Nuwe taksbaas aangestel

Edward Kieswetter is aangestel as die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. (Foto: Facebook)

Die nasionale tesourie het Woensdagaand aangekondig dat Edward Kieswetter as die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aangestel is.

Kieswetter se aanstelling is van krag vanaf 1 Mei vir ʼn termyn van vyf jaar.

Luidens ʼn verklaring het pres. Cyril Ramaphosa vir Kieswetter in dié invloedryke posisie aangestel na aanleiding van ʼn aanbeveling van die minister van finansies, Tito Mboweni. Mboweni se aanbeveling aan Ramaphosa was gegrond op die aanbeveling van ʼn onafhanklike keurpaneel wat kandidate vir die pos oorweeg het en hul aanbevelings aan Mboweni gemaak het.

Dit het gekom nadat die vorige SAID-kommissaris, Tom Moyane, vroeër deur Ramaphosa in die pad gesteek is na aanleiding van aanbevelings deur ʼn kommissie van ondersoek na bestuursprobleme by die SAID. Die kommissie is deur afgetrede regter Robert Nugent gelei.

“Ons het volle vertroue dat mnr. Kieswetter die ervaring, integriteit en vaardighede het om die SAID om te draai deur inkomste-invordering te herstel, bedrywighede in die rigting van innovering te herlei, toekomstige leiers vir die organisasie te ontwikkel en die SAID se geloofwaardigheid en integriteit te herstel,” het Ramaphosa gesê.

Kieswetter het van 2004 tot 2009 as adjunkkommissaris van die inkomstediens gedien en volgens die nasionale tesourie hom in dié tyd uitstekend van sy taak gekwyt.

Mboweni het Kieswetter gelukgewens met sy aanstelling en gesê hy sien uit daarna dat die inkomstediens “hervestig word as ʼn gerespekteerde belastinginvorderaar met verbeterde inkomste-invorderingsuitkomste”.

“Ek verwag van hom om sonder vrees of vooroordeel op te tree, om die integriteit van die SAID te herstel en te handhaaf, en om belastingbetalers se regte te beskerm in die uitvoering van sy pligte as kommissaris,” het die minister gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Felix ·

1 April ? Kan nie met die verkiesing uit te waaie hê nie, dis eers op 8 Mei.

Wiehan ·

Baie geluk met jou aanstelling Edward. Mag God jou seen en die krag gee, jy gaan dit no dig he. Ons bid vir jou!

Wielspore ·

Beslis ‘n stap in die regte rigting, maak nou ondertoe ook skoon binne SARS

TLC ·

Nou ja Baie goeie beslubesluit
Wat ek kan onthou van hom is dan hy n regverdige “wetter” is
Dit gaan sekerlik tyd neem maar hy is die man wat van al Tom se eskom tjommas kan ontslae raak
En daar is baie van hulle
Sterkte

jaco ·

die sikloon wat mosambiek getref het gaan n sondagskoolkonsert wees teenoor die reen wat nou in SA gaan val. Kan dit waar wees? Sowaar n wit man aangestel in so n hoë pos in die staatsdiens.
Waars die regstellende aksie dan nou?

Saartjie ·

En hier wys jy nou mooitjies hoe arbitrêr ‘kleur’ is.

TN ·

Jaco , wat laat jou dink dat die man wit is ? Moet tog nie deur ‘n kleur-bril na alles kyk nie __ uiters bekwame persoon ongeag sy kleur .

Thinus ·

Ek wonder aan wie rapporteer hy, want as die regering iemand aanstel is daar klaar ‘n probleem. Hoop hy is sy sout werd. Kom ons kyk na ‘n paar jaar….

Warren ·

Thinus, ek ken Prof Kieswetter persoonlik en op professionele wyse en hybis ‘n man van integriteit kan nie in beter hande wees nie. En hy sal direk aan die Minister van Finansies rapporteer.

Alida ·

Gee die man n kans asb mense. Hoop hy raak sommer gou ontslae van die vrot appels binne die SAID wat nog daar is.

Eugene ·

My oorlede oupa het vir my in 1994 gese dat n ene Mandela baie foute gaan maak maar hy sal nooit n regstellend ‘fout’ met die Ontvanger maak nie
Very sad om te dink dat n boerseun moet seker maak die minderheid word goed gemelk ter verwoesting van ons land se geld.
Blind mense haha

Lina Smit ·

Eugene en jy is so geregtig op jou opinie.
Lekker dag verder

Linda ·

Hierdie lyk na n goeie aanstelling. Ek is bly dat Ramaphosa nou mense aanstel wat die regte kwalifikasies het ! Baie Geluk !!!

