Die aanstelling van André de Ruyter as Eskom se nuwe uitvoerende hoof is Maandagmiddag aangekondig.
De Ruyter is tans die uitvoerende hoof van die verpakkingsgroep Nampak.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het die aanstelling in ’n verklaring aangekondig. Die aanstelling sal op 15 Januarie 2020 in werking tree.
Luidens die verklaring het die kragvoorsiener 142 aansoeke, waarvan agt van Eskomwerknemers, ontvang nadat Phakamani Hadebe in Julie vanjaar as uitvoerende hoof van Eskom bedank het. Jabu Mabuza het intussen as uitvoerende hoof waargeneem.
De Ruyter het sowat 20 jaar se ervaring as deel van die senior bestuur by die petrochemiese groep Sasol agter die blad. Sy kwalifikasies sluit ’n LLB en ʼn MBA in.
“Ek wil De Ruyter graag bedank dat hy nie net die posisie te midde van ’n moeilike tyd by Eskom aanvaar het nie, maar, gegewe Eskom se finansiële toestand, ook tot ’n laer vergoedingspakket ingestem het as wat die posisie tans betaal,” het Gordhan gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
98 Kommentare
Baie Geluk André! Baie Sterkte!
Baie geluk en sterkte. Dink nog steeds Eskom moet geprivatiseer word.
Baie geluk André jy is ‘n man wat kan. As daar een ou is wat Eksdom kan regruk is dit jy. Ek bid jou sterkte toe. Ek glo die hele Suid-Afrika staan agter jou om hierdie mank wa deur die oorvol drif te trek.
Baie geluk!! En dankie tog!! Nou glo ek sal daar ‘n verskil gesien word!
Baie geluk Mnr de Ruyter. Sterkte en n blink toekoms word u toegewens. Ons weet n hardepad le voor u maar weet ook dat u dit kan maak werk.