Nuwe tenderstelsel sal korrupsie, bedrog hokslaan

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba. Foto: Facebook/Democratic Alliance

Herman Mashaba, DA-burgemeester, het gesê ʼn nuwe, oop tenderstelsel vir die Stad Johannesburg sal bedrog en korrupsie hokslaan wat met geheime tenders gepaardgegaan het.

“Besluite oor die tenderproses was dekades lank geheim gehou, en het slegs die elite van die vorige administrasies en hul kaders bevoordeel, ten koste van dienslewering en die inwoners van die stad,” het Mashaba gesê.

ʼn Raadsvergadering het Donderdag die wysiging van die stad se verskaffingsbestuurbeleid goedgekeur en dit baan die weg vir ʼn openbare tenderstelsel. “ʼn Komitee sal vanaf Februarie die publiek direk toegang bied tot verrigtinge,” het hy bygevoeg. “Dié verrigtinge is ʼn noodsaaklike stap wanneer ʼn tender geassesseer word en daaroor beslis word op meriete en dan toegeken word aan die aansoeker wat die geskikste is vir die werk.”

Besonderhede oor die eerste vergadering van dié aard sal op die Stad Johannesburg se kennisgewingsborde en webwerf gepubliseer word. Ek moedig die lede van die publiek aan om van die geleentheid gebruik te maak en aktiewe deelnemers te word in die goeieregeringspraktyk wat nou in die stad toegepas word.

Die stad se jaarlikse begroting, wat ook by Donderdag se raadsvergadering voorgelê is, het die ouditeur-generaal se bevindings van wanadministrasie vir die 2015/2016-periode aangedui, met ʼn begroting van R52 miljard.

Die verslag het bevind dat 32 beamptes van die vorige ANC-administrasie versuim het om hul eie belange bekend te maak of dié van hul nabye familielede of vennote. Die beamptes het voordeel getrek uit stadskontrakte ter waarde van miljoene rande.

Die verslag het ook bevind dat 80 verskaffers se belangeverklarings ook vervals is.

“Die sake sal verder ondersoek word en dissiplinêre stappe sal gedoen word, gebaseer op die uitslag van die ondersoek. Dit werp die lig op die noodsaaklikheid om seker te maak dat ons ʼn oop, deursigtige en regverdige tenderproses het,” het Mashaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

simon ·

Wys jou net julle van ANC.

In vorige bedeling het bestaande tenderstelsel gewerk, want individue het INTEGRITEIT gehad.

Adam Boshoff ·

Tender stelsel is net so goed as wat die persone wat daarmee werk is Enige oop stelsel bied ook geleenthede vir korupsie want mense is veilbaar geld is die wortel van alle kwaad

Maria Van Dieweeck ·

Hopelik gaan die oe van die grootste deel van die populasie nou begin oopgaan.

J ·

Hoop die BEE sertifaat stelsel gaan afgeskaf word. Maatskappye betaal duisende aan donasies jaarliks net om n goeie rating te kry. Maatskappye verloor ook kontrakte a.g.v van die level rating. Dan moet hulle personeel laat gaan en dit veroorsaak werkloosheid. So die regering help nie met werkskepping nie. Net die fat cats trek voordeel uit BEE

AL ·

Dis hoe SA bestuur moet word. Geen elite wat net nog ryker word en niks in hul gemeenskappe terugploeg nie en die armes nog armer bly nie. Dis die wat die arm massas vatbaar is vir JM se haatuitsprake terwyl hul eie mense steel van hulle.

ANNELINE VAN DER VYVER ·

Ek sit met “fake” kwotasie “tenders”. Waar rapporteer mens dit? Hul kontak jou persoonlik op jou selfoon, ken jou gegewens. As jy die nr bel antwoord die dame dadelik. Hul gebruik fax to email, als “fake”. Kry die idee hul in Brits omgewing. En mense word gevang en verloor geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.