ek ook skouer aan die dag sit…..
niks is verniet nie….en hard work pays off.

emma ·

Dis lagwekend! Oor 2 jaar hoef kinders net op hulle hande te kan tel om deur Matriek te kom….(comment from a friend after reading this)imagine this:” This is your captain speaking. We will depart from runway 16 . Btw i only got 20% for my pilot license so sit back and enjoy the flight”

Marius ·

Hulle is slim hulle kry die kwalifikasies en weet hulle kan werk nie doen .(hulle word ‘n kontrak gegee en as hulle nie werk kan doen dan kry hulle n GOLDEN HANDSHAKE.

MK ·

Teen die tempo gaan ons een van die dae die hoogste slaagsyfer – 100% he…. Maar ook die hoogste werkloosheid syfer. Baie hartseer

m ·

Hierdie is darem nou maar die grootste grap. Is dit nie dalk n baie laat April fool grap nie

salome ·

Ai tog!…Hoe moet ons n kind graad 9 laat druip as hy of sy net nie wislunde kan doen nie…maar vir Afr en ander vakke bo 60% behaal??..Sulke kinders wil in elk geval nie gewone wiskunde neem in graad 10 nie…..

Etienne ·

Verbaas my glad nie – alles waaraan die ANC raak verander in feces…..

Etienne ·

So kweek ons toekomstige Presidente wat nie syfers kan lees nie !

Piet Pompies ·

Die slaag van wiskunde maak jou nie net slim met syfers, dit maak jou slim met baie meer goed wat nie eers syfer verwant is. As jy goed is met wiskunde is jy gewoonlik goed met probleem oplossing, redeneer, vergelyking en baie ander eienskappe vir ‘n gesonde bestaan.
So, leer maar daardie wiskunde!

Adel ·

My seun is ook deur gesit met n wiskunde punt van 22%, maar ek as n ouer het besluit om n brief te skryf aan die skool waar ek die besluit maak dat my kind GR8 sal herhaal. Hulle het dit so aanvaar en hy gaan dit herhaal.

peanut ·

Adel, ek haal my hoed af vir jou. Dit is hoe n ouer wat omgee vir haar kind, en vir sy toekoms, optree. Eerder nou dit herhaal, as spyt wees wanneer hy grootmens is.

Hou so aan, jy maak jou kind reg groot. Hy sal jou eendag bedank daarvoor.

Louisa Pretorius ·

My graad 9 dogter het dit nie gemaak met n wiskunde punt van 18% wanneer gaan die 20% vir wiskunde in werking tree? Sy sukkel het ekstra klasse bygewoon pouses by juffrou kry dit net nie verstaan. Is daar iets wat ek kan doen. Baie dankie

peanut ·

Louisa, gewoonlik tree die ‘gaps’ in die laer grade in. Wanneer n kind dit dan nie oorbrug nie, raak hy/sy net al verder agter.

My voorstel sou wees dat jy in n wiskunde program bele wat van graad 1 af strek, wat jy as ouer kan doen: sit namiddae of saans saam met haar en wees haar ondersteuning, wees betrokke, daagliks, en help haar waar jy kan.

Al dink julle miskien dis belaglik om by graad 1 te begin, mens weet nie waar sy die ‘gaps’ ontwikkel het, en as sy vinnig deur daardie werkies gaan, wonderlik, maar sy moet NIKS oorslaan nie. Laat sy elke som, elke woordsom, elke oefening doen. Jy sal sien haar pas raak stadiger sodra sy die werk begin doen waar haar probleme begin het. Dit is dan wanneer sy jou die nodigste gaan he, beide met die ondersteuning sodat sy nie moed verloor nie, en met hulp met die somme self. En moenie dat sy hier begin werk oorslaan nie, sy moet deurdruk tot sy al die moeilike dele verstaan, voor sy na die volgende werk gaan.

Gebruik ook die internet; daar is wonderlike hulpmiddels; onnies wat gratis verduidelikings oor spesifieke areas gee; wiskunde woordsomme en ander probleme, met hul oplossings, ens. Ek weet waarvan ek praat; ek was daar met my kleindogter wat outisties is, en sy het op die ou einde haar gr.7 wiskunde geslaag. En dit het haar selfbeeld n uiters belangrike hupstoot ook gegee.

Baie sterkte aan julle albei.

