Hy het tydens ʼn raadsvergadering in Germiston gesê ʼn universiteit vir Ekurhuleni is nie meer onderhandelbaar nie. “Ons is vasbeslote oor hierdie besluit en beloof om grond beskikbaar te stel sodra ons ʼn belegger kry,” het hy gesê. “Dit is nie aanvaarbaar dat ʼn stad met ʼn bevolking, wat groter is as Mpumalanga, die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes s’n, nie ʼn universiteit het nie.”
Masina het gesê Ekurhuleni is ook die vervaardigingskern van die kontinent, die tuiste van Afrika se grootste internasionale lughawe en die ook die ligging van die grootste spoorrangeerstasie in die suidelike halfrond. Hy het verder gesê dienslewering in die metro sal bespoedig word en waterlekkasies en straat- en verkeersligte wat buite werking is, sal binne 24 uur herstel word.
Hy het ook gesê ʼn kragstasie vir Ekurhuleni, werkskepping, elektrisiteit in informele nedersettings, WiFi in die metro en die konstruksie van 100 000 huise sal voorkeur geniet. Masina beplan ook om ʼn kommissie op die been te bring om bedrog en korrupsie hok te slaan en om strate te herbenoem na struggle-helde.
Masina het Woensdag sy nuwe burgemeesterskomitee aangekondig:
Doctor Xhakaza – Finansies en ekonomiese ontwikkeling
Robert Mashego – Infrastruktuur
Petrus Mabunda – Vervoer
Tiisetso Nketle – Water, sanitasie en energie
Masele Madihlaba – Stadsbeplanning
Dorah Mlambo – Gemeenskapsdienste
Lesiba Mpya – Menslike nedersettings
Ndosi Shongwe – Omgewingsake en vullisbestuurdienste
Khosi Mabaso – Korporatiewe en gedeelde dienste
Vivian Chauke – Gemeenskapsveiligheid
Masina het oorgeneem by Mondli Gungubele nadat die ANC na afloop van die munisipale verkiesing ʼn koalisie-regering met opposisiepartye gevorm het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Nou al die planne…..na-aap julle nou die DA om eintlik iets te doen? Wel dit gaan dalk gebeur oor 10jaar….sal eers 1biljoen kos en dan uiteindelik 3 biljoen……
Whooopppeeeee! Klink na die selfde steeds nie nagekome snert wat die ANC oor en oor belowe en oor en oor nie doen nie. UNIVERSITEIT? Gebou met watter finansiele logika as FEESMUSTFALL die ANC in die gat byt? Of net NOG n bymekaarkom verskoning vir ” studente” wat nie kan lees of skryf of basiese wiskundige beginsels toepas nie? En hoe lank na die bou van so n mite…begun klasse in brand en roof en breek?
Ja, bou die universiteit. Daar is verwoesters wat dit sal afbrand
Hehe, wat ‘n GRAP!
ONS GLO DIT OPREG. MISKIEN IS DIT ‘N GOEIE DING…MISKIEN KEER DIT WEG DIE SG.
“STUDENTE” WAT STROOM NA KAMPUSSE SOOS TUKS EN KEER HUL DAN WEG NA EKURHULENI DAT HUL DAAR HUL NONSENS GAAN AANJAAG EN PLEKKE SOOS TUKS MET VREDE LOS; NE MNR DIE GESKORSTE SR LID WAT BLANKES MET ‘N BAZOOKA WIL SKIET HEHE!! , EN ‘n ASEMPIE VIR AFRIKAANS EN AFRIKAANSES. VJI- TUKS SAL IMMERS AFRIKAANS BLY!!
net om nog af te brand