Nuwe standbeelde sal Durban se beeld verander, sê burgemeester

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini-munisipaliteit (Foto: Nqobile Mbonambi/ African News Agency (ANA)

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini-munisipaliteit, het gesê twee nuwe standbeelde, ter waarde van R20 miljoen van oudpresident Nelson Mandela en Oliver Tambo, sal die beeld van Durban verander.

Gumede het Dinsdag haar burgemeestersverslag voorgehou by die uitvoerende raad se eerste vergadering vir 2019 in ʼn konferensiekamer by die Moses Mabhida-stadion. Sy het gesê die raad het in 2017 besluit om die “reusagtige” standbeelde van Tambo en Mandela voor die Durbanse stadsaal op te rig.

“Daar is tans ʼn paar koloniale standbeelde voor die stadsaal en hierdie twee sal die beeld van die stad verander,” het Gumede bygevoeg.

“Ons sal binnekort ʼn formele en publieke aankondiging maak sodra ons ons interne prosesse afgehandel het. Ons sal met die kantoor van die premier, die nasionale regering en betrokke families gesels voor ons verdere terugvoer gee. Dit is belangrik dat protokol gevolg word wanneer sekere politieke besluite gemaak word.”

Die munisipaliteit is veroordeel toe dit aan die lig gebring is dat een kunstenaar die tender van R20 miljoen ontvang het om die standbeelde op te rig. Die beplande bekendstelling van die kunstenaar is gevolglik “onbepaald” uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Wurmpie ·

Wat kom eerste in die land? Standbeelde lyk dit my. Mense vergaan en hul wil 20miljoen spandeer op standbeelde. Kry jul prioriteite reg asb

Die waarheid ·

@wurmpie Ek stem saam met jou maar ek dink nie hulle weet wat is prioriteite en wat nie want niks maar niks funksioneer reg nie. Ek sal nie weet waar om te begin nie maar sal beslis nie met standbeelde nie.

willem Botha ·

En wat van Idi Amin,fidel castro,saddam hoesein dan is die groot vyf in Durban.

Gert ·

Moet tog nie vir Robert en Julias vergeet nie. Nog so R50 miljoen is mos niks.

Jos ·

As dit so maklik is om die beeld van ‘n stad of dorp te verander kan hulle maar die hele land vol beelde stapel. Hul het seker nog nie tot die besef gekom dat dit lewendige mense is wat die beeld van plek (dorp, stad of land) oordra nie. Hou op met korrupsie en afbrand en bou en maak skoon en lewer diens sodat ons land weer soos ‘n eerste wereld land kan wees, MAAR neeee! dit leer nie.

Grassie ·

Hulle moet beslis ‘n standbeeld van Zuma ook daar oprig. Hy is immers die verpersoonliking, die toonbeeld van die ANC se eerlikheid, geloofwaardigheid, intelligensie en vermoë om die land te regeer. Ook om die bevolkingsaanwas in die land te bevorder. ANC-kader in murg en bloed.

Chris ·

Is dit net toeval dat die kunstenaar dieselfde van het as die burgemeester?

LH ·

Zandile Gumede ruim op en maak Durban se morsige strate skoon! BAIE goedkoper opsie en DIT, sal beslis ‘n nuwe beeld na vore bring!

Elsje ·

Mense slaap voor winkels, mense slaap onder ‘n brug in Durban, maar daar kom beelde. Jul kon met hierdie miljoene vir hierdie mense plek bou om in te slaap, kos koop om te eet, maar nee mors die land se geld op afgode.

Ek ·

Wow… Hulle het geen logika. Help eers die mense en jou land. Standbeelde vir wat????

Mariana ·

Wanneer gaan die mors van miljoene end kry. Belastingbetalers is moeg daar van dat hul swaarverdiende geld gemors word op snert. Daar is al te veel standbeelde van Mandela in die land…..nee magtig iewers moet streep getrek word vir die wanbesteding. Daar is soveel ander dinge wat aandag kort, behuising is maar een. Vir hoe lank gaan ons nog tevrede moet wees voor genoeg, genoeg is.

