Nuwe sonkragplaas wil Kaapstad se beurtkrag verminder

Foto bloot ter illustrasie van sonkrag. (Foto: Universiteit Stellenbosch/Facebook)

’n Sonkragaanleg van R1,2 miljard wat deur Stad Kaapstad bekendgestel is, sal die stad se inwoners teen ten minste een volle fase van beurtkrag kan beskerm.

Die aanleg, wat net buite Somerset-Wes geleë sal wees, sal tot soveel as 60 MW hernubare energie opwek, en sal internasionale ondersteuning van die C40 Cities Finance Facility (CFF) ontvang. CFF bied stede tegniese sowel as finansiële ondersteuning in groenenergieprojekte, met ’n regverdige energie- oorgang as doel.

In totaal gaan die stad oor die volgende drie jaar ongeveer R2,3 miljard bestee om Suid-Afrika se eerste beurtkragvrye stad te word.

“Die DA wys weer hoe hy die enigste party is met enige idee hoe om beurtkrag te beëindig. Ek loof die Stad Kaapstad omdat hulle gewys het wat moontlik is met innoverende en vooruitdenkende regering,” sê Christopher Fry, DA-woordvoerder vir energie in die Wes-Kaap.

“Dit is belangrik vir die inwoners van hierdie land om te besef dat terwyl die ANC sy wiele tol om Eskom reg te maak, met geen vordering in sig nie, daar ’n sterk alternatief vir hulle beskikbaar is. Dit is net waar die DA regeer dat enige vordering gemaak word om ons mense en ons ekonomie uit die boeie van ANC-geborgde beurtkrag te bevry.”

Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het verlede maand gesê die stad se planne vorder goed om inwoners binne drie jaar teen Eskom se eerste vier fases van beurtkrag te beskerm.

Die projek vir elektrisiteitaanskaffing, wat oor drie fases strek, het reeds verskeie mylpale gehaal. Die grootste aanskaffing – ʼn 500 MW-tender om elektrisiteit op die oop mark aan te skaf, het op 29 Maart begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Catharina ·

Maar dit gaan droogte veroorsaak. (Nee sommer net sarkasties). Puik idee. EK dink baie provinsies, komplekse ens moet hierna kyk. dis ons toekoms.

Papsak ·

Mooi so Kaapstad wys eskom ons kan wil en sal hulle uit gooi bravo bou voort

Pierre ·

Laat almal met solar net toe om hul oortollige krag aan die netwerk te voorsien, die Kaap is uitstekend met mooi planne en baie rooi tape.

Daisy ·

Frankfort in die Vrystaat het ‘n sonplaas en Eskom se hulle mag dit nie gebruik tydens beurtkrag nie.
Is daar al ooit ‘n meer stupid idee as dit???

Blikkies ·

@ Daisy, absoluut lagwekkend. Wat is die doel dan van die sonplaas gedurende beurtkrag. Daar is erens ‘n 30% ter wat nie lekke verstaan nie. Hulle verwag seker ook dat julle moet betaal vir julle eie son opwekking.

Marcello ·

As jy van George na Kimberley reis is daar ook so ‘n gebied, hierdie inwoners het hier op staat gemaak, die persoon waarmee ek gepraat het, het ‘n groot huis omskep in ‘n Bed en Ontbyt Fasiliteit , met die doel dat daar gereeld krag sal wees. Want ‘n Windmeule plaas is opgerig deur Eskom, dit is volledig, maar dit mag nie inwerking wees nie, want die Minister van Energie sake ( Mnr. Mantashe) het dit afgekeur, want volgens hom gaan dit mense se werk opneem.

Naomi ·

As Kaapstad dit regkry om hulle sonplaas te gebruik, dan moet hulle vir Frankfort ook toelaat. Eskom weier dat Frankfort die sonplaas gebruik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wes Kaap se onafhanklikheid vorder fluks, met of sonder Winde.

Manie ·

Ek lees elders dat sonkrag installeerders eersdaags jou inligting met Jan Taks moet deel. Is dit om die belasting korting te verifieer om of eersdaags taks op jou solar installasie te hef??????

Marcello ·

Jy kan duidelik sien waar ‘n DA munisipalieit aan bewindd is, is daar vordering, ‘n groot voorbeeld daarvan is Midvaal Munsp. In die deel wat onder DA val, die uitbreiding Risiville in Vereeniging, is alles netjies en skoon. maar Oo WEE!!! as jy oor die straat ry wat met die volgende gebied (reg langs) Risiville ry, wat onder die ANC (Vereenging) val, is daar slaggate (Potholes), dit is vuil en verwaarloos en vervalle.

Delia ·

Marcello, jy beweeg seker in die gegoede dele. Gaan kyk in die plakkerskampe. Groot probleem oral in SA

Republikein in die Wes Kaap ·

Kaapstad se houding is eenvoudig: Die regime in Pretoria is irrelevant. Wat die regime en hul mislukte agentskappe sê of doen is van min belang. En die howe sal saamstem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.