Nuwe uitvoerende hoof vir Eskom

André de Ruyter (Foto: Twitter) 

Die aanstelling van André de Ruyter as Eskom se nuwe uitvoerende hoof is Maandagmiddag aangekondig.

De Ruyter is tans die uitvoerende hoof van die verpakkingsgroep Nampak.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het die aanstelling in ’n verklaring aangekondig. Die aanstelling sal op 15 Januarie 2020 in werking tree.

Luidens die verklaring het die kragvoorsiener 142 aansoeke, waarvan agt van Eskomwerknemers, ontvang nadat Phakamani Hadebe in Julie vanjaar as uitvoerende hoof van Eskom bedank het. Jabu Mabuza het intussen as uitvoerende hoof waargeneem.

De Ruyter het sowat 20 jaar se ervaring as deel van die senior bestuur by die petrochemiese groep Sasol agter die blad. Sy kwalifikasies sluit  ’n LLB en ʼn MBA in.

“Ek wil De Ruyter graag bedank dat hy nie net die posisie te midde van ’n moeilike tyd by Eskom aanvaar het nie, maar, gegewe Eskom se finansiële toestand, ook tot ’n laer vergoedingspakket ingestem het as wat die posisie tans betaal,” het Gordhan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Dan ·

Eks seker negatief maar as ek Andre was sou ek vir eskom se sort jou eie gemors uit ,they say if you cant beat them,join them,skep Andre skep……

KG ·

Ek twyfel nie in sy bevoegdheid nie, net nie so seker of hy toegelaat gaan word om sy ding te doen sonder inmenging van verskeie partye nie. Ek sou hom ook baie graag wou vra wat hom laat besluit het om in die 1ste plek aansoek te doen vir die pos en toe aanvaar het? Sekerlik is hy bewus van al die uitdagings …..nietemin baie sterkte Mnr De Ruyter, u het dit beslis nodig vir die enorme taak wat vir u voorlê.

Basjan ·

B-BBEE gaan nie gelukkig wees oor hierdie besluit nie. Met die volgende verkiesing (of heelwaarskynlik nog gouer) gaan die politici skree: “Too much whiteness in top positions.”

GP ·

Baie geluk en sterkte. Dink nog steeds Eskom moet geprivatiseer word.

Jakkie ·

Baie geluk André jy is ‘n man wat kan. As daar een ou is wat Eksdom kan regruk is dit jy. Ek bid jou sterkte toe. Ek glo die hele Suid-Afrika staan agter jou om hierdie mank wa deur die oorvol drif te trek.

Renier ·

As daardie aanvaarding nie saam met ‘n elle lange lys voorwaardes geskied het nie, weet ek nie waarom iemand die rol van kaptein op ‘n sinkende boot sal aanvaar nie.

Rina ·

Geluk en voorspoed. Wens net hierdie sekere mense wat opsweep en suur is liewer hul eie lewens wil hersien en vir hulle aanhangers wys wat hulle besit

Elsabie ·

Baie geluk!! En dankie tog!! Nou glo ek sal daar ‘n verskil gesien word!

K P ·

Nie een van die kaders was bereid om kleiner salaris te aanvaar. Hoekom moet die Witman kleiner salaris aanvaar

Wondermaarnet ·

Baie geluk, Ek wonder hoeveel onheilighede gaan plaasvind voordat André op 15 Januarie 2020 begin by Eskom. Die tasse moet nou leeggemaak word binne ‘n paar weke.

Anoniem ·

Baie geluk Mnr de Ruyter. Sterkte en n blink toekoms word u toegewens. Ons weet n hardepad le voor u maar weet ook dat u dit kan maak werk.

Frik ·

Ja, die sukses van die LCCP by Sasol was sy werk. En vandag is Sasol ‘n reus in China danksy die man se visie. Hy sal Eskom na die volgende vlak neem!!!!

KP ·

Baie geluk, weet nie hoe hy die agterstallige Munisipale skuld waarvan Soweto die grootste is gaan invorder nie. So gaan daar weer van n witman die vark indie verhaal gemaak word wanneer die land se ligte finaal afgaan.

Charl ·

Kan nie glo n WIT MAN kry die pos nie. Baie baie geluk,

Nou gaan jy die EFF en ander kaders hoor.