Johan ·

Standbeelde help die armes niks nie………maar nosteeds sal hulle vir die ANC instem…..

Skroef ·

As die burgermeester so sterk voel oor die standbeelde, dan kan sy dit mos maar sommer self betaal. Dan gaan dit R20 000 kos pleks van R20 000 000. Sulke absurditeit om stand beelde van twintig miljoen rand op ye sit in n tyd dat mense van honger sterf en die stad wat sy van twintig miljoenrand wil ontneem se infrastruktuur m..r toe is. Die koloniale beelde se !ense het die stas wat sy nie in stand wil hou nie, gebou. Enige standbeel is buitendien net n voëltjie toilet. Nee wat laat die voëls maar … waar hulle wil.

Chris ·

Hulle voel hulle pas nie in Durban met die koloniale standbeelde wat daar is nie, hulle voel soos vreemdelinge, dus wil hulle standbeelde oprig wat hulle welkom laat voel, maar kan dit dan nie standbeelde eie aan die gebied wees nie en dan waarom so groot en so duur?

Maris ·

Hoe kry iemand soveel mag? Om soveel geld te mors, nie net om nuwe standbeelde (waarvan daar al soveel is) op te rig nie, maar in die proses enige ander geskiedkundige herinneringe wat volgens hulle onvanpas is uit te wis???

Karel ·

‘Die mense’ praat deesdae net in miljoene, biljoene en triljoene asof dit rande en sente is. So dit wys waar ons geldeenheid se waarde op pad heen is. Zimbobwe is ook maar ons voorland en dan is die laaste standvastige bastion in Afrika ook in sy peetjie in.

Sommer net ·

Sjoe ja dink net hoeveel goed kon die 20 milj eintlik gedoen het soos infrastuktuur se brood nodige instandhouding wat gedoen kon word of hoeveel kos kon gekoop en aan armes gegee geword het of behuising wat opgerrig kon word maar nee nou bou sy lekker voel toilette met ons swaar verdiende geld. Lekker man, hou aan mors ons is baie naby aan ‘n Zim situasie en dan wonder ek wie gaan worry oor standbeelde

jakes ·

Sy dink dat die standbeelde Durban ten goede gaan verander. Belaglik, het Durban stadsraad dan soveel geld om te mors of het hulle ook dalk geld van Bosasa ontvang?

SjN ·

Geen benul van geldwaarde, help eerder die wat ligaamlik honger is en nie die wat geldhonger is nie.

Cherokee ·

Toe ek klein kind was, was daar ‘n plek met die naam Chamber of Horrors in Jo’burg. Daisy de Melker het ‘n spesiale plek gehad daar. Dit is ook later opgevolg met ‘n Cave of Horrors. Dit was egter wasbeelde wat nie R20m gekos het ne. Miskien moet die regering ‘n Melky de Daiser beeld oprig wat vertel van Stompie Sepei.

Tante ·

Ag toggie plant eerder n boom vir elke held wat geval het dan doen jy iets positiefs vir Durban en die land ons het baie bome nodig asb Burgermeesters ons het genoeg klip en grond ons kort bome

bgj van der westhuizen ·

kan eerder daar die geld gebruik om werk te skep vir mense

Cherokee ·

As standbeelde Durban se beeld sal verander, moet onthou word dat ons dit ten goede verander wil hê.

Koos. ·

Tragies. Nul waarde wat my aanbetref. Sommige se koppe raas om soveel te spandeer aan n standbeeld. Nog n goeie rus plek vir duiwe.

Marinda ·

Ag tog asb. Wat ñ mors van geld. Nou het ek alles gehoor. Hoekom gebruik hulle dit nie om van die areas in en om Durban skoon te maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.