Andreas ·

Natuurlik het hy die regte kwalifikasies, jy hoef net na sy van te kyk. Hierdie man gaan ons laat lesopsê, dis verseker.

George in Bloem ·

Klink soos ‘n ou wat ongeduldig raak in die lang ry by ‘n “voting booth”en die mense voor hom aanjaag ……

Beste wense ·

Wonderlik hoe die regering weer vertroue kry en nie blanke mense in hoe poste aanstel …. ongeag transformasie en BBBEE ….. Sterkte met die taak om die SAID weer op koers te kry vir Suid Afrika en die mense se belange ….

BlinkStephaans ·

Ek glo amper nie wat ek hier sien nie… glo hy sal die job kan doen. Die groot toets gaan egter kom wanneer hy ñ paar ouens in die bek moet ruk, of afdank, of aankla. “our people” laat hulle nie voorsê… en nounou is dit weer ñ drama met rasisme in die hoofrol terwyl die ou net sy werk doen…maar sterkte ou maat… jou werk is uitgeknip vir jou.

Rupert Ashford ·

Sterkte aan hom. Hy moes voorwaar kop en skouers uitgestaan het. Maar hoe lank voor hy van rassisme beskuldig gaan word as hy met sy besem begin skoonmaak?

Onnie ·

Het enige iemand anders gedink hy lyk soos n bruin weergawe van Ferdinand Rabie met die eerste oogopslag??

Ferdi ·

Jip ek het dit ook dadelik gesien.
Toe sien ek die van en dag: ” wat de hel??”
Nogal heel gepas. Big Brother is watching you ;-)

Tipies ·

En kyk hoe prys die spul wittes die een wat namens die kommunistiese regering hulle geld sluk en plunder. Siek wit samelewing.

Dries du Toit ·

SARS skuld baie geld vir duisende klein besighede wat toegemaak het a.g.v. hulle. Kom ons kyk. Ek is ook een

Jean ·

Dis vir my vreemd hoe mense sê hulle glad nie vir die ANC by die verkiesing ondersteun nie, maar gou is on te vergeet dat hulle wel vir die ANC finansieel ondersteun via belasting, dis rerig nie iets om oor trots te wees nie. Maar nou ja….

Asjas ·

Ek hoor en lees net belasting INvordering, wat van die mense wat al 2 jaar wag vir UITbetalings?

lanie ·

Wens hom sterkte toe. Hoop net hy is beter as sy voorlopers.

Linda ·

Mark Kinghon kon niks uitgevoer kry nie! ,Baie arrogant en regtig onbeskof met kliente! Net n ja broer!!! Baie dankie hy is van sy stoeltjie af…..

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

Hou sy huis dop op Google Earth……dan kyk jy hoe word daar eweskielik miljoene rande se uitbreidings gedoen…..net nog n handjie in die koekie-blik…..

.
.

Danie ·

Die parasiete sal die beste ou soek om ons hardwerkende geld in te vorder, maar stel nie belang wat die standaard van wetters is wat dit met korrupsie uitmors nie. Dit is walglik. Wanneer sal ons mense ooit die kans kry om na ons self om te sien?

Linda ·

Professor Edward ek wens jou net die beste toe want jy is bekwaam genoeg om hierdie taak aan te pak!! BAIE GELUK EN ALLE VOORSOED VIR JOU. GROETE

Linda ·

Mark Kinghon kon niks uitgevoer kry nie! ,Baie arrogant en regtig onbeskof met kliente! Net n ja broer!!! Baie dankie hy is van sy stoeltjie af…..

Lina Smit ·

Mnr Kieswetter, baie geluk met jou aanstelling, mag jou voorspoed en suksesse baie meer as jou teenstanders wees

Louwboepens ·

Ek is seker mnr.Edward Kieswetter het meer kwalifikasies as 90% van almal wat simpel en oningeligte kommentaar oor sy aanstelling hier geplaas het.Ek glo hy gaan uitstekende diens vir volk en vaderland lewer.Gee hom net `n regverdige kans.

Attie. ·

Gee die man ‘n kans. Ek glo die regering gaan anders as in Zuma se tyd, nie net na velkleur kyk nie. Ek het ‘n ysie in my kies op ‘n warm dag, dankie Mnr Ramaposa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.