Rubber ·

Dis so goed jy vra ‘n sterk swemmer om die Titanic bo te hou terwyl net die borrels gesien kan word. Eskom gaan ons almal se spyker on die doodskis wees. Niemand kan hom red nie.

Basjan ·

Charl,
Ek stem 100% saam met jou. B-BBEE gaan beslis nie gelukkig wees oor hierdie besluit nie. Met die volgende verkiesing (of heelwaarskynlik nog gouer) gaan die politici skree: “Too much whiteness in top positions!”

EK. ·

Numsa het klaar begin kwaak. Hulle sien duidelik ontbondeling kom met verlies aan inkomste vir hulle elite.

Willie ·

Nog n bewys daar is geen kaders wat bevoeg genoeg is om enige semi staatsinstelling kan bestuur nie. Nou bly die vraag of Andre toegelaat gaan word om die plek reg te ruk of gaan die Staats weer inmeng.

Betsie ·

Baie geluk! Ek bid vir jou vir insig in wysheid, ons land staan agter jou!

Johann cb ·

Ons glo dat sy kundigheid die kragvoorsiener sal red! Baie geluk met die aanstelling!

Marix ·

Baie geluk, Mnr. de Ruyter. Ek wens y baie sterkte en voorspoed toe.
Dankie ook aan Mnr Gordhan wat duidelik nie oogklappe aan het nie.

Skepties ·

Sien die anc n oplossing of sien hulle iemand wat die sondebok kan wees?

Frikkels ·

Hierdie is ñ tweesnydende swaard, maar ek het volle vertroue dat hierdie man weer alles sal regruk mits daar geen inmenging van die sogenaamde regering is nie. Volgende stap moet wees om vakbonde te verbied.

Kallie ·

Solidariteit is ook ‘n vakbond met amper 7000 lede by Eskom….

Tweetie ·

Daar is darm hoop, maar nou moet hy die gemors probeer regmaak, sterkte.

W Mirabillis ·

Ja Kallie, daar is vakbonde en daar is vakbonde.
” ʼn Vakbond is ʼn organisasie wat ten doel het om billike arbeidspraktyke te verseker en na die regte en behoeftes van werknemers in ʼn maatskappy om te sien.”
Aan watter vakbond sou jy graag wil behoort Cosatu of Solidariteit??

A Mac ·

Sterkte vir jou. Dis nou een ou, veral as daar beurtkrag is, wat nou nie baie geliefd is in die land nie. Hoop net nie die regering en ander partye gaan klippe in jou pad rol om die uitvoering van jou pligte onmoontlik te maak nie.

SjN ·

Geluk en sterkte André, wys asb hul hoe moet die taak verrig word.

Dewald ·

Hy sal Eskom kan regruk mits hy toegelaat word om 100% in beheer te wees. Sal die regering hom toelaat om 100% in beheer te wees?

C op C ·

Wat ‘n dapper man. Groot respek vir jou en Mnr Gordhan-mag julle ‘n billike kans kry om die skip om te draai.

Dom Astrant ·

Career suicide! Ken jou nie maar jy het my innige simpatie met die dood van jou loopbaan. Hoop jy het genoeg geldjies weg gesit om teen volgende jaar hierdie tyd af te tree en net te verdwyn.
Laer pakket my dinges! Wat het hulle jou aangebied om die “unsinkable” Titanic ter 11der uur weer op koers te kry?
Jy gaan die lam ter slagting wees, hoop dis die moeite werd.

Alida ·

Uiteindelik doen die ANC die regte ding. Ek se dit nie omdat hy wit is nie bloot omdat bekwaam is vir die pos.

Koos Bronkhorst ·

Hiep hiep hoera!!! Die draaipunt is op ons, Hierdie is n politieke fyndraaipunt vir Suid Afrika nodig vir die geboorte van n nuwe ekonomiese fris gesonde baba. BEE en Transformasie is die res van die bitter medisyne wat die ANC en Kommunisiese vakbonde sal moet drink. Byvoornaat dankie aan Solidariteit as julle hierdie nuwe baas ondersteun.

Gert van Wierdapark ·

Die nuwe Ruyter sal n wonderwerk nodig he om die “dooie Eskom-perd” weer aan die gang te kry!

