Die nuwe vakbondfederasie, die South African Federation of Trade Unions (Saftu) en sy hooffiliaal, die National Union of Metal Workers (Numsa) sal Maandag tydens Werkersdag ʼn optog hou in Durban.
Numsa het gesê sy lede vergader by Curries Fountain-sportgronde voordat hulle na die stadsaal sal beweeg. ʼn Gedetailleerde lys van politieke en sosio-ekonomiese eise, wat direk verband hou met die ekonomiese krisis wat die meerderheid werkers in die gesig staar, sal oorhandig word.
“Ons betoog onder Fidel Castro se slagspreuk, ‘Groot probleme vereis groot oplossings’,” het Phakamile Hlubi, woordvoerder van Numsa, in ʼn verklaring gesê. “Ons memorandum verklaar oorlog op twee dekades van neo-liberale imperialistiese ekonomiese beleide wat verantwoordelik is vir die krisis van werkloosheid, armoede en ongelykheid. Dit het ons ekonomie afgebreek en ons gemeenskappe verwoes.”
Numsa het gesê hy vier Werkersdag saam met Saftu. “Dit is gepas dat ons Werkersdag saam met ons onafhanklike, militante werkersvakbondfederasie, Saftu, vier.”
.Lyk my hier kom n ding. Hoe verder die verwikkelinge ontwikkel hoe groter sal die probleem word wat nog groter oplossings verg. Die wittes sal uit die pad uit moet bly.
Wanneer vat Cosato vir SAMWU aan!??? Samwu is kop in een mis met die council en hulle word betaal om stil te bly en hulle doen niks maar hoegenaamd niks vir die werknemers nie en is gou om elke maand die samwu lede se geld te vat vir hulle partytjies!??? Veral in die nooddienste firedepartment gebeur dit BAIE! Hulle is net dood eenvoudig nie daar vir die werknemers nie!! Fire SAMWU asb saam met Zuma!!! #Samwu must fall#!!!
Selfde moeilikheid, net ander T-Shirts…