Nuwe stadsbestuurder vir Kaapstad

Lungelo Mbandazayo, stadsbestuurder van Kaapstad (Foto: ANA)

Die Stad Kaapstad het Donderdag aangekondig Lungelo Mbandazayo is as die stadsraad se nuwe bestuurder aangestel, ná Achmat Ebrahim vroeër vanjaar bedank het.

Volgens ʼn verklaring van Stad Kaapstad is Mbandazayo se aanstelling Woensdag deur raadslede goedgekeur. Sy aanstelling is vir ʼn vyfjaartermyn goedgekeur.

Mbandazayo het vroeër posisies in die stadsraad beklee as direkteur van regsdienste en uitvoerende direkteur van korporatiewe dienste. Hy het sedert die begin van die jaar waarnemend opgetree in die pos van stadsbestuurder.

Ebrahim het op 12 Januarie bedank te midde van ʼn politieke stryd tussen burgemeester Patricia de Lille en haar eie politieke party, die Demokratiese Alliansie. Die party het haar van ʼn reeks oortredings beskuldig insluitend wanbestuur en korrupsie. Sy is onder andere ook daarvan beskuldig dat sy Ebrahim aangesê het om nie enige bewerings van wangedrag en tender-onreëlmatighede teen die kommissaris van vervoer en stedelike beplanning, Melissa Whitehead, by die stadsraad aan te meld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Regsdienste? En hoe lyk Kaapstad se rekord in regsgedinge die afgelope paar jaar?

L ·

Ooeeehhhh se liewer niks, dan is daar niks….. Ne?! Maroela, die berig gaan meer oor De Lille. Gee asb die lesers meer agtergrond van die man se geleerdheid en wat hierdie man alles bereik het, sy agtergrond van vaardighede asb? Wat se hy van sy aanstelling en hoe hy “magic” gaan bewerkstellig vir Demokrasie in hierdie stad en Reënboognasie?

Deon ·

Waarmee is DA besig? Strategie om weer die meerderheid Afrikaner-stemme op hulle te kry volgende jaar. Ai tog, ons mense bly politiek-ongeletterd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.