JZ ·

Ek is bly vir jou maar terselwers se dan jy braaf is,maar glo jy kan dit maak as die regering en fakbonde jou gaan toelaat Sterkte!!!!!!!!!!!

Andrea van Vuren ·

Hy’t nou ons volle ondersteuning nodig! Staan asb. bankvas agter ons enigste hoop!

Dolf ·

Eskom kan nie gered word nie. Privatiseer die sektor met Eskom as net ‘n gewone deelnemer.

Linda ·

Wonderlik ! Hopenlik sal Eskom oor n paar jaar weer die ou Eskom wees…Rome was nie in een dag gebou nie !

Chrisn ·

My broer was destyds gehead hunt vir CEO van SAL. Was bereid om pos te aanvaar @ geen salaris maar vir 10% van wat hy vir SAL spaar en tweedens hy wil niks te doen hê met vak unies. Raai wat hy het nie die CEO geword. nie.

Petrus ·

As voorsitter van die vervaardigersforum het hy baie te sê gehad oor stygings in kragtariewe. Nou is hy in die ander hoek…..

Johanna Botha ·

Nou gaan hy seker al die sluld kry as iets verkeerd gaan ….nou moet hy al die kole uit die vuur krap !

Niklaas ·

Ek hoop hy kan heelwat vermag. Sterkte aan hom . Dis nogal moeilik om positief en optimisties te voel , maar kom ons hou duim vas vir die man. Gee hom n kans. Die ANC gaan hom gougou in die bek ruk as hy van draadsitters en passasiers begin ontslae raak , maar dis al wat nodig is om Eskom korrek te laat funksioneer.

Geronimo ·

Ek twyfel geen oomblik oor die man se bevoegdheid nie, maar ek weet nie hoe hy ‘n lui en skelm span werkers se ingesteldheid gaan omswaai nie, veral in die huidige politieke klimaat.
Ek hou nogtans vir hom duim vas.

Anoniem ·

Ek is dankbaar dat ‘n aanstelling gedoen is maar die regering het 5 maande geneem om dit te doen. War sê dit van hul erns? Sonder twyfel gaan Eskom nie meer omdraai nie, dis te laat. Mnr de Ruyter is gister aangestel en reeds word daar oor sy ras gepraat. Als in die land gaan oor politiek en kleur. Of iets nou werk of nie is onbelangrik. Mnr de Ruyter, sterkte vorentoe maar ek dink jy het loopbaan selfmoord gepleeg!

Pieter ·

Ek stem saam met jou die unies regeer die land hy gaan niks regkry nie maar sterkte vir hom

Leon ·

Mark Barnes het die Poskantoor probeer red. Hy het opgegee want die regering het ingemeng en sy bestuur probeer oorneem. Mnr de Ruyter, jy gaan dieselfde probleem hê. Jy mors jou geld en energie. Solank die ANC aan bewind is moet jy skep en vir die ANC kaders op hulle borde skep.

Dolf ·

Ten minste het Tito en De Ruyter ‘n werksverhouding by Nampak gehad. Maar indien Tito, Gordhan en Ramaphosa uitgewerk word is De Ruyter op sy eie. In daardie geval Deon, sal hy skaars ses maande uithou.

Kallie ·

Die man sal die ongewilde besluite moet neem en die politieke blaam vat. Daarna sal hy bedank.

Kerneels ·

Ek ken die man. Regte hardegat. Eskom werkers is in vir ‘n skok.

Siener ·

Dis seker ook waarom Numpak se markwaarde so geval het onder sy bestuur. ‘n Leier hoef nie hardegat te wees nie hy moet mense kan saamsnoer om saam te werk om produktiwiteit te verhoog. ‘n Leier is iemand wat mense Wil volg omdat hy leiding gee.
Al waar hardegate werk is as jy ‘n “one liner korperaal” is in die ou army.

Andries Breytenbach ·

Ek hou van ‘n man wat daarvan hou om in ‘n leeuhok in te stap! Veels geluk mnr. De Ruyter! Wys hulle dit kán gedoen word. Sterkte en seën toegewens.

