Nuwe TV-kanaal vir leerders

SABC (Foto: Karen Sandison, ANA)

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) gaan Vrydag ’n nuwe televisiekanaal bekendstel wat opvoedkundige inhoud van die departement van onderwys en ander leerprogramme sal bevat.

Leerders reg oor die land sal by dié kanaal, genaamd SABC Education, baat om toegang tot opvoedkundige inhoud te verkry.

Madoda Mxakwe, die uitvoerende hoof van die SAUK, sê die bekendstelling van dié onderrigkanaal dien as ʼn poging om leerders met relevante opvoedkundige ondersteuningsmateriaal by te staan omdat hul skooljaar weens die Covid-19-pandemie en afsondering ontwrig is.

Leerders sal deur middel van digitale televisie, aanlyn video’s op YouTube en ander platforms toegang tot dié materiaal verkry.

Mxakwe sê die sukses van die SABC Education-veldtog is egter afhanklik van borgskappe om in staat te wees om die noodsaaklike opvoedkundige materiaal vir alle leerders beskikbaar te kan stel.

“Indien ons die nodige befondsing kan kry, sal die materiaal op SABC 1 en SABC2 oor 12 ure van die dag uitgesaai word. Dié platforms bereik die meeste mense landwyd,” sê Mxakwe.

Volgens Mxakwe is SABC Education die hoogtepunt van ’n langtermynprojek wat gerig is op grondslagfase-, intermediêre, hoërskool-, sowel as tersiêre onderrig.

“Die bekendstelling van dié onderrigkanaal is in ooreenstemming met ons onderwysstrategie wat al ’n geruime tyd beplan word,” het Mxakwe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael 1 ·

Dit sal net voordelig wees vir engelssprekendes en nie vir die meerderheid kinders nie,moedertaal onderrig moet voorkeur kry.

Sarel ·

1. Hoekom soek hulle borge om hulle plig uitvte voer
2. Dit gaan natuurlik alles in Engels wees.
3. Wie is die opstellers van die programme. Is dit afkomstig van SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.