Nuwe taalbeleid: Só raak dit jou

Lesersfoto

Lesersfoto

Die Onafhanklike Uitsaaikommissie van Suid-Afrika het ʼn taalbeleid aanvaar wat meeste Suid-Afrikaners, en veral gemeenskapsradiostasies en plaaslike televisiekanale gaan raak.

Die kommissie het dié taalbeleid aanvaar wat deur die Telekommunikasie Reguleringsowerheid (Satra) voorgelê is. “Die doel van die nuwe taalbeleid is om versoening en taal-inklusiwiteit te bevorder,” het ʼn woordvoerder van die kommissie gesê.

Volgens die nuwe taalbeleid moet gemeenskapsradiostasies, wat tot dusver slegs in een taal, byvoorbeeld slegs in Afrikaans uitgesaai het, hul programskedule aanpas om ook Engelse programme en programme in minstens een ander taal in te sluit. Afrikaanse gemeenskapsradiostasies in KwaZulu-Natal sal dus voortaan in Afrikaans, Engels en isiZulu moet uitsaai. “Luisteraars moet ook aangemoedig word om in hul moedertaal deel te neem aan die verskillende programme.”

Taalkursusse sal ook elke weeksaand tussen 18:00 en 19:00 op die onderskeie SAUK-kanale uitgesaai word om seker te maak dat Suid-Afrikaners minstens een bykomende taal aanleer. Aanvanklik sal slegs isiZulu, isiXhosa, Afrikaans en Sesotho-klasse uitgesaai word. “Dit sal ons plaaslike programme, wat reeds van hoogstaande gehalte is, selfs nog meer toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners. Ons is opgewonde oor dié voorstel,” het die kommissie gesê.

Die eerste taalkursus word reeds op 1 April uitgesaai.

***LET WEL: Hierdie berig was slegs deel van Maroela Media se poging om ons lesers op Aprilgekdag ‘n rat voor die oë te draai. Dit is dus glad nie waar nie. Lees meer: Aprilgek: Het ons jou gevang?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Carina ·

Ag nee, die taalklasse sou great wees :( en ek bedoel dit.

Sarie ·

Wou net byvoeg dat ek stem vir ander Afrikatale saam met Afrikaans sonder die Engels waarvan ons genoeg het by RSG waar hulle Afrikaanse gaste dikwels nie die Afrikaanse woorde ken om in ‘n gesprek te gebruik nie en maar awesome voortgaan met die songs en die shows toe onthou ek dis 1 April :))

JoeV ·

Stem saam oor RSG, nogal die eksperts in hulle vakke. Sowat van ANC propaganda het ek nog nie in Afrikaans gehoor nie. En die advertensies wat in “Afrikaans” is met die kern frase op die einde in ingils. Wys jou die gevoel van die bemarker is dat jy as Afrikaans sprekende is te onnosel om kern frase in Afrikaans te verstaan, jy’s nie die moeiete werd om dit in Afrikaans te bemark nie en hulle weet jy’s toe daarom die produk in Engels adverteer. Net om nog so bietjie van jou kultuur weg te kalwe.

Koos ·

Ek is mal oor die taxi se boodskap op die agterruit! Hoop net dit is eg en nie gefrabiseer nie! Goeie een Maroela maar bietjie te ooglopend. Sal kyk waarmee kom ander media huise uit. Groot FM se April gek grap was ook te ooglopend: Publiek moet extra betaal vir sport se kaartjies om ‘n Inkandla fonds te skep om te betaal.
Gelukkig weet ons gister se uitspraak was nie ‘n April gek grap nie, al hoop sommige hoë posbekleeders dat dit was!

Henk ·

Goeie een, amper word ek met ‘n slapriem gevang. Ek sou egter die taalklasse ondersteun het.

Johann Snyman ·

Ag nee, ek was vir ‘n oomblik opgewonde om weer vir Justice Tsungu op die beeldradio te sien.

Wat-ek-lees ·

‘Beeldradio’, wat ‘n mooi beskrywende woord wat só selde of ooit gebruik word. ‘TieWie’ is mos die inding.

m ·

Maroela julle kook met die April fool grappe vandag. Dit skitterend!!!!!!!!

Tiger ·

Of dit nou ‘n April gek – grap is of nie.Ons luister in elkgeval na GEEN radio stasie nie want almal is ‘n spul snot.Ons musiek cd’s en dvd’s doen die werk vir ons.

Thinus101 ·

Mense, ek dink nie hierdie is ‘n grap nie. Ek dink dit is heel ernstig. Hulle het sover als reg gekry, so niks verbaas my nie. Maar ons moet dit ernstig op vat. Als val uit mekaar in die land. Ek vat niks meet as ‘n grap nie. Tyd om ernstig te raak oor ons toekoms. Want as ons dit nie doen nie, gaan niemand dit doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.