Ekke ·

Die laer salaris is seker in elke geval dubbel wat hy by Nampak kry. Hopelik gaan hy die kragdiefstalle en onwettige koppelings uit die pad kry.

Johann ·

Ek wonder of mnr. de Ruyter weet waarvoor hy hom inlaat? Escom is ‘n perd van ‘n ander kleur! :)

Mands ·

Die mense wat Andrè ken sal weet, hys ‘n man met baie ambisie en ‘n perfeksionis. Hy sou nooit sy kop in ‘n “leeuhok” gedruk het as hy nie die vaardigheid en kennis gehad het nie. Sterkte Jongman en as oud kollega weet ek jy gaan ‘n enorme sukses maak van hierdie skoene wat jy moet volstaan. SA staan agter jou!!

Neels ·

Toe AdR oorgeneem het in 2014 was die aandeelprys R48. Dis nou R6.50. Maar hy het darem vet bonusse ontvang.

Anoniem ·

Dit is nou tipies. Jy braak gal en dan kry jy n witman en dan bevraagteken jy sy bevoegdheid. Wat wil jy dan he?

Jimmy ·

Dit gaan nie om ras nie. Dis resultate wat tel. Looks at the score bord.

Knapsekêrel ·

Danien, gaan lees analiste se verslae oor Nampak. Nie baie positief nie.

Wingman ·

De Ruyter se werksverhouding net die “Chief Retructuring Officer” gaan vol vonke wees. Hou maar die springmielies reg.

WMirabillis ·

@Johan: Ja daai perd sal hom probeer afgooi maar moet maar net die leisels stewig vashou.

Db ·

Tot dusvêr het Eskom vinniger deur uitvoerende hoofde gegaan as ek deur sykouse. Wys hulle hoe dit gedoen word Andrè en baie sterkte in hierdie oerwoud vir jou

Thinus Erasmus ·

Beste Johan, al wat ek vir jou kan sê (sing):
Johan moenie worry oor die ref nie
Johan moenie worry oor die politiek nie
Moenie luister na die geboe van die crowd nie
Speel die manne en nie die krag nie
Johan moenie worry oor die president nie
moenie worry oor die reëls en regulasies nie
Luister na ñ speech van Donald Trump oor YouTube
en gooi ñ vet middelvinger vir die regering en vakbond organisasies!

En as jy die Eskom skip sink, sink hom tog net vêr in Internationale waters.

Patch ·

Mnr De Ruyter, ek glo jy gaan ‘n verskil maak. Jy is miskien net wat Eskom nodig het om weer op te staan. Ek wens jou sterkte toe, dit gaan nie ‘n maklike stryd wees nie. Bewys al die negatiewe kommentators op alle media platforms verkeerd.

Petrus ·

Eskom is in vir onstuimige tye. Doen jou bes om van die grid af te kom, insluitend gas en solar.

Tiekie ·

Tipies Suid Afrikaners …. sien net die donker kant en kritiseer. Weeneens ‘n bewys dat julle nie kan saam staan nie. Tragies nê. Onthou net dat God se lewe en mag lê in die tong. Tyd dat julle begin lewe spreek en nie aanhou dood spreek nie. Gun die Mnr de Ruyter die geleentheid voor dar julle so gal braak. Met geloof en God aan sy kant kan dinge net verbeter en indien al julle galbrakers dit beter kon doen hoekom het julle nie aansoek gedoen vir die pos nie? Soos gewoonlik sit die beste bestuur weer aan die buite kant.
Sterkte Mnr de Ruyter met al die moeilike aanslae wat jy sal moet verduur, maar ons weet jy kan.

Sê maar net... ·

met so baie jobstroosters soos die kommentare, g’n wonder die land lyk soos dit lyk nie… have a little faith people…. God bly te midde van alles in beheer….die mense in SA het meer geloof in ‘n rugby span as in die Skepper van die heelal….skaam julle!

Jacques ·

Skep Andre, skep. jy behoort lekker te kan aftree hierdie tyd volgende jaar.

