Nuwe span sal politieke moorde ondersoek

Minister Bheki Cele (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Bheki Cele, minister van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het Vrydag gesê ʼn nuwe span ervare polisiebeamptes en staatsaanklaers is aangestel om politieke moorde in KwaZulu-Natal te ondersoek.

“Om vordering te maak, het ons besluit om die lede van die taakspan te verander. Die nuwe span het 118 lede plus agt lede van die vorige taakspan wat steeds met die ondersoek voortgaan,” het Cele in Durban gesê.

“Die span bestaan uit ervare speurders van verskeie provinsies, insluitend KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die span van 126 lede staan onder leiding van die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi en brigg. Ngwenya en Khumalo.”

Die span se vordering sluit in inhegtenisnemings van ses persone twee weke gelede in verband met politieke moorde in die provinsie. Beamptes het beslag gelê op twee vuurwapens wat sedertdien met agt sake verbind word, het die minister gesê.

Hy het bygevoeg die werk is deel van ʼn nasionale operasie om alle provinsies tot ʼn punt van “stabilisasie” te bring wat misdaad betref en dit werp vrugte af. Aldus Cele is 512 verdagtes sedert Junie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en daar is op 706 onwettige vuurwapens beslag gelê, insluitend semi-outomatiese aanvalsgewere, hoëkalibergewere en tuisgemaakte vuurwapens. “Altesaam 6 045 koeëls is ook van die strate verwyder.”

Die taakspan is aangestel nadat pres. Cyril Ramaphosa in Mei die kabinet se sekuriteitspan opdrag gegee het om alle hoëprofielsake en politieke moorde in die provinsie op te los. Dit het gevolg nadat die president die familie van ANC-aktivis Musawenkosi “Magatha” Mchunu besoek het. Hy is op 11 Mei in die oprit van sy huis in Pietermaritzburg doodgeskiet. Mchunu het geëis dat die ANC se uitvoerende komitee in die streek ontbind moet word en dat korrupsie in die munisipaliteite onder die uMgungundlovu-distrik ondersoek moet word.

Ure voor Mchunu se moord is IVP-raadslid en Zululand-distriksvoorsitter Sibuyiselo Dlamini (35) op ʼn snelweg buite Ulundi doodgeskiet.

Hul sterftes het die dodetal van vermoedelik politieke moorde sedert 2011 op 80 te staan gebring. Onafhanklike navorsers sê egter dit kan so hoog wees as 110.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ag asseblief tog! Is daar nie baie ander en meer dringende misdaad in ons toilet-land om te ondersoek nie? Wenk: Plaasaanvalle- en moorde. Maar nou ja, ek raai die slagoffers se kleur is nie reg nie…

Nel ·

Cele is flink om tot aksie oor te gaan as dit by politieke moorde, transito roof ens. kom, maar wat van die plaasmoorde en aanvalle, regverdig dit nie ook spesiale aandag nie?

Sê maar net ·

Sê ek ook!!! Plaasmoorde kort dringend meer aandag, waar is die span wat daaraan werk om die moordenaars vas te trek?

Lana ·

Stem saam met julle oor boere wat aangeval/vermoor word. Jy moet die hele tyd oor jou skouer loer en dit beïnvloed jou werk. Kort voor lank sit CR “se mense” sonder kos. Selfde pad as Zim.

Msp ·

En wat van al die ander moorde in Suid Afrika? Die politieke ouens maak mos die wette en beskerm die kriminele… daar is werklik te min politieke moorde en regverdig hoegenaamd geen ernstige optrede nie. Maak eerder die moorde op onskuldige kinders, vroue, ou mense en onskuldige mense ń prioriteit.

Koos ..... ·

Sy hoed vertel boekdele uit n ander era…..ek het lank terug vir die man n joppie probeer herstel toe hy die eerste keer Comissionar was…baie ongeskuk jaag hy ons toe van site af.Toe sit hy in die donker vir die hele naweek. Toe skakel hy my baas. ..die het ook vir hom ge lag. ..hy betekin niks!!!!!

Cherokee ·

Daar is ‘n irriterende gewoonte van kamera-mense om iets spesifieks as ID voorstelling te gebruik en Cele se hoed is deel daarvan. Papperazi, ek dink julle sal selfs ‘n hoed vir hm koop ter wille van die foto. Julle irriteer my net soos hyself.

Koos..... ·

Ag asseblief “Cherokee” wat bedoel jy met jou antwoord? ???? Die man is aan die ANC se kant,en hy is ook nie bevoeg en in staat om geen sins iets vir die ammok wat aangaan in die land verantwoodelikied te neem nie.Hoekom want ek ken hom persoonlik. ….asseblief neem kennis van die “Plaas Moorde ook.wat doen hy daar aan? …

Afrikaan ·

Dis tyd dat ons begin besef ons wittes is op ons eie. Ons word net verdra om die basis vir belasting te vorm en die ekonomie aan die gang te hou totdat ons uitgeskop word. Ons moet méér as komentaar lewer en eerder aktief vir selfbeskikking begin saamwerk. Is daar dalk ‘n Moses wat ons hier kan uitlei?

