Nuwe telefoonnommers vir dié polisiestasies

Argieffoto: SAPD

Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om kennis te neem van telefoonnommers wat by drie polisiestasies verander het.

Kapt. Stephen Thakeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisiestasies op Bultfontein, Wesselsbron en Hoopstad het nuwe telefoonnommers gekry:

  • Bultfontein-polisiestasie: 057 910 9830 en 057 910 9831
  • Wesselsbron-polisiestasie: 057 910 9880, 057 910 9881 en 057 910 9882
  • Hoopstad-polisiestasie: 053 444 2800, 053 444 2801 en 053 444 2802

Thakeng het groepe in die gemeenskap en veiligheidstrukture versoek om inligting oor die nuwe nommers onder inwoners te versprei.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Ja wel nou moet die rekening net betaal word sodat die lyne nie afgesny word nie. Dis nou AS daar genoeg beamtes is wat actually werk?

Ek dog dis 10111 ·

Ek dog dis net 10111 oral. Is dit dan nie so nie?

Leahim ·

Pleks maak hulle dit 911 soos in die vsa jy bel 911 en die operateur help jou en kry vir jou die nodige hulp soos crisis on call in Pretoria

marianna ·

Leahim, stem saam met jou maak dit somer 000 baie mense kan nie tel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.