Prof. Wim de Villiers is as die nuwe rektor en visekanselier aangewys nadat die US-raad Maandagoggend die besluit geneem het. Prof. de Villiers is tans die dekaan van gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad (UK).
De Villiers is die twaalfde hoof van die instelling, die negende met die benaming “rektor” en die vyfde wat ook die amp van “visekanselier” beklee. Dit is nog nie bekend wanneer die nuwe bekleër die pos sal opneem nie.
Die aanstelling kom meer as vyf maande na die afsterwe van prof. Russel Botman. Hy is op 28 Junie vanjaar in sy slaap oorlede. Botman was sedert 2007 die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch. In 2012 is hy heraangestel vir nog ʼn vyfjaar-termyn.
Prof. Leopold van Huyssteen, bedryfshoof van die universiteit, is na Botman se afsterwe as die waarnemende rektor aangestel.
Baie geluk Wim
Baie geluk! Hy was loshande die gunsteling. Alle voorspoed met ‘n moeilike taak.
Well done! Vir eens nie ‘n politieke skuif nie.