Nuwe spertyd vir kommentaar oor gesondheidsregulasies

(Foto: Zanele Zulu/ANA)

Die minister van gesondheid het opnuut die spertyd vir openbare kommentaar op die gesondheidsregulasies wat voortaan aansteeklike siektes soos Covid-19 moet reguleer, verleng.

Dit is die derde keer wat dit gedoen word.

Die publiek het nou tot 5 Julie geleentheid om kommentaar daaroor te lewer, nadat die aanvanklike spertyd van 15 April tot 24 April verleng is. Volgens dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, is die verlenging in ooreenstemming met wetlike vereistes en gaan dit die departement genoeg tyd gee om al die kommentaar en voorleggings te bestudeer.

Die tussentydse regulasies is Woensdag kort voor middernag bekend gemaak terwyl daar aan die permanente regulasies geskaaf word.

Phaahla sê die “beperkte regulasies” is in die Staatskoerant gepubliseer om te verseker dat daar “geen gaping in terme van wetlike instrumente is om die verspreiding van Covid-19 te beperk nie”.

Dié regulasies is reeds van krag nadat die oorgangsregulasies wat gegeld het nadat die ramptoestand verlede maand opgehef is, gisteraand verval het.

Daar was reeds skerp teenkanting teen die voorgestelde regulasies, ook omdat dit verreikende magte in die hande van die minister van gesondheid plaas. Verskeie instellings is boonop gereed om die regulasies in die hof te betwis.

Die beperkings wat steeds op Suid-Afrikaners van toepassing is, kan net opgeskort word wanneer die minister só besluit en ʼn aankondiging in die Staatskoerant doen. Die minister kan daarna eweneens besluit dat die regulasies bloot weer in werking gestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Samuel ·

Ek wonder of die departement van gesondheid hulle ooit sal steur aan al die kommentaar wat ontvang word? Is hierdie nie maar ‘n geval van al die boksies afmerk nie?

Marius ·

Dit gaan nie oor mense se gesondheid. As hul besorg was oor mense gesondheid sou hul 20 jaar gelede al die gesondheids regulasies aangepas het. Die gaan meer oor die beheer en manipulasie van die mense.

Papsak ·

Nee verseker luister hulle na niks wat vir hulle gestuur of gese word nie nou ja dan ken hulle ons ook nie ons doen soos ons goed dink en los ons uit asb

Witbaard ·

Hulle rek die proses net uit. Dink ons is onnosel. Zuma taktiek. Dit sal eintlik nooit eindig as hulle nie in n hof gestuit word nie. AfriForum moet maar leiding neem, want die DA is te sleg om dit te doen. Rits eerder doelloos rond in Ukraine.

Pampoen ·

Hulle speel n game en hulle ore is toe. Burgerlike verset en ongehoorsaamheid is die enigste uitweg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.