Nuwe staatsveiligheid DG aangestel

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS

David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, het Maandag aangekondig Arthur Fraser is aangestel as die departement se nuwe direkteur-generaal.

Fraser, ʼn voormalige adjunk-direkteur-generaal by die voormalige Nasionale Intelligensie-agentskap, sal Maandag in sy nuwe pos begin, nadat sy aanstelling amptelik deur pres. Jacob Zuma goedgekeur is.

Mahlobo het in ʼn verklaring gesê Fraser het ʼn “geweldige begrip en kennis van die intelligensie-sektor” en sy bestuurservaring sal help om die organisasie vorentoe te laat beweeg. “Ons glo mnr. Fraser is opgewasse vir die taak en sal die nodige leierskap kan gee wat sal verseker die agentskap kom sy grondwetlike en wetlike mandaat na om nasionale veiligheid te verseker,” het hy gesê.

Die Mail and Guardian het in 2009 berig Fraser het glo die sogenaamde spioenasiebande aan Zuma se regsverteenwoordigers gelek, wat uiteindelik daartoe gelei het dat die 783 aanklagte van korrupsie teen hom teruggetrek is. Vroeër vanjaar het die hooggeregshof in Pretoria egter bevind die besluit om die aanklagte teen die president terug te trek, was irrasioneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rapes ·

Hy moet aangestel word anders wie gaan sy maatjie Zuma beskerm.

Gerhardt O ·

Baie gepas dat die woord “intelligensie” met “staatsveiligheid” vervang is. Want die ou Minister is maar wat hy is, ja.

Hennie ·

Weereens uit ‘n lys van kriminele word top amptenare aangestel en bekragtig deur die land se mees berugste en wereldbekende kriminele.

Melt Olckers ·

Weet glad nie hoekom hulle na hulself as Intelligensie verwys nie, want daar gaan niks intellegents daar aan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.