Michael von Mallinckrodt ·

Is plaasmoorde nie ook ´n vorm van politieke moorde ?
Vra maar net

Johannes ·

Vir ‘n feit is dit! Maar onthou ons is die regte teiken.

ferdi ·

Dis onsen waar ga hy di lede kry alle speurders is reeds toe gegooi onder magdom ondersoeke wat hul reeds ni kan hanteer ni. Wie is di span!

Chris ·

Ferdi die sogenaamde speurders is seker oud mk lede en politieke aktiviste aan n sekere groep on die anc se kamp en moet nou die teenstanders uitsnuffel

Hakie ·

So jou ja, die geweld op die Kaapse vlakte is nie genoeg om ‘n taakmag in te bring of om die weermag in te stuur nie. Plaasmoorde, al is die syfers hoe skokkend word net as nog ‘n gewone misdaad hateer maar politieke moord word as belangrik geag. Ek voel in die land word politiek verafgod en oral in ons kele af gedwing. Dis tyd dat ons almal sê “genoeg is genoeg” en opstaan teen al die gemors. Dis tyd vir die APP! Die Anti Politieke Party! ‘N organisasie wat sal doen wat gedoen moet word en nie polities gedrewe is nie. Dis tyd vir verandering en tyd om ‘n siek stelsel uit te gooi. Die fokus moet op die mens wees en sy regte op alle aspekte.

hendrik ·

Grootbek Cele ondersoek net sake wat in die media geplaas word. Plaasmoorde haal mos nie die koerante nie.

Henk ·

Volgens cele en so top swaar polisiebende, bestaan daar nie so iets soos plaasmoorde nie. N Moord is n moord volgens hulle. Een verdien nie voorkeur bo n ander nie. Maar daar word n taakspan van 126 lede met DRIE senior narre aangestel om pilitieke moorde te ondersoek? Wat is n politieke moord? N moord is n moord!

Casper Labuschagne ·

Die beginsel is dat ongewone misdaad nie deur gewone polisiëring opgelos kan word nie. Ongelukkig beskou die regerende party plaasmoorde as bloot gewone misdaad.

Msp ·

Afrikaan, Ek go ons Moses is Solidariteit en AfriForm. Kom ons suit by hulle aan en werk saam met hulle. Uit hulle leierskap sal daar deur die help van die HEER ń oplossing kom. Ons mense is so verdeeld en dit maak ons swak. Ook moet ons die ander minderheids groepe in ons geledere toelaat. Dis maar my raad vir more en die tye wat kom.

Callie ·

Dankie Hakie. Dis wat ek aanmekasr vra. Ons moet bymekaar kpm. Ons moet vir een slag bewys hulle kan nie net maak wat hulle wil nie. Net een keer alle witmense in die lan in elke dorp bymekaar kom. Al doen ons dit op n Satrrdag of nSondag., Almal moet daar wees en vir die regering wys ons gaan terugveg

Andre ·

Moorde op plaasboere en plaaswerkers ? Met al die publisiteit word dit nog geignoreer. Duidelik regerings (ANC) beleid.

Jan van Zyl ·

Ek stem saam, wat van plaasmoorde?!!!!!
Net Julie maand 40 plaas aanvalle en 6 moorde.

Roelf Berg ·

INTERNE POLETIKE MOORDE !! Niks en niemand gaan dit stop nie. Die ANC het mos alle SPESIALIS EENHEDE ontbind – dan moet hulle nou maar slaap op die bed wat hulle self opgemaak het. SPES EENHEDE bou informante basis op e dit gebeur nie oornag nie. Groet aan die man cele. Maak net geraas !!

Nikita ·

Ag asb mnr Cele….die dood maak almal gelyk, vir die dood is daar geen verskil tussen mense nie!! So mnr Cele, wat dan van PLAASMOORDE??

Sunette ·

‘Vermoedlike politieke moorde’
Dis nie nie te sé dis politieke moorde nie Cele. Maar jy stel oor ‘n 100 polisielede aan wat dit moet ondersoek terwyl al die ander dossiere maar op die tafel moet lê en misdade kan maar gepleeg word, want jou en CR se maters is dood. Hoekom worde die ‘vermoedelike plaasmoorde’ nie ondersoek met so ‘n groot span nie? O ja… dis nie plaasmoord nie. Word wakker Cele! Die mense wat jou moet voer word vermoor! Wat gaan jy vir jou maters sê as julle nie meer kan eet en partytjies hou nie? Kry jou prioriteite reg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.