Nuwe uitvoerende leierskap vir Barclays Africa

Maria Ramos. Foto: www.home.barclays

Die Barclays Africa-groep het Maandag ʼn nuwe bestuurstruktuur aangekondig om die groep se uitvoerendekomitee-portefeuljes te belyn met die bank se planne om sy markstruktuur van Afrika se bankdienste-inkomste te verdubbel van 6% tot 12%.

Die nuwe struktuur het vier kern-sakeafdelings wat elk sy eie uitvoerende hoof het.

Dit is Kleinhandel- en sakebankdienste Suid-Afrika (RBB), Korporatiewe en Beleggingsbankdienste (CIB), Welvaart, Beleggingsbestuur en Versekering (WIMI) en Res van Afrika (RoA), wat gelykstaande is aan tien markte buite Suid-Afrika.

Arrie Rautenbach, Barclays se hoofrisiko-beampte, sal aan die hoof staan van RBB. Bongiwe Gangeni, tans die hoof van verspreiding by WIMI, sal die hoof van private- en sakebankdienste wees, asook die adjunkhoof van RBB.

Nomkhita Nqweni bly aan in haar huidige rol as uitvoerende hoof van WIMI.

Peter Matlare bly ook aan in sy huidige rol as uitvoerende hoof van RoA en die groep se uitvoerende adjunkhoof.

Volgens Barclays sal Temi Ofong en Mike Harvey saam mede-uitvoerende hoofde wees van CIB en direk aan die groep se uitvoerende hoof, Maria Ramos, rapporteer.

Die bank het gesê die nuwe struktuur sal onmiddellik in werking tree. David Hodnett, die groep se uitvoerende adjunkhoof, sal twee maande lank sabbatsverlof neem.

Die bank het gesê South Africa Banking sal nie meer ʼn bestuurs- of verslagdoeningsegment wees nie. Die groep se nuwe groeistrategie het ten doel om markleierskap in sy kernsake te herstel, en ʼn welvarende organisasie te skep wat nuwe moontlikhede bou.

Ramos het gesê die bank se herstrukturering is daarop gemik om die strategie en die groep se nuwe ambisies te vorm. “Ons het ʼn dapper teiken daargestel om ons aandeel in Afrika se bankdiensteinkomste te verdubbel, ons organisasie van begin tot einde te digitaliseer en om uitdagende voorstelle voor te lê om aan die behoeftes van ons kliënte te voldoen,” het sy gesê.

“Die uitvoerende komitee sal saam met leiers en kollegas reg deur ons instelling werk wat ook sleutelrolle sal speel om ons groepstrategie en -oogmerke te vorm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ella ·

Gaan hulle ook R37 miljoen verdien? Geldmors is julle leuse.

Tammy ·

Kan een van die slim mense vir my se wat op aarde is sabbatsverlof en word n mens betaal as jy so iets toegestaan word?

Cherokee ·

Ek ken ‘n kardioloog wat die hele 2017 met sabbatsverlof was. Sabbatsverlof is verlengde verlof wat geneem word omdat ʼn werkgewer of bestuurder tyd weg van die werk nodig het. Die persoon is uitgeput en het tyd nodig sonder elke dag se verantwoordelikhede. Die persoon voel ook vasgevang in ʼn roetine en wil iets nuuts probeer. Dit kan vir ʼn paar maande wees of selfs ʼn jaar lank duur.
Dit kan verder ook betaalde of onbetaalde verlof wees. Oorspronklik is sabbatsverlof elke sewe jaar geneem, maar dit het verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.