CB ·

Pienaar se uitlating dat die wiskundekurrikulim oorvereenvoudig is en nie uitdagend genoeg nie laat my stom. Ek het gr 7 dogter en is baie betrokke by haar wiskunde op ‘n daaglikse basis. Wat ons kinders nou leer het ek eers op hoërskool teëgekom. Persoonlik dink ek nie dit is die kurrikulum nie…

Marina ·

Trots op jou mamma Adel, jou kind sal jou eendag daarvoor bedank. Sterkte

Elisabeth Kruger ·

Ons het ons Huishulp se dogter van graad 4 af haar tafels uit haar kop uit laat leer. Casandra het matriek geskryf met 4 onderskeidings en haar eerste jaar op Universiteit het sy 7 onderskeidings en 6 ander vakke vir CA kurses goed deurgekom. Die onderig in staatsskole is nie op standaard nie. As kinders nie privaat deur iemand gehelp word nie is hulle vir altyd verlore. Is dit nie hartseer dat alles so verswak nie.

KvS ·

Ek ondersteun hierdie besluit heelhartig. Dit kan tog nie toegelaat word dat n kind beter kan tel as n president nie!

Elisabeth Kruger ·

Ons het dit nou so geniet, spyker op die kop geslaan, ons mag dit net net nie toelaat want dink aan ons land se toekoms, ons gaan weer n toekoms he.

Bekkie ·

Ongelukkig/gelukkig het hierdie besluit gekom nadat promosies reeds deur Departement van Onderwys gedoen is. So twyfel of skole dit reeds in 2016 kon implementeer. Haha.

Bekommerd ·

Dit verduidelik hoekom ons land inmekaar tuimel. Mense sonder kwalifikasies word in poste gesit.

Nita ·

Watter wet van die Mede en Perse se elke Jan Rap en sy maat moet Wiskunde kan doen? Dis n mite. Leerders wat nie Wiskunde kan doen nie, moet n ander vakke kan kies om te kwalifiseer om verder te gaan studeer. As jy in graad 10 nie wiskunde ordentlik kan slaag nie vergeet daarvan en volg n ander rigting. Ons was ook nie toegelaat om met Wetenskap aan te gaan as ons nie Wiskunde kon slaag nie. So vergeet asseblief daarvan dat elke kind Wiskunde moet kan slaag. Daar sou iets drasties fout wees met die standaard van Wiskunde as elke kind dit kon baasraak. Hoe die mensdom nou ookal wil glo dat alle kinders gelyke vermoeens het, dis bloot onwaar. Daar is bo-gemiddeld, gemiddeld en onder gemiddeld. Aanvaar dit.

Cherokee ·

..en julle DA-stemmers stem nog steeds daarvoor dat hulle die topposte in die land kry.

Cherokee ·

Julle wat DA stem, stem steeds daarvoor dat hulle die topposte in die land beklee.

Roenel de Jager ·

Ek het my seun ingeskryf by mastermaths en sy punte het in n kwartaal van 7% na 40% verbeter. Hulle gaan terug en soek waar die probleem begin het…. maar glo my as jou kind 20% kry en deurgesit word gaan hy nog swakker doen die volgende graad…. Graad 9 is ons ou Std 7….. moeilike werk ek stem saam maar met 20% kan jy nie n fondasie vir graad 10, std 8, lê nie. Wiskunde is ongelukkig nodig vir omtrent all ambagte maar verseker nie met 20% nie…

Roelien ·

Dis dus 20% vir graad 9. Die kind sal dan nie mag aangaan met Wiskunde nie.
Lank gelede was daar HG en SG en LG en Praktiese en Funksionele Wiskunde.
Ambagsmanne mag ook SG eb Funksionele Wusk geneem het.
Nie almal het Wiskunde geneem nie.
Jou leerders wat Wiskunde op Universiteit gaan neem , gaan altyd hoog mik en is nie deel van die groep met 20% nie.
Bring n ambagsvak in by elke skool.
Gaan kyk maar na hierdie jaar se IEB Wiskunde vraestelle. Kinders moet kan dink en redeneer.
Die onderwysers in baie skole is goed. Baie wiskunde onnies werk baie hard.

Agtogwatnog ·

Liewe mensies. Hoekom kla julle. Mense word vermoor en dit is mos ok. Solank dit net nie met julle gebeer nie. As die mensies wil hê hulle kindertjies moet net 20% kry is dit mos maar reg. Alle ander verkeerd is mos nou aanvaarbaar. Miskien sal osagterdietyd (Solidariteit) gou gou oorsee hardloop na ICC toe en bietjie huil daaroor. Die super sterre vir jul afrikaanse regte. Skruk wakker, hierdie is nie meer net die begin van ons einde nie dit is ons einde. Eers was dit die land toe ons afrikaanse kultuur gevolg duer ons normes an waardes, nie lank nie ons familie strukture, mans was volgende duer hul waardigheid van hul te stroop en nou laastens ons intelek. Asrikaner identiteit is vervang met wit skuld gevoelens. Hulle bring nie die standaarde af nie hulle bring die blanke nasie se intelektuele kappasiteit af, die laaste asem iin ons uniekheid word duer ongeletterdheid versmoor. Die meer bevooregte nie-blanke kinders word nie teen daardie standaarde gemeet nie maar wel teen die Hoë standaarde waaraan ons gemeet was. Glo my privaat skole laat hul nie so voorskryf nie, en baie van hulle bied “A” levels aan vir voorgraadse studies om die kinders gereed te kry vir universiteit. Lees tussen dien lyntjies. Die publieke skole lê onder die hammer en die model c skole kan nou nie toegang weier agv akkademiese tekortkominge nie. Hou hierdie spasie dop.

snoefie ·

dis die materiaal wat universiteite in inisiasieskole verander.

Stephan ·

KOMUNISME
Die val van enige komunistiese regering word bepaal in die begin van so ñ regering se regerings tyd deur kenners wat kan wiskunde doen. In so ñ samelewing word die rykes ryker en die armes armer. Die standaard word aangepas tengunste van die inbeheer. Die uieinde van komunisme is onafwendbaar tragedie en ekonomiese ondergang. Die enigste oplossing is ñ regering wat self wiskunde kan verstaan. Laat ons ons Vader in die Hemel vra vir ingryping en herstel.

Jaco ·

Almal het ‘n kleintjie dood aan Wiskunde en Wetenakap. My wie dogter is hierdie jaar in Graad 8 gewees.Sy het ADHD…en kan doodeenvoudig nie eers die basiese Wiskunde onder die knie kry nie. Wiskunde is vir haar ‘n nagmerrie tot so ‘n mate dat sy ‘n emosionele knou weg het omdat sy dit nie kan bemeester nie. Ekstraklasse ens. kos my ‘n fortuin. Sy speel viool en kan klavier op gehoor speel. Ek is lief vir my kind so al kry sy 20 persent..is daar vir haar en ander kinders soos sy ‘n plekkie in die son.

Marius ·

Om die slaagsyfer 20% te maak gaan nie die probleem van n swak onderwysstelsel oplos nie. Hierdie patetiese besluit sê duidelik jy hoef nie 80 % van die vak te ken nie wat absoluut n klug is en die verkeerde boodskap aan die kind deurgee. So n matriek sertifikaat beteken dan nog minder en n kind word basies aan gesê om nie hard te leer om goeie punte op skool te behaal nie. Wiskunde is n verstaan vak jy kan nie dit soos n papegaai leer nie , n mens moet sit en somme en somme uitwerk. Net deur hard te werk behaal mens sukses. Dis sowaar n hartseer en tragiese dag vir ons kinders se toekoms…..

John ·

Die punt is nie dat party mense nie aanleg vir wiskunde het nie. (Sulke leerders moet hul ander vaardighede trots uitbou en in daardie rigtings presteer.) Wiskunde is wel nodig vir party studierigtings. Die regering wil egter nou leerders wat nie die mas opkom nie kunsmatig voortstu tot wetenskaplikes. Die ergste is dat baie wiskunde-onderwysers self nie die vak onder die knie het nie. Poste kan glo selfs gekoop word ongeag opleiding. Die manier wat wiskunde nou doseer word, plaas die onus op ouers om iemand te vind wat naskool die leerders sal help (as die ouers nie kan nie). En die manier waarom wiskunde deesdae aangebied word is beslis so erg soos om eers die kwaai bobbejaan agter die bult te moet gaan vang. Hoekom deur doringbosse strompel as ‘n uitgetrapte voetpaadjie beskikbaar is? ‘n Mens se brein hou/ken van logika. Dis so ontwerp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.