Anoniem ·

Jy kan nie Nampak vergelyk met Eskom nie. By Nampak was daar en is daar geen grootskaalse bedrog soos by Eskom nie. Eskom vervaardig elektrisiteit en elektrisiteit alleen waarvoor daar groot aanvraag is en nog groter gaan wees. Nampak vervaar verpakkings material wat papier,glas en plastiek is en ons almal weet die herrie oor plastiek wat dus besig is om die market te beinvloed en so gaan dit ook met die verpakkings bedryf wat wipplank ry deur aanvraag wat styg of daal daarom sal Nampak se verdientes ook op en af gaan maar wat nog steeds aan die gesonde kant bly en nie afgronds gaan nie soos Eskom en Andre De Ruyter kan nie pa staan as ander vervaardigers minder aanvraag het vir verpakkings material as voorheen nie. Nampak se kwaliteit is nie swakker nie dit is net die aanvraag wat swakker is.

Frik ·

‘n Besigheid bly ‘n besigheid en moet aanpas by uitdagings. By Nampak is swak investeringsbesluite geneem en hulle betaal nou die prys, teen ‘n koste vir aandeelhouers. Die feit dat die aandeelprys met 80% gedaal het onder De Ruyter en Mboweni se leierskap is kommerwekkend. Dit help nie om klante of omstandighede te blameer nie. Die probleem begin bo. Ek het ook baie geld daar verloor. Terloops, Nampak is eintlik baie klein in terme van bates, omset en staf.

Siener ·

De Ruyter se reputasie en Nampak se swak markwaarde loop hom vooruit. Nampak is ook amper bankrot deur sy swak besluite en bestuur. Dis waarom hy weghol na Eskom en ‘n verminderde salaris vat. Eskom is ‘n perd van ‘n ander kleur en dinge is meer ingewikkeld as jy nie deur die “Ranks” gekom het nie. Sy bevoegdheid met geen elektrisiteit agtergrond gaan hom verseker byt en kelder.

Piet left the Building ·

Danien, glo jy die twak wat jy praat. Hier in Amerika word CEOs vir swak prestasies afgedank. Hier is nie ruimte vir veskonings nie. Maar nou ja, jy leef in Suid Afrika.

Gerda ·

Kyk, as die ou Eskom kan reg ruk dan kan hulle hom gerus president maak van die huidige piesang republiek.

KrokodilBotha ·

Is net nog n nuwe forie. Beteken absoluut zero. Wie wil wed dat dit geen verskil sal maak nie.

VanAfrika ·

Julle het geskreeu en gal gebraak toe Eskom in sy maai in bestuur is deur die ANC. Almal het geskreeu dat BEEE moet val sodat ons weer die leisels kan vat en die land regruk en red wat te redde is.

Nou is hy hier in al sy glorie, blank, n man en ver geleerd en wat ondervinding het oor hoe om n sinkende skip se stukkende buik te probeer heel. Saam met Oom Jan Oberholzer kan ek net sien dat die ding gaan werk en met onse Here wat hulle stuur en aan hulle sy staan sal hulle weer hierdie skip laat seil. Hier gaan nie vingers in die koffer gesteek word vir eie gewin, hierdie gaan n uitdaging wees. Mag onse Liewe Heer saam met André en Jan staan en vir die twee die Lig op hulle pad wees. Wanneer hierdie skip uit die storm waters getrek word sal julle n ander deuntjie sing. Sterkte André De Ruyter, ons weet jy gaan dit doen. Ek het al my vertroue in jou.

Petrus ·

Met skuld van R450 miljard, 30000 te veel mense, 13 ou steenkoolkragstasies, twee swak ontwerpte nuwe steenkoolkragstasies, erge besoedeling, duur steenkool, watertekorte, junk status, korrupsie, Soweto, en vakbonde, het ek nie veel hoop nie. Selfs nie eers met wit mans nie. Maar ek bewonder jou optimisme.

Lou ·

Mnr de Ruyter, maak asb. ‘n verskil by Eskom al is dit net om vir die ANC en die res van die vrot spul te bewys dat ‘n blanke man die integriteit, leierskap en vaardigheid het om te doen wat die laaste 5 of 10 of 20 kaders nie kon regkry nie. Gee hulle rede om skaam te word asb.

Nettie ·

Ek wonder maar net …………. Sal mnr. De Ruyter die WIT ridder op die (half-dooie) Eskom-perd vir ons wees??? Ons sal maar moet sien ……………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.