Nuwe US-taalbeleid aanvaar

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het Woensdag die voorgestelde nuwe taalbeleid met die senaat se aanbevole wysigings aanvaar.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die senaat het die taalbeleid op 9 Junie met ʼn groot meerderheid van stemme (113 ten gunste en 10 daarteen) goedgekeur.

“Met die goedkeuring van die voorgestelde nuwe taalbeleid sê die raad sy onomwonde steun aan meertaligheid toe, sonder om studente uit te sluit wat nie in Afrikaans óf Engels vaardig is nie. Die beleid maak uitdruklik voorsiening vir studente wat verkies om in Afrikaans te studeer, terwyl dit ook beter toegang tot onderrig bied aan studente wat slegs Engelsvaardig is.”

Volgens George Steyn, voorsitter van die raad, het lede spesifiek hul sterk steun uitgespreek vir die meertalige konteks wat in die nuwe beleid vervat is. “Die hersiene taalbeleid erken die US as ’n nasionale bate en herbevestig ons toewyding aan die gebruikers van Afrikaans, Engels en isiXhosa, synde die drie amptelike tale van die Wes-Kaap,” het Steyn gesê.

Die raadsvergadering het egter nie sonder omstredenheid verloop nie. Talle raadslede het die vergadering verlaat. “Dit is betreurenswaardig dat sommige raadslede die vergadering summier ná die aanvaarding van die taalbeleid verlaat het, hoewel verskeie ander agendapunte van breë institusionele belang nog moes dien. Verder het ek met spyt gedurende die vergadering Jannie van der Westhuizen se onmiddellike bedanking ontvang. Dit is jammer, want as ’n raad waardeer ons juis verskillende menings, maar ons respekteer meerderheidsbesluite.”

Dit is egter in die stadium nie heeltemal duidelik of die raad die “finale konseptaalbeleid”, wat deur die senaat en die institusionele forum oorweeg is, in sy totaliteit aanvaar het en of daar wysigings aangebring is nie. Dié taalbeleid behels onder meer aparte lesings in Engels en Afrikaans in voorgraadse kursusse. Lees meer hier.

Daar heers verder verwarring rondom die besluit nadat die burgerregte-organisasie AfriForum in ʼn verklaring gesê het die US-raad het besluit om in 2017 ʼn taalbeleid te aanvaar waarvolgens Engels die enigste primêre onderrigtaal van die universiteit sal wees. Maroela Media sal vasstel wat presies besluit is en of dit wel op ʼn meertalige of slegs-Engels-beleid neerkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

In die goeie ou dae het die Boere verwys na die sg ‘Witdoeke’. Dis weer sulke tyd. Dis ook weer tyd vir die Mielieblaarklub (ja, Herman). Wie gaan dit waag? Ook die ou kenwysie asseblief! Die Du Plooy’s kan ook kom kuier. Ons buurman, Oom Jan van Grootverlang, se perske-mampoer prut in die spens …

Wat-ek-lees ·

“Ons is die ridders van die mielieblaarklub, die mielieblaarklub, . . . “

Johann ·

Slapgatte wat soos UV en US buig voor klipgooiers. Volgende? Verbod op blankes op kampusse….?

rudi ·

Dis waarom ek vir myself gaan begin werk. Op daardie manier kan my werk my nie melk vir belasting. Ook geen manier wat ek etoll gaan betaal. Tyd om my belasting vir myself te hou

Maria van Dieweeck ·

Jy gaan nog spyt wees slim Vim, baaaie spyt! En jy weet mos dit kom altyd te laat. ( of gaan jy nou net Engels praat en maak of jy nie jou moedertong verstaan nie? Wel miskien verstaan jy as ek se `You suck!` So tata

Wim jys te slim, maar slim is going to catch his baas.Jy gaan nog soooooo spyt wees. En het jy al jammer gese aan die pers Poekie hulle? Nee jys te besig in jou megalomaniese droomwereld

Johann ·

Wn die gemiddeld intelegente persoon moet nie vrae vra oor n georganiseerde aanslag op Afrikaans nie? Terloops dat US UP en UV “skielik” die gesamentlike “insig” ter tafel lê? Ons is besig om die groot prenkie mis te sien en hoor. OPPAS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.