Nuwe Springbokafrigter amptelik aangekondig

Rassie Erasmus. Foto: Saru/Twitter

Rassie Erasmus is Donderdag amptelik as die nuwe afrigter van die Springbokke aangewys.

Dit is wyd verwag dat Erasmus (45) as afrigter aangewys sou word nadat Allister Coetzee begin verlede maand die trekpas gekry het.

Erasmus sal steeds aanbly as direkteur van rugby by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Hy is in Junie verlede jaar in die pos aangestel maar het die pos eers einde verlede jaar amptelik opgeneem. Jacques Nienaber, Pieter de Villiers en Mzwandile Stick is die hulpafrigters terwyl Aled Walters by die bestuurspan aansluit.

Erasmus het gesê dit is ʼn groot taak om die Springbokke af te rig en dat hy baie bevoorreg is. “Ek glo regtig ons het die spelers en die intellektuele eiendom om dinge om te draai en om ‘n ernstige mededinger te wees by die wêreldbeker. Ons het 18 toetse tot die wêreldbeker in Japan en het reeds begin met beplanning, maar dit is ook baie belangrik dat ons deeglik voorberei vir die vier toetse in Junie.”

Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het gesê die veranderinge aan die Springbok-bestuurspan is die gevolg van ‘n baie deeglike hersieningsproses van die 2017-seisoen. “Die Springbok-span is ons vlagskiphandelsmerk en hul prestasies op die veld het ‘n direkte impak op die besigheid van SA Rugby.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Madelaine du Plessis ·

Baie GELUK en VOORSPOED Rassie!!! As hy SONDER POLITIEKE INMENGING kan afrig gaan ons weer REGTE, hoendervleis-stem-wegskree SPRINGBOK-rugby sien en geniet! VOORSPOED Rassie en Bokke. Ons sien vir n verandering UIT na n GOEIE seisoen!

wicus ·

NOU GAAN DAAR WEER LIGGIES OPI DAKKE VAN DIE STADIONS WEES ,,,

Jykan as jy wil ·

Rassie jy kan as jy wil, as daar een is wat al die negatief kan omdraai is dit jy!!!! Sterkte outjie, gee dit alles en verwag net die beste van elkeen terug. Verder kyk en luister ook na die spelers, oorweeg, jy hoef nie alles te doen wat almal jou vertel nie, om te luister kan jy dalk iets anders raaksien en verbeter. Hopelik vlug daar nie nog goeie spelers uit die land omdat hul nie reg aangewend word of glad nie raak gesien word nie.

My hart klop Groen en Goud ·

Uitstekende goeie nuus, nou het ons beslis hoop vir die Wereld beker!

Adam ·

Die Springbokke sal NOOIT weer die Wereldbeker wen nie en die rede is eenvoudig. Geen land kan dit doen terwyl daar honderde eersterangse spelers in die buiteland speel nie.

sug ·

Hierdie is Pieter de Villiers, jy dink aan Peter de Villiers. Hy rig nou Zimbabwe af.

jannie ·

Dit is Pieter de Villiers die stut wat vir Frankryk gespeel het………sop of koffie?

Pietman ·

Dink jy dalk aan Peter De Villiers? OBA “Snorre”. Rassie het ‘n reuse uitdaging in die Engelse. Jammer daar is nie SA afrigters wat werklik hand opsteek nie. Dink rassie is ‘n gemiddelde afrigter. Akkerman moes dalk die afrigter gewees gegewe sy prestasies. Bly Nienhaber is aangestel, sy rekord met die Stormers was goed. Stick??? Kom ons sê maar niks.

aiaiai ·

Jammer, maar solank daar politiek by rugby betrokke is, kan hul aanstel wie hul wil, want niemand kan en gaan suksesvol wees nie!!!!

Lysa ·

Baie geluk Rassie! Hoop hulle gaan jou toelaat om dinge op jou manier te doen! Just do it! Bokke gaan weer RUGBY speel! Kannie wagi!!

Avokado ·

Dis nie weer Snorre nie. Hierdie Pieter de Villiers het voorry vir Frankryk gespeel.

SB ·

Dis maar soos CR wat oorgeneem het, dit bly die ANC en dit bly SARU, en Rassie, eerste skewe voet en dan gaan “rassisme” weer rond geslinger word. Sterkte ou maat.

Rugby god ·

Al vat hulle my eiendom….. solank my rugby-afgod darem nog daar is, is alles mos reg………

Letsel ·

AG niemand gaan kyk meer rugby in hulle massas soos voorheen nie. Ek onthou in ons tyd het ons die vorige aand in rye gaan staan as die Blou Bulle op Loftus speel … nou smeek die Bulle mense om die wedstryde by te woon .. die pawiljoene staan leeg .. net stoere rugby liefhebbers gaan kyk nog, en dan is daar gewoonlik ‘n rasse insident of twee ook .. so rugby in S A is vir ewig geskaad soos al die ander goed in SA is. Onherstelbaar vermink. Ek wens RASSIE baie sterkte toe, maar as hy nie 80/20 die rassekwota toepas nie is hy ook weer vinnig uit.

Denise ·

Ek skrum elke dag om te leef het nie tyd nog vir rugby nie !!! Laas gekyk toe Naas Botha die beste losskakel in die land gespeel het toe het ek dit geniet !!!!

Ray ·

As jy wil kan ons vir jou ‘n paar nuwe idees gee vir liggies en verskillende kleure ou Rassie. Sterkte met die nuwe pos

Erick ·

Wonderlik! Nou kan die grondgrypers in ons TV-kamers na die Bokke kyk terwyl ons in stormwaterpype en vlaktes op geleende draadlose luister na die rugby.

Werner ·

Waaaaat?! ‘n Witman as Springbokafrigter?! Wel, darem is die rugby nou weer faain, al onteiein die goewerment al ons eiendom.

Boerseun ·

En so word die mense se aandag afgelei van die rassisme is sport en dat als onder hulle neuse gevat word. Laat my dink aan die val van die romynse ryk. Niks sedered 92 het in die afrikaaner se denke verander nie, koop maar nog julle rapport en huisgenoot en dink julle is slim rondom n braai

Cjan ·

Stick is ongelukkig n kwota afrigter. Dis reeds bewys. So, wat soek mnr Stick daar.

Flip Pretorius ·

Rassie doen die land asb n groot guns. Begin darm eers die Springbokke afrig voordat jy die wereld beker lykmy klaar gewen het. Maar sterkte vir jou, jy is n 100% verbetering op die vorige afrigter

anton ·

Ag, jy kan die beste afrigter in die wêreld hê maar jy het nie die regte spelers in die span nie, kan jy maar op n klip gaan sit en Sarie Marè fluit tot jy blou is.
Want solank as wat die politiek vir jou voorskryf hoe en wat en watter een, mors jy eintelik net jou tyd.
Ek persoonlik sou nie daai pos aanvaar het nie al was ek die nr.1 afrigter.
Want dan gaan die afrigter net weer die skuld kry oor die swak vertonings van die span!!!
Maar tenminste is die geld seker goed, wat dit seker die moeite werd sal maak.

Ronelle ·

Sterkte aan Rassie Erasmus … jy verdien ‘n regverdige kans en “die meeste van ons” staan bankvas agter jou.

Mark ·

Hoe gaan enige afrigter in RSA slaag want die enigste gegewe feit is dat daar politieke inmenging sal wees??!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.