Nuwe SOE-hoof aangestel

spesiale-ondersoek-eenheid-SOEPres. Jacob Zuma het Dinsdag die aanstelling van ʼn nuwe hoof vir die spesiale ondersoekeenheid (SOE) bekendgemaak.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê adv. Jan Lekhoa Mothibi sal van 1 Mei 2016 aan die stuur van sake wees. Mothibi is tans ʼn uitvoerende direkteur by Medscheme Holdings. Hy het ook voorheen senior posisies beklee by Standard Bank, Nedbank en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Volgens die presidensie het Mothibi ʼn LLB-graad en die graad B.Proc sowel as ʼn nagraadse diploma in arbeidsreg. Hy het ook voorheen as ʼn staatsaanklaer en landdros gewerk. “Ons wens adv. Mothibi geluk met sy aanstelling en wens hom die beste toe vir sy nuwe verantwoordelikhede rakende die ondersoek van korrupsie en wanadministrasie,” het Zuma gesê.

Adv. Gerhard Visagie is op 1 Maart 2015 deur Zuma aangestel as waarnemende hoof van die SOE. Zuma het Visagie bedank vir sy bydrae. Adv. Vas Soni, voormalige hoof van die SOE, het einde Januarie verlede jaar om persoonlike redes bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Wonder wie gaan die Advokaat eerste moet ondersoek vir wanadministrasie en korrupsie, en of hy sy werk gaan doen?

Jan maak n Plan ·

Begin sommer met die persoon wat hom aangestel het. Net dit sal sy kantoor en al sy personeel vir n paar jaar besig hou.

Ken ·

Net in SA waar die mees korrupte persoon die persoon wat korrupsie moet beveg aanstel……. Is mos totaal belaglik…… Ja nee, en so sal ons aanploeter tot der ewigheid. Piesang republiek op sy beste.

Griki ·

So, ‘n wit man is goed genoeg om vir ‘n jaar lank waar te neem, maar nie om permanent aangestel te word nie? As hy deur Zuma aangestel is, sal ek verbaas wees as korrupsie sy eerste prioriteit sal wees. Hoop adv. Mothibi verras ons op ‘n